Groete vir Griff #2 – Briekmerk
Jis, soveel stories, soveel memories. Maar daar is een wat uitstaan bo almal en dit was redelik maklik om hierdie een te kies toe Chopper my nader vir hierdie Special “Groete vir Griff” edition van Watkykjy.
Back in the day pak ek en Griff sy groen Citi Golf vir ‘n roadtrip Slaapstad toe. Daar is ‘n paar draaie wat ons moet maak, soos ‘n troue op Lambertsbaai onder andere. Die lekker ding van lifetime student wees is jy hoef mos niks te beplan nie. Ek het my job gequit en freeload allie pad suid oppie N1 saam met GrifF en ‘n bottle Jack gift set, daai met die twee mooi glase so aan elke kant van die bottel en die mooiste goue straal lig elke keer wat die son die bottel vang. Regtig baie mooi.
Ons val in die pad middernag want hoekom nie? Dit was definitief nie die plan nie maar die oomblik to Griff sy six by nines in die boot van sy Citi neersit toe’s ons reg vir vakansie. Ek sêß neersit want hy wou nie gate in sy kar se back board sny nie.
- Hy’t nie tools vir dit nie en
- dit sal die waarde van kar verminder.
So sê Griff en ek stry nie. Ons pak die res en daar gaat ons.
‘n Belangrike detail was dat Griff se been in gips was, want as dit nie taxi’s is wat hom omry nie, dan is dit ‘n onaangename tackle by ‘n “vriendelike” sokker match wat sy been breek.
Na baie gelag en tunes klip hard allie pad tot in Lambertsbaai daag ons by die karavaanpark op. Ons is die enigste van die wedding gaste wat kamp en blykbaar ook die enigstes in die karavaanpark. Maar dis befok want die kampplek by Lamberts is reg langs die see.
Dis die dag van die wedding. Ek word wakker in my tent. Want ek het vroeg besef as ek dit nie opslaan wanneer ons daar aankom nie, gaan dit nie gebeur nie. Jack maak mos altyd ander planne. Fok.
My eerste fokuspunt soos ek my skurwe gesig uit die tent se deur uitsteek was Griff se tent wat oopgerol en plat op die aarde lê met pale en als, net reg om opgeslaan te word. Die six by nines werk nog altyd oortyd, vasgeplak met hulle magnete aan die buitekant van die Citi Golf en Griff lê uitgepass oor die kar se agterseats met al die deure oop. Die feit dat ons nie rot en kaal besteel was nie is ‘n miracle, maar ook testament tot ons BO wat next level was. Twaalf odd ure in ‘n kar (ja ons het laag gevlieg) en toe ‘n Jack-induced party maak vir twee baie smelly Watkykertjies.
Eventually kry ek vir Griff wakker en tune hom ons gaan laat wees vir die wedding. In die ablusie geriewe is daar natuurlik toe niks kakpapier nie. “Please peoples – do not remove the kak paper from the kak house!” (Orkney Snork Nie!)
Maar dis die minste van ons probleme. Die tyd stap aan en Griff moet shower. Hy besluit dis ‘n goeie idee om sy been soos ‘n persentjie toe te maak met die shower gordyn. Dis mos waterproof of hoe? Dit is ja, maar net as jy dit nie soos ‘n tregter om jou gebreekte been vas maak nie. Al die water vind toe ‘n netjiese pad binne-in grifF se begipste been in. Soveel so dat dit papnat is.
In ‘n effort om sy been droog te kry ry ons die hele Lambertsbaai rond met sy been wat by die venster uitsteek. Na so ruk se rondry toe word ons dors. By die local bar speel ons pool en chat lekker met die locals en dis hier waar Griff besluit genoeg is genoeg en hy kry ‘n skêr en ontgips sy eie been net daar. Almal was baie dankbaar want die reuk was so erg dat die locals al die vensters moes oopmaak en die bar staff was bietjie ongelukkig oor al die voete wat hulle verloor. Maar nie te worry nie, ek en Griff het six-love opgemaak daarvoor.
Op die einde was die troue befok. Griff het sy legendary moves en sy opgemaakte songs reg gehad om almal te entertain en dis ‘n trip wat vir altyd by my sal bly.
RIV Griff.
Briekmerk Onnebroek
Briekmerk het Watkykjy al in 2002 rond gejoin en ons verlos van Dreamweaver hoofpyne deur die eerste keer ‘n legit site vir ons te bou. Bra Briek het ook lekka stories geskryf en was boonop een van die vuurwarm Watkykjy djs wat marabse so lekker laat lit losmaak het.
Watkykjy staan op 3,064,239 post views in totaal sedert 1 November, 2019.