Groete vir Griff #5 – Kaptein Kortbroek
“Flesvat en Ferraris saam met die laanies.”
JASSSSSAAAAAAASSSSSSSSSS!
Ek het deur my ou emails gaan grou en die bold statement hierbo was Griff se reply toe ek hom laat weet het dat ons gou een oggend in Julie die launch van die nuwe Ferrari California by Sun City gaan bywoon.
Zefgatte in doosduur karre wat sowat 453 perdekrag pomp. Wie gaan nou so een laat verbyglip?
Ons slat toe die pad na die Palace waar ‘n spul joernaliste, en natuurlik die rykgatte wat actually die R3 miljoen masjiene kon bekostig, ons ingewag het.
Natuurlik het ons ‘n solid gameplan (wat inevitably later heeltemal uitgefok het) gehad. Griff kon nie te lank piele vleg nie want hy was geboek vir ‘n moer belangrike event vroeg die volgende oggend, so rondtos was nie regtig ‘n opsie nie.
Die Plan: Kry die footage, kry die storie en fokkof so gou as wat ons kan. Yeah right!
Die situasie is so aan die media manager verduidelik en toe die spogmotors by die Palace se poorte inry moes die main konyne eers terugstaan sodat die Watkyjy span eerste vir ‘n spin gaan.
Dit was next level befok gewees – al wou hulle onder geen omstandighede gehad het dat ons self agter die stuur inklim nie. Wonder hoekom.
Toe die trip verby is, het die Ferrari waarin ek was eerste voor die skare wat by die paleis gestaan en wag het, ingepull.
Griff was kort op my hakke met sy camcorder en elke ding. Jy kon sien hoe van die laanies ook nou begin opgewonde raak het vir hul beurt.
As ek nou daaraan dink was dit presies hier waar die gameplan sy gat gesien het.
Griff swaai met die uitklimslag die Ferrari se deur oop en trek voor die groep laanies los met woorde wat my lewe lank by my sal bly:
“Thank fuck ek het vanoggend my piel aan my binnebeen vas geduct-tape anders sou ek die heeldag met ‘n horing rondgeloop het.”
Nou kyk, nie al die Engelsprekende rykgatte het dit verstaan nie, maar die res van ons het vir sowat 20 minute ons holle geskeur.
Selfs die De Kat Crew het kliphard gelag.
Ek meen, die woord wat Watkyjy is, was net daar in die vlees. Amen.
Maar onthou ons moet gou maak, want more is ‘n groot dag so kom ons chow gou iets by hierdie belaglike buffet en waai.
Vir een of ander rede was Griff in die mood vir ‘n bietjie chocolate mousse en hy skep toe sommer vir hom ‘n moerse bak van dit in.
Dalk was dit al die Lucky Strikes wat hy daai tyd (2012) nog gerook het, of dalk net die adrenalien wat nog gepomp het, maar toe hy die eerste scoop van die “chocolate mousse” sluk besef hy dat dit actually lewer paté is.
Hy wou amper kots. En ja, brannas is mos die antidote vir alles.
Dit was beslis die duurste brannas wat ons nog ooit bestel het en na so paar kappe het die casino se liggies vir ons begin wink.
Maar nog voor ons aan die heelal kon bewys dat ons nie ‘n clue gehad het hoe om te gamble nie, het ons so tussen deur die doppe vir die De Kat span aan iets besonders bekend gestel.
Bizarre Bedonderde Donderdae clips en dagdronk vibes… As ek dit nie mis het nie was dit Josua Malherbe en Rolanda Marais wat saam met ons gesit en giggel het.
Hulle maak glo movies en is famous, or so I’m told.
Ons het so paar ure, en ‘n ook ‘n paar Rand, in die casino misplaas maar gelukkig was daar nog genoeg kleingeld in my Polo se asbakkie vir ons om ‘n Streetwise 1 te kon koop vir die langpad terug.
Met ‘n blank bankrekening en so drie ure se slaap onder die belt het Griff toe sy job die volgende dag gedoen. As ek dit nie mis het nie, het Jack Parow langs hom op die vliegtuig gesit. Check dit hier uit as jy so smaak.
Ja, dié was maar een van talle awesome highlights in ‘n tydperk wat heel moontlik die beste jare van my lewe was.
Toe Chopper tune dis tyd dat ek iets oor Griff skryf moes ek eers about 14 bottels brannas nader sleep om die knop in my keel te probeer uitsort.
So tussen deur die kaksnaakse trip down memory lane en die hartseer van weet dat ‘n legende nie meer met ons is nie, het ek besef hoe groot rol Griff in my lewe as skrywer gespeel het.
Dit gaan alles op die einde maar oor eerlikheid en ons is soms nie eerlik met ons self nie.
Fok Chopper.
Watkykjy staan op 3,048,099 post views in totaal sedert 1 November, 2019.