Ons het julle reeds vanoggend vertel van wat by die 2021 Weg Ry & Sleep Bull Run gebeur het, maar wil tog net ‘n spesiale post doen vir ons span stoetmerries wat by verre in die minderheid was in terme van deelnemers, maar ook by verre die coolste span was. Die girls het nogal die koppe laat draai. Myne veral …
Die jaarlikse Weg Ry & Sleep Bull Run is soos Oppikoppi vir karre en dit was kaklekker!
Maats, die Noordkaap is ‘n fokken ongenaakbare, droë plek. Dis daai section van jou Joburg na Kaapstad vlug wanneer jy by die venster uitkyk en net fokol in bruin sakerings onder jou sien en skiem: “Jirre…” Een van daardie streke is Vanwyksvlei. Verlore en vergete, amper. Dis asof Vanwyksvlei al Prieska se ou, verslete skoolklere as hand-me-downs gekry het en …