Check hom

Slangkak #2

In Snotstories deur griffinRek jou bek

SK #2


Hola magents,

Dis ‘n nuwe jaar en nog steeds is Vrydae nie afgeskaf nie. In ware slapgat, langkuif tradisie is daar dus slegs een ding om te doen om te rebelleer: trek kromrug en tune low profile. Dit gaan ‘n lang dag wees, so ek stel voor jy doen wat enige iemand die beste doen …

Ek neem die inisiatief om ‘n paar wenke vir kromrugtrek voor te stel. Daar is seker meer, maar dis Vrydag so ek skenk nie baie aandag daaraan nie (sien?).


Hoe om krom rug te trek by die graft

  • Kom laat: Vrydagoggende is in elk geval nie eers ‘n regte tyd nie en behoort geïgnoreer te word. Sê iets slim soos daar was ‘n trok op die highway of jou hare wou nie skoon nie of jy het AIDS. Onthou om altyd kreatief te wees. Dit maak van jou ‘n goeie werker en ‘n goeie kromrug.
  • Breek gereeld: Kannie oorbeklemtoon word nie. Uurlikse koffiebreuke met driekwartierlikse toiletbreuke is my resep. Gebruik die “Dis daai tyd van die maand.” verskoning. Onthou om jou oë te rol. Freak uit as iemand jou konfronteer. Sê iets soos “Ek het nie nou tyd hiervoor nie.”
  • Wees aktief: Stap randomly uit die kantoor uit met lêers en papiere. Hanteer die foon gereeld (sel of landlyn). Tik baie (al is dit e-mails aan jou vriende of Word dokumente wat jy weer uitvee). Frons deurlopend. Probeer ‘n clipboard kry. Dit lyk nogal besig en is baie suave.
  • Surf baie: Wees deel van die digitale generasie en misbruik die Internet vir enige iets. Veral muis. Onthou om jou breuke in te pas.
  • Rook en drink (indien moontlik): Middagete is die perfekte tyd vir ‘n bier om die na-lunch stretch draaglik te maak. Rook vinnig in jou breuke en surf op die headrush. Probeer om nie te glimlag nie. Ernstige werknemers is besiger.
  • Waai vroeg: Die highways is heeltemal te vol op ‘n Vrydagmiddag. Ondersteun die Arrive Alive campaign en doen iets goed. Indien van toepassing, sê jy het ‘n afspraak/ kongres/ maagsweer of fetish. Weereens gaan verbeelding ‘n lang pad. Onthou altyd dat outrageous leuens meer geloofwaardig is as klein verbuigings van die waarheid.
    Laasgenoemde moet liefs vermy word.

Die Missing Link

http://www.bored.com (‘n rerige loser site vir suicidal huisvrouens)


Komiek van die week

sk2



Mag ons rue permanent krom trek en die ekonomie rekord laagtes bereik as gevolg daarvan. Viva procrastination!

Bid jou aan,

Chopper Charlie

griffinSlangkak #2
Check hom

Slangkak #1

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

SK #1


Geagte mede-low-profilers,

So hier sit ons, op wat baie maklik die langste en mees onproduktiefste dag van die week kan wees. Dis nie lekker nie. Trouens, dit suig lekker dikkes met pers are op. Maar genoeg van my latente homo-erotiese neigings …

Hiermee ‘n poging om Vrydae meer leefbaar te maak – ‘n nuusbrief genaamd Slangkak, want dis pretty much die profiel vir ‘n Vrydag. Jy kry dit elke Vrydag omdat jy my ken. Ongelukkig. En nee, jy kan nie unsubscribe nie. Deal with it.

Onthou net – niemand het dit ook van Rock Hudson verwag nie.


Gedagte vir die dag: Bands op e

Wat noop my om aan hierdie konsep aandag te skenk? Wel, vanoggend in my motor op die snelweg (net duskant die Allandale afrit) hoor ek een of ander tune van Enya op RSG. Kak. En die titel het waaragtig weer iets met water te doen. Sug. My gedagtes stray toe na Enigma, nog ‘n fokken patetiese attempt at ambiance, if I ever saw one. Hella gay monikke op ‘n beat record nuwe album, heel en-chant-ing. Fokken losers.

En ek kom agter dit hou nie daar op nie. O nee, want ons het ook Europe wat nooit vergewe mag word vir “The Final Countdown” nie. Ek bedoel, “We’re heading for Venus” – wat de fok is dit? Het hierdie ou ‘n cheesy encyclopaedia of het sy pa hom net nie gemoer toe hy klein was nie?

As ons verder delf in daai holocaust van die eighties kry ons nog: Erasure, wat voor in die ry staan met agtermekaar Bump musiek en Eurythmics, wie se aanhangers meer nostalgies is oor hulle eerste pomp as die actual musiek.

Dink verder aan ouens soos Eminem wat lekker grootbek en donners irriterend is vir so klein, wit, skinny Yank en Eiffel 65 wat doef-doef musiek doen oor Sony PlayStations. Waar fok die jeug van vandag heen?

En wat as Gloria Estefan reg is – what if the rhythm is finally going to get you?

Suip Afrika het ook ons eie crimes against humanity: nuwe moffie-maar-man boy band Eden dra dapper die vaandel van nikswerd puisiegevrete soos Five en N’Sync oorsee.

Daar’s wel seker ‘n exception of twee, waarvan een beslis Ben se Kroon is – Elvis gooi nogal kole, hy’t baie drugs gevat, en daar moet iets in iemand sit wat so baie glitter op ‘n wit suit kan afpull. Verseker.

So, e is pretty much ‘n fokop as dit by musiek kom. Just thought you should know …


Die Missing Link

http://www.geocities.com/SouthBeach/Cove/2285/


Komiek van die week

sk1



Sien julle more by ons spot vir vleisiebraai. Bring dop en tjop, swemklere, ou skoene en ‘n glimlag saam. Moenie oor PKs worry nie. Die Here sal voorsien.

Sela,

Chopper Charlie

Chopper CharlieSlangkak #1
Check hom

Boerebrood

In Snotstories deur griffinRek jou bek

RE: Septies

Zef koozien


Boerebrood


Bestanddele

  • 2x glimlaggende oë
  • 2x gretige arms
  • 2x stewige melkkanne
  • 2x mooigeboude bene
  • 1x pelsbedekte mengbak
  • 1x gesonde Boerepiesang
  • 2x eiers

Proses

  1. Kyk in glimlaggende oë en omhels met gretige arms.
  2. Smeer mooigeboude bene stadig.
  3. Druk en masseer melkkanne sag totdat mengbak ge-olie is.
  4. Voeg piesang by en meng deeglik.
  5. As piesang pap raak, is mengsel reg.
  6. Sorg dat alle menggereedskap goed gewas word.
  7. Moenie mengbak uitlek nie.

N.S. As brood rys, verlaat onmiddellik die dorp.

Bron: Op e-muil geforward deur Jan-Tom, maar die oorspronklike outeur moet ‘n skuimkoppie of twee kry.

Verontskuldiging
Hierdie is ‘n satiriese stuk en is nie veronderstel om as ‘n werklike resep opgeneem te word nie. Met ander woorde, dis nie wkj? of wkj? medewerkers se skuld as jy stupid genoeg is om in die dorp te bly nadat die brood gerys het nie. Ons weier onvoorwaardelik om alimony, polonie of mony-mony-mony te betaal.

griffinBoerebrood
Check hom

Bloutrein & bunny chow

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Zef koozien




Bestanddele

  • 1x half loaf (verkieslik bruin)
  • 1x bottel spirits
  • 150g gaar burger / pet mince
  • 1x blikbeker

Proses

  1. Hol die halfloaf uit met jou vingers.
  2. Eet dit wat jy uithaal, asook die reste onder jou vingernaels vir starters.
  3. Maak die spirits oop en tilt 30 grade. Neem ‘n skerp teug (jou totale longvolume). Jy behoort lomerig te voel. Heeltemal normaal. Hou kop.
  4. Skink nou die spirits deur die uitgeholde brood en laat dit in die blikbeker drup.
  5. Jou bloutrein het gearriveer. Sodra jy dit drink, behoort jy die fluitjie te hoor. Choo-choo.
  6. Vul nou die gegeurde half loaf met die mince. Siedaar – ‘n bunny chow om saam met die bloutrein te geniet.

Bron: Uitgedrink een Sondige oggend by die Spur in Hatfield

Verontskuldiging
Hierdie is ‘n satiriese stuk en is nie veronderstel om as ‘n werklike resep opgeneem te word nie. Met ander woorde, dis nie wkj? of wkj? medewerkers se skuld as jy stupid genoeg is om te OD op ‘n bloutrein omdat jy dit hier gelees het nie. Ons aanvaar verantwoordelikheid vir sweet blou fokkol.

griffinBloutrein & bunny chow