Verleiding… kort nagedagtes oor die seks expo.
Die Gemmerkat het onlangs so bietjie vir ons gaan inloer by The Sex Expo.
Die Sex Expo is basies n seks shop met ekstra oemf. ‘n Rooi fluweeltapyt verwelkom jou in die binneste kamers van begeerte in. Binne in. In. Bekwaam, ontklee en braaf.
Alles voel beautiful en ook n bietjie boos. Daar is ‘n sekere seduction aan die uitstal van alles SEKS -net so, vir almal se oë om te sien. Daar is dinge om oor te bekommer en ander om oor opgewonde te raak. “There are gadgets and gizmos aplenty, whooz-its and whatz-its galore.” Ek is beslis daar weg met n pakkie pret!
Elke sintuig word geprikkel en daar word voorsien vir elke smaak. Aanloklik, verleidend en speels. Dis shampagne, sexy en dis stout. “Tiete. Tiete. Tiete.” Daar is passie vir pret en plesier. Vingers voel vir verskeie verleidings van hard en sag en streelend, seer of kerswas-warm. Soveel bekwame hande wat hul begeertes, en ook hul hot-bodies, met ons deel. Alles onder een dak by Die Seks Expo.
Dit is n belewenis, en n avontuur.
Ek is verlei.
Word gevlei, flankeer n bietjie.
Kom speel saam.
Grrrrr,
Watkykjy staan op 3,071,843 post views in totaal sedert 1 November, 2019.