Check hom

Skrapnel, Maart 2000

In Komix deur griffin

skrap05skrap06skrap07skrap08

Hierdie post is 61 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    478
    Shares
  •  
  • 478
  •  
  •  
  •  
griffinSkrapnel, Maart 2000
Check hom

Van die hond op die jas

In Snotstories deur Chopper Charlie

hond1dit is al lankal by my ‘n vermoede dat honde ‘n skrikwekkende groot rol in afrikaners se lewens speel. honde is interessante diere, een van dié spesies wat ons kon makmaak en indoktrineer. maar is die spreekwoordelike ‘mens se beste vriend’ besig om veel meer as troeteldier te word? dis byvoorbeeld nie ongehoord vir mense om na honde as hulle ‘kinders’ te verwys nie. troubling indeed. miskien is honde oral oor suid afrika besig om hulself strategies te posisioneer vir die nuwe millennium.

‘waarvoor?” hoor ek julle vra. net die tyd sal leer, vriende, net die tyd sal leer.

woef, ek sê

kom ons kyk na ‘n paar waarskuwingstekens:

taalvlak

volgens ‘n moer ou hat wat ek by die huis het is die volgende hond se formele definisies:

1. viervoetige, vleisetende, intelligente huisdier wat hom trou aan die mens heg en as bewaker, jagter e/of geselskap aangehou word.

2. veragtelike persoon, skurk

verder weet almal dat die figuurlike toepassings ook handig kan wees. valiant sing van ‘n hondelewe, met ander woorde ‘n kak lewe. ‘n hond2mens is ook hondsiek, hondsleg of hondlelik. ‘n haastige hond verbrand sy mond en ons het self ‘n affectionate word vir ons vierpotige pêlle – honne (soos oubaas se honne). om die waarheid te sê is daar ‘n kakhuis vol uitdrukkings wat met honde te doen het in afrikaans. kliek vir ‘n volledige coverage.

donners impressive, of hoe?

ek scheme disse honnelewe

interior decorating

styl in interieurontwerp is meestal afwesig in afrikanerhuise, soos die liggroen porselein bulhonde getuig. dink ook aan die kunsleer worshond deurstoppers wat talle voordeure oophou. laastens moet mens nie die alombeminde portret van die honde wat snoeker speel (parallel aan die laaste avondmaal vir baie) vergeet nie. ja, honde speel selfs in die huis ‘n rol. jy sou kon vra: “wat is ‘n huis sonder ‘n hond?”

karre

hond3oor die vraag of karre ‘n extension van ons identiteite, penisse of ander dergelike konsepte is wil ek my nie op hierdie stadium uitlaat nie. ek wil my wel verstout om die volgende honde-obsessies bloot te lê. kyk na enige isuzubakkie wat sy sout werd is se tailgate. jy behoort ‘n rooi bulldog te sien. ‘n mens kry hierdie in endless variasies, soos die wat mekaar jaag, pomp of sommer net staan en brul. kyk ook na granada gerry se fotografie oor hierdie onderwerp. laastens pryk oulike klein knikkerkeffers in talle agterruite (langs tissuebokse).

Hierdie post is 254 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieVan die hond op die jas
Check hom

Raggas: ‘n geskiedkundige obsessie met mans in stywe kortbroeke

In Snotstories deur Super Deluxe 3000

rugby in suid-afrika het ‘n lang en stormagtige pad geloop om te kom tot by daai groot dag in 1995. die dag toe die wêreldbekertrofee raggasin francois en nelson se hande gepryk het was voorwaar ‘n belangrike dag in sa rugby geskiedenis. in die volgende paar paragrawe kyk ons na die geboorte van die springbok… in kort: ‘n historiese obsessie met mans in stywe kortbroeke.

raggas is alreeds gespeel in hierdie dele van omtrent 1860 en teen 1889 het die spel reeds ‘n instelling geword toe die suid-afrikaanse rugby unie gestig is. die eerste internasionale wedstryd wat gespeel is was teen bill maclagan en sy twintig mans wat deur die engelse rugby unie gereël is. kyk, teen hierdie tyd was die boertjies al goed gatvol vir die engelse en het ‘n rede gesoek om hulle ‘n pak te gee. na ‘n 16 dae bootrit op die dunottar castle het bill en sy boytjies by die kaap aangeland.

die eerste ontmoeting tussen die kaapse klub, hamiltons en die britte het geïndig 15-1 in die pommies se guns. charles (hasie) versveld het die enigste drie deur die tuisspan gedruk. charles se broer loftus versveld was ‘n beter speler en daarom is daar vandag ‘n stadion na hom vernoem. na ‘n reeks wedstryde wat die britte almal gewen het, het sir donald currie ‘n goue beker vir herbert gegee om toe te ken aan die span wat hulle die meeste opdraende gegee het. so het griekwaland wes die beker gekry en die currie beker toernooi is gebore.

raggas2herbert hayton castens was die eerste kaptein van ‘n suid-afrikaanse nasionale rugbyspan. die span het die britse leeus ontmoet in port elizabeth. herbert was die spreekwoordelike sportstaatmaker. nie net was hy die eerste sa rugbykaptein nie maar ook kaptein vir die sa krieketspan wat in 1894 na engeland getoer het. of hierdie inligting korrek is, wil niemand meer bevestig nie… mens weet net nie meer met krieket nie. wat ons wel op ‘n rugby-noot weet is dat herbert skool gegaan het by die bekende skool genaamd rugby waar die game begin het. suid-afrika se spel was toe nog hoofsaaklik ‘n voorspeler game en die leeus se agterlyn het gevolglik gate deur hulle gehardloop. die eindtelling was 4-0.

in 1906 het die nasionale span besluit om ‘n toer oorsee te onderneem. paul roos het die manne op die veld gelei en onder sy raggas3kapteinskap het hulle 25 wedstryde uit 28 gewen. in 1912 word die sa span openlik oorsee verwelkom as gevolg van hul goeie sportmanskap. dit was afterall ‘n gentlemen’s game. in daardie jaar het die tradisie begin om ‘n springbokkop aan die eerste span wat die suid-afrikaners op toer wen, te oorhandig. die eer het ‘n baie verwarde newport te beurt geval toe hulle die bokke 9-3 oorwin het. en met hierdie ou, dog sinnelose, tradisie is die springbokke gebore. ‘n groep mans in stywe kortbroeke wat ‘n bal kon swing en hul man kon staan. laagvat, grubber, uppie, steelkant, ry hom in die grond in… dis ‘n afrikaanse game.

ja nee kyk, rugby bly in jou bloed soos vleisie braai en castle (dis wetenskaplik bewys). jou pa het die game gespeel, jy het, en jou seun sal ook. as hy nie doen nie is hy ‘n sissie.

voories die bal kom jaaaa!

Hierdie post is 102 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Super Deluxe 3000Raggas: ‘n geskiedkundige obsessie met mans in stywe kortbroeke
Check hom

Hou daai lyn

In Snotstories deur Chopper Charlie

toto1die jong man met die gestreepte rugbytrui (moontlik wp) draf triomfanklik deur new york se strate. voor hom ‘n trollie met castles. in die grys lug klink die alombeminde woorde: “he turned to me as if to say: hurry boy, it’s waiting there for you / it’s gonna take a lot to drag me away from you / there’s nothing that a hundred men or more could ever do / i bless the rains down in africa / gonna take some time to do the things we never had.”

en ‘n mens is bly. want jy kan daai man met die castles wees. want toto en castle gaan saam soos brandy en coke. want toto skud al is hulle oud.

maar wie is hierdie ouens wat hulleself na ‘n hondjie uit the wizard of oz vernoem het?

die band toto word gestig in 1977 in los angeles, amerika. die oorspronklike lede was jeff porcaro (dromme), david paich (keyboard en vocals), steve porcaro (synth en vocals), steve lukather (kitaar en vocals) en david hungate (bas). ek twyfel of een van hulle families oorspronklik amerikaans is. bobby kimball vat later vocals oor en mike porcaro bas. die eerste album, bloot getiteld toto het die eerste hit “hold the line” op. die song is steeds luuks en aan te beveel vir enige partytjie wat sy sout werd is.

toto2die albums hydra en turn back volg voordat toto iv ‘n kakhuis vol grammy awards inpalm met songs soos “africa” (die een op die castle ad) en “rosanna”. ironies genoeg was hierdie toto se tyd van laaste groot kommersiële sukses, veral in amerika. slegs ‘n elite handjiesvol europeërs, australiërs en suid-afrikaners sou die songs hierna regtig waardeer. van die mid-eighties af gaan die band deur ‘n hire-en-fire stadium. die slagoffers sluit in bobby kimball (oor houding, dwelms en dop), fergie frederiksen (net ‘n kak mens), joseph williams (skurwe lewenstyl) en jean michel byron duplessis (‘n lame suid-afrikaner). almal was sangers.

na kingdom of desire, stort tromspeler jeff porcaro inmekaar weens ‘n hartaanval en beswyk. die brit, simon phillips vervang hom na baie gehuilery. ‘n toto fan (alfred lagarde) sterf aan ‘n stroke en steve lukather dra die toto xx album aan hom op. toto gaan van krag tot krag.

1999 en toto skud nog steeds. op 26 februarie word die nuutste album mind fields vrygestel. bobby kimball is weer terug as sanger, toto3houding gedrop en heeltemal sober (ook oud). na die album volg ‘n extensive toer en ‘n live album (livefields). dis nou 2000 en die manne neuk aan met hulle eie brand van vleisiebraai-rock. ons kan net hoop dat die res van hulle nog vir lank gespaar bly. asseblief.

hou daai lyn …

Hierdie post is 88 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieHou daai lyn