Groete vir Griff #6 – Meisie
Meisie het net een keer vir Griff ontmoet. Vir 2-3 ure. En dit was n belewenis.
Dit was n pragtige somersdag in Londen circa ‘02/‘03 miskien? Die plek was besig soos net Covent Garden kan wees op ‘n somersdag. If you know you know. Meisie was nervous want sy het nog net interwebs gesprekke gehad met die OGs van WKJ. Hulle het haar n kans gegee om n snotstorie of tien te skryf. Sy het n back-up plan reggehad net ingeval die lot ‘n klomp weirdos was en het vir Kleinsus saamgesleep vir wis en onwis.
(In daardie tyd was Meisie op ‘n mission om mal te raak in Londen. As die Meisie-nou-verseker-‘n-Tannie nou terug kyk, is sy nogals verbaas dat Meisie die guts gehad om in te skryf met ‘n ‘use it or don’t’ attitude EN mense van die interwebs te gaan ontmoet. Dit was baie brawer as wat sy rerig was. Dat Griff die een was om die ander oortuig het dat sy ‘ok genoeg’ was, het sy eers later uitgevind. Daai confidence boost op daardie delikate stadium in my lewe sal ek hom seker nou nooit kan dankie voor sê nie. But I digress.)
“Hoe gaan ek weet wie julle is?”, skryf Meisie senuweeagtig. Griff sê soek net die groot telefoon.
En so waar as wragtag, wie kom met ‘n bucket hat en oudtydse telefoon handset ingeplug in sy Nokia 6210 om die draai in Regent Street? Die eindste onmisbare unieke Griff.
Nou ek gaan nie maak of ek alles onthou wat ons gesê het nie. Maar ek onthou daar was lag, nervous aanvanklik en uit die maag uit later (meestal vir die mense se reaksies vir Griffse zefgeit), daar was definitief shots en ons was vir seker dagdronk. In sy natuurlike storieverteller manier, het hy ons vermaak met stories van hoeveel keer hy amper dood was – (in Nigerië, kar ongelukke en sommer net die gewone hoe-de-fok-het-ons-by-huis-gekom adventures), en hoe almal mekaar ken (Vuildriehoek-marabs-for-lifers). Meisie was vinnig op haar gemak en het amper dadelik ingetrek gevoel. Hy het net daai manier gehad, jy weet??
As ek reg onthou, het hy ‘n ander afspraak gehad en ons (Super Deluxe 3000, Super Deluxe se beter helfte en Briekmerk) het verder gekuier, Rick Astley gesing en kak gepraat. Ek weet ook dat dit nog goed lig was toe ek huis toe gemission het, en toe ek van die laaste bus afklim, summier gebraak het, my mond afgevee het en verder gestap het. Amen en sela.
‘n Paar WKJ stories bring mee ‘n paar geniepsige opmerkings en Grif leer vir Meisie dat drolle (trolls) op die interwebs lewe en hoeveel fokke mens hulle moet gee. (Presies nul).
Oor tyd was ons seker net Facebook vrinne. Hy gee raad op tech choices, comment op mylpale en lag vir grappies en simpelheid. En wanneer hy kan help, help hy.
(Soos toe Meisie later van tyd ‘n baba kompetisie run vir haar job, en iemand ‘n foto van ‘n boob pleks van n baba post (side note: dis makliker gedoen wat wat mens dink en ook nie die vreemdste ding was ingestuur is nie), was hy die een wat vir haar ‘n message gestuur het.)
Hy is een van daai mense wat ‘n merk los (soms ‘n briekmerk) in jou lewe. En soms is daai merk die ander mense wat hy indrop. Die WKJ connections het lank na ons WKJ debuts saam gewerk op ander projekte.
Want dis wat Griff gedoen het. Hy sit mense in jou pad, maak connections en hou dan dop hoe dit uitspeel.
Hy was die ultimate maker van kennisse.
Ek is in een van die verder ripples in sy lewe en net daai kort ontmoeting het ‘n impak gehad. Ek wonder hoeveel ander mense se lewens hy ook so stilletjies en minder stilletjies beinvloed. En ek hoop hy weet hy doen dit.
Vir mense wat hom beter en baie beter as ek ken, laat dit juig. Hy is ‘n force.
Blessings. En #Mandrax.
Meisie
Meisie was die heel eerste (of die heel tweede) girl wat vir Wat Kyk Jy? geskryf het back in the day. Deesdae Tannie, bly sy alweer in die UK. Niemand verstaan hoekom nie.
Watkykjy staan op 3,056,595 post views in totaal sedert 1 November, 2019.