Groete vir Griff #1 – Ben
WWJD – Wat wil jy drink?
WWGD – Wat wil Gifford dink, doen, drink?
Die storie van Gifford en EKKE kan eintlik nie sonder Oppikoppi en WATKYKJY? vertel word nie. Die storie kan ook nie neergeskryf en moet ook nie neergeskryf word nie! Ons het ’n band gedeel wat min mense verstaan het en wat jy nie sommer vind nie. Alles wat ek skryf gaan ongeloofwaardig en vals klink, want wat Gifford was en nog is, kan nie omskryf word nie, en veral nie deur iemand soos ek wat eintlik goed is met KAK praat, KAK uitdink en KAK maak nie, en glad nie goed is met KAK skryf nie.
Ons (ek dink dit was Gifford se ding met almal) het ’n vreemde band van vriendskap, broederskap, verstandhouding, tjommie, metgesel, kameraderie, en sommer ’n gebonde siel gehad. Ons sou mekaar ’n jaar nie gesien het nie, en dan as ons by mekaar kom, is dit asof daar geen tyd verbygegaan het nie. Ons het bloot net aangegaan waar ons die vorige keer opgehou het sonder om te blik of te bloos.
Dat Gifford amper een van die snaakste Afrikaners of mense was wat al ooit geleef het, is daar geen twyfel van nie. Sy humor was vlymskerp, en hy kon die humor in elke situasie uitbyt en raaksien of sommer net opfok. As jy vir een oomblik gedink het jy sien die angle dan het Gifford dit al lankal gesien en jou gebeat of laat lag dat jy in jou broek pis.
Hoe skryf jy oor so ’n mens se mannewales? Net ’n paar staaltjies wat werklik uitstaan, want eintlik staan Gif self bo alles uit. Ek vang myself nog WhatsApps skryf aan hom, en dan besef die man is weg!
Dit was alombekend dat Gifford onder elke mens wat hy ontmoet het se vel inkruip het en dan daar gekak het!
As hy Nigerië toe gevlieg het, dan het hy my elke keer gebel en gesê: “Ek vlieg vandag Nigerië toe. Die Here bewaar hulle.” En dit was waar. Gif was ’n bom, ’n atoombom van die lewe en alles wat snaaks en pret was. Hy was soos n kat met nege lewens en nog meer energie as die son. Ek was by syne, hy was by myne en dit was mal. Ons het baie gedeel en baie gemis. Ek heg ‘n paar foto’s aan die stukkie, want woorde kan nie vir Gifford opsom soos die foto’s nie.
By Oppikoppi het hy diep, diep spore getrap, en daar was niemand wat hy nie geken, afgepis, stukkend gedrink, gerol, opgefok, aangeraak of gebreek het nie. Hy was ’n demoon van kak praat, kak maak en kak uitdink. Hy kon oneindig werk en drink en daar was min wat by hom kon kers vashou.
Soos met die Oppikoppi fees kan ek nie individuele oomblikke van Gifford uithaal nie. Alles loop in een, selfs as ek aan hom dink, dan is alles een. Van die braai toe ek hom die aand ontmoet het tot die dag wat ek langs sy bed gesit het (ek was eintlik daar om hom te groet) en hy my bang gepraat het oor alles wat ons nog gaan doen en maak en breek en opfok, voel dit of hy my tweeling was – asof ons saam gebore was. Dis hoekom ek nie werklik in my kop in kan dink dat hy weg is nie.
Dit is hoekom ek ook nie werklik kan skryf oor hom nie, want Gifford is nie weg nie en dit voel of hy nog elke dag by my is!
Ben
Ben sort kak uit vir ‘n lewe. As iemand jou by Oppikoppi se hek uitgegooi het, was dit probably hy. En jy het dit probably fokken verdien ook.
Watkykjy staan op 3,065,760 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Ouens,
Hier in 2000/2001 trek ek in ‘n woonstel in, Richard str, Hatfield, duskant Tuks se sportsgronde.
Ek is 19, word nie behoorlik betaal nie, ry elkde dag deur Randburg toe vir my IT job.
Ek kan nie onthou hoe nie(dink dit was dmv. Litnet) kom ek op watkykjy.co.za af.
Ek print die stories af op die werk se HP laserjet, en vat dit oor naweke vir my Pa wat iewers in Sinoville bly en ons lag lekker vir Chopper Charlie en Griffin se avonture.
Daar is een aand selfs ‘n partytjie in Pta, in daai area, ek dink Arcadia, langs die Apies rivier. Dinge het hand uit geruk.
Ek deel Watkykjy met my vriende, kry op ‘n stadium ‘n ‘spammie’ van ‘n vriend af wat maak of hy deel is van julle span en ek dink ek het(daai tyd met my hotmail adres) dit vir Chopper gemail en Chopper bevestig nee, die ou maak kak.
2002 sit ek soos die res van die gepeupel in London, mis die huis, en onthou van Watkykjy. Griffin se stories is dié keer in Nigeria en ek skeer my vir al die Crispy chicken stories. Watkykjy verkoop tv shirts maar stuur nog nie UK toe nie maar ek besluit as ek weer terug in die land is, moet ek plan maak.
Vanoggend, amper 20 jaar later praat ek met ‘n vriend oor die Power Balance bandjie artikel wat Griffin ‘n geruime tyd terug geskryf het en ek onthou ek het die link iewers in my email(nou Gmail).
Ek forward dit vir hom en ons lag lekker – ek dag laat ek gou die website bietjie beloer want dit is jare sedert ek bietjie tyd hieraan spandeer het.
En die eerste ding wat ek sien is dié artikel.
Oof.
Ouens – julle het ‘n impak gemaak en dié nuus is … ontnugterend.
Werklik jammer.
Ek het nou ‘n laatie, en, waneer hy aansienlik ouer is, gaan ek hom defnitief van Watkykjy leer.
Flip.
Iedergeval, ek wil afsluit en aanhaal(as ek dit nou reg onthou):
“Onthou om julle groente te tand en agter julle ore te was.”
Howzit bra en dankie vir die beautiful storie. Griff sou dit heavy appreciate.
Jirre ek dink ek verstaan reg… Ek het ook altyd my poes af gelag vir Griffin se kak… Kan onthou die eerste storie wat ek van hom gelees het, het hy nog sy hare gaan sny, ek het hom nog ‘n email daaaaai tyd gestuur en ons begin chat…. Dis sad…