Musiekfees op horings – Liefde By Die Dam
Hierdie is ‘n Watkykjertjie bydrae deur Sober Sammie, Die Kultuurkat
Welkom by die Emmerentiadam, hier waar manne met baarde saamtrek vir ’n dag van son en ontspanning en serious suip. Families kamp saam uit, seuntjies jol rugby, dogters vleg mekaar se hare op komberse te midde kortbroeke, two-tone hemde, khaki en vellies. Heil die boer.
Jongelinge met hoë jeans (steeds in die mode…sug), kort rokkies, en stywe hempies flankeer met boerseuns. Ek sweer inspo van Raponsie of iets het gedrop onlangs, want dit was net hair-flips van girls met baie lang hare oral.
Alhoewel ek nie bekend is met die melktertpolitiek agter hierdie musiekfeeste nie, vermoed ek êrens onraad. Dit wil vir my voorkom of die bywoning effens minder was hierdie jaar, asof Jaka Day (gebeur die naweek net na Liefde By Die Dam) meer ge-push is op radio en dat borge elke jaar verander. Hoe durf jy jou getroue Afrikaanse lojale gehoor skei? Dit is moeilik, want hoe kies jy tussen Refentse en Kurt, Nadine of Karlien? En om albei feeste by te woon is malligheid, met stygende rentekoerse en die hoë prys van diesel vir Hilux bakkies is tye moeilik. Liefde wen nie altyd nie.
Die jaar skitter Olof Bergh brandewyn in sy glorie as borg – ’n siesa brandewyn wat herinner aan die ou oom by kersfeespartytjies met die slegte asem en ongetrimde snor. Maar hierdie raaswater werk goed saam met die son om jou vining en lelik dronk te laat word – six love, pappa. Kyk, die een kan jy ook nie sonder Coke drink nie, en wat is so bietjie ekstra diabetes op ’n nugter maag terwyl jy Boerepompie neurie en skelm loer vir chicks (insert hair-flip) by die biertent?
Met ’n meer trendy aanslag het ons vir Lift en Flying fish ook as borge (worth mentioning) –vir al die juppies daarbuite wat die middeweg tussen metroman en Neandertal wil bewerkstellig deur cheap maar cool te vlieg terwyl hulle apple-infused bier drink en heupswaai op Kurt se sokkietreffers oor die naweek
#huigelaars.
So, die kunstenaars word betaal, die venue is secured, alle medewerkers is opge-lign en Liefde By Die Dam gebeur! Maar hoe goed is díe jaar se fees afgepull? Met enige fees is daar goed en sleg, hang net af hoeveel van elk daar is om jou ervaring ten volle en so onpartydig as moontlik te beskryf.
So hier is my poging:
Ons begin met die aanbieders. Hier gaan ek stilstaan, soos wanneer dit loadshedding is en niemand weet wanneer dit hulle beurt is om te ry by ’n verkeerslig nie. Daai nervous afwagting, want jy weet hier kom ’n kakofonie van kak…en jy ry net en bid.
Jô! Nee man, kon die organiseerders nie beter plan hier gemaak het nie? Eerste het ons Schalk Bezidenhout gehad as virtuele aanbieder vanuit Skotland. Een of ander skaapfees hou hom daar en hy saai regstreeks uit tot so ongeveer 12uur die middag. Nou hoekom sal ek die krulkop virtuele geselser met ongemaklike pauses tussen kunstenaars wil aanskou? Die man se grappies is cute en lekker, maar hierdie benadering gee ’n hele nuwe onsuksesvolle perspektief op continuity presenter. Stop start, stop start. Nee daai plan was poef. Uiters.
Maar toe oortref Liefde By Die Dam díe plan met slegter planne. Bose planne. Die plan wat alle planne sal beëindig in die vorm van skrale Leandie du Randt. En van wanneer af speel ons aflos met aanbieders?#budgetcuts. Hierdie pragtige en oulike aktrise/aanbieder was geklee in ’n flambojante sequence ‘drag’ ensemble, het sinnelose frases aanhoudende geskree (blêrwitch-projek), en het niemand beïndruk nie. Veral nie een van die toeskouers wat gil “Jy het jou man vernueeeeeeeek!” die oomblik toe sy op die verhoog verskyn nie. Shame né. Waars jou fokken manière, oom?
Nou kyk, sy was gaanning aan en gaanning aan, sy het haarself hees geskreeu en mense het regtig terug begin skreeu. Net omdat dit ’n musiek festival is beteken dit nie jy kan jou soos ’n nar of kommin gypsie kan gedra nie, Leandie.
0 uit 10.
Stuur die haatpos, pin die voodoo doll, want hier stenig ek moontlik jou gunsteling (as ek nier eeds het nie). My run-down van kunstenaars volg in temas hierdie jaar, want dit maak dit minder vervelig en ek is cool soos dit.
As jy ooit gewonder het hoe lyk kinders wat ontsnap van ’n sekte of die 60s, stel ek jul graag voor aan die twee broers bekend as Hanson (ek bedoel Droomsindroom). Hulle is sweet, soos goeie roomys met sprinkels op. Die mannetjies is begaafd en “anders” (sulke oordrewe aanhalingstekens) – hulle kan verskeie instrumente speel en die mondfluitjie tydens “Bella” was veral verrassend. Ek glimlag sommer as ek dink aan hulle stroopsoet lirieke – daai wholesome Johnboy look en sound – jy ken van.
Barto, ’n man ryk aan rasperstem en ’n bad-ass kitaarspeler wat soos Slash van Guns & Roses lyk, maar arm aan styl en skoene. Ek bespeur Barto vind nog sy calling tussen reiki en sing.
Bygesê, wat sal ons doen sonder die sonskynkinders wat daai ietsie uniek bied aan jong Afrikaanse musiekaanhangers? Twee sonneblomme vir julle ouens!
Nou vir waar die boer koning kraai. Brendan Peyper – die spiertier met ’n stewige tan het ’n country song pragtig gecover – sewe grashalms vir daai een. Maar verduidelik net vir my hoekom sommige lirieke in Afrikaans so banaal klink? Asof jy jouself daarna met ’n koekie seep moet skrop? En hoekom moet alles altyd rym – seriously weriously ouens en vrouens. Of kan ons volk net sekere songs onthou omdat dit herhaal word en dus maklik is om te sing terwyl jy multitask met ’n langarm move op ’n skuurvloer? “ Vat net gou ’n toer om die vloer met ’n boer.”
Ek het toe vir die wolke gelê en kyk terwyl die jong meisies saamsing en denkbeeldige buustelyfies slinger na die verhoog met gedagtes om met hierdie boertjie te lê en koer.
Kaptein Afrikaans, die uwe pappa Kurt Darren, trotseer die verhoog en die keer is dit die ouer generasie wat bloos en luidkeels saamsing. Minuspunte vir hierdie man, want hy het met ’n backtrack gesing. ’n Backtrack. For realsies – pappa het nie sy eie band gebring nie. Het hy vergeet om hulle te nooi? Het hy vergeet om sy eie stem ook te tune? Want sjoe…Maar alles word vining vergewe, want sodra hy een van sy gunsteling gekoopte liedjies sing, gee die see van beweging voor die verhoog nie om om eenvoudige frases te herhaal en uit volle bors saam te sing nie. Herhaling is immers die sleutel tot sukses, want hoe anders beman hierdie kaptein sy volgelinge?
Bobby van Jaarsveld – prag Prozen seun van goud. Jonk en oud aanbid die goue kalf soos ou treffers “Spieeltjie” gesing word, en pink boere ’n traan waneer die kontroversiële liedjie Ons land gesing word. Hier volg ’n greep:
“Belowe jy sal my aan die einde vind
My vlag sal aanhou waai
En die sade sal ek saai vir jou
En jou veilig hou”
Die keer het Bobby darem ’n band, kompleet met worship vibe en al. En dit mag dalk net ek wees, maar die kunstenaar het nie “gebid vir pouse nie”, hy het meer lugtyd as ander gehad en ten volle sy “Alles, my alles” gegee.
Gepraat van kerklik. Die kerkbode het my nie ingelig oor Riana Nel se evangelis-wording nie. Maar mense, daar is gepreek en gewaarsku vanaf die verhoog. Ken jou gehoor Riana, ‘n meisie wat nou net mal gegaan het op Loufi se “Boude” en haar hormoon-belaaide puisiegevreet kêrel gevry het agter die porta potty gaan nie twee keer dink ook haar reinheid nie. So drop daai chastity activism #justsaying. Verder is ’n ou trick van haar om ’n liedjie saam met die gehoor te skryf. Onnodige engagement – hierdie gehoor vibreer saam met sonstrale en drank. Nee. Asseblief moenie een van hierdie twee goed ooit weer doen op die verhoog nie. Dit is nie lekker vir ons nie.
Die nar Robbie – jester van géster. Tog het die man ’n lojale gehoor, en ’n onblusbare passie vir sy taal en musiek. Soos my pa sê – “hy weet hy is kommen en probeer dit nie wegsteek nie. Hy is wie hy is.” Ou gunstelinge soos Peri-hoender, Leeuloop en Plaasjapie is gesing en geniet. So maklik soos dit. Pure boerepret.
Met Snotkop kan ek baie sê, maar ek wil nie. Dit is nie nou tyd vir opstel skryf nie. Mense love hom. Ek verstaan dit nie, maar so kan ek seker ook sê dat sy aanhangers snotkoppe is, dat jy snotters moet wees om na om te luister en al wat hy nodig het is ’n snotklap ensovoorts ensovoorts tot vervelens toe. Ek meen, die man het average dansers op stage geklee in neon groen sweetpakke (seker gesponsor deur Outsurance) terwyl hy sing van boerepompies en so meer. Niks van hierdie maak sin nie. Sulke sleg. Serious geval van grillerig en sies.
Kan ek ook net noem dat die hoeveelheid kere Boer, plaas, verwysing na opperste wese, grond en land genoem word? ’n Boerewoordeboek van sy eie kan probs uit hierdie geleentheid saamgestel word. Iemand bel vir Kraal Uitgewers!
Loufi was die surprise act op die program. Met ’n sick bass, die gesing van boude en vuil wit skoene slaag hy daarin om die soetsappige tradisionele Afrikaanse vibe te breek. Met sy Afrikaanse spin op Jason Derulo se Wiggle Wiggle kry hy dit reg vir wit girls om booties losbandig te skud.
Een van my gunstelinge rymkletsers bly Early B. Met ’n ritme van sy eie, vlymskerp lirieke, awesome tunes Sak, sak sara hy all the way to the beat. Daai man ken van gees skep. Ek like hom kwaai en die crowd net so. Lekker djy 😉
Die wildcarts – hierdie is die kinders in die klas wat nie fantastiese presteer nie, wel potensiaal wys maar ook nog nie gepeak het nie. ’n Allegaartjie van genre, musiek en poging. Ek was altyd ’n aanhanger van Tashé, die blond met moerse torque. Soos ons arriveer het, het ek al haar stem hoor bassuin oor ’n redelike leë veld terwyl ons kampstoele, komberse en hoede uitpak. Sy het bekendheid verwerf deur Francois Van Coke en na verskeie songs en optredes saam het sy ’n naam vir haarself gemaak. Maar ek moet bieg, ek kon nog nie uitvind wat presies haar genre presies is nie en soms voel dit wel of daar ’n redelike disconnect is met die stem, “look” en sound. Dalk is dit haar huwelik, nuwe drome en inklusiewe ek, jy, ons, X-posisie? Dit sal super jammer wees indien daai Bonnie Tyler-klank gemors word op net nog sentimentele liedjies vir die massas.
Arme Engelsman, Will Linley – hy lyk soos die rooihaar-weergawe van Where is Wally, of ’n jonger Mick Hucknell. ’n Maer bleek Engelsman praat gebroke Afrikaans en probeer connect met ’n ongeïnteresseerde Afrikaanse gehoor. Hy het bekend geword vir sy liedjie Miss me (when you’re gone) op TikTok (alhoewel die gehoor nie juis gelyk het of hulle hom ken nie). Ek het hom regtig jammer gekry. Ek vermoed hy was die wildcard van die program gewees, die filler om die program vol te maak. Maar teen watter prys Wilney, teen watter prys?
Die hoofseuns van die party was natuurlik Heuwels Fantasties. Lekker songs, goeie musiek. Die budget is natuurlik vir hulle gehou want hulle kon ook die rookmasjien gebruik vir dramatiese effek (nude nudge wink wink). Hule vibe stel nie teleur nie en die gehoor love hulle.
Fokofpolisiekar, kan jy glo dit is hulle 20 jaar reunie hierdie jaar?! Ek het nie woorde nie. Hierdie ouens is next level met hulle visuals op die skerm, musiek, sinistere beat wat oprys, kitare wat huil. Begeesterd deur hulle wildheid en rebelsgeid skree die gehoor lirieke saam en skud daai lang hare. Daar was natuurlik diegene wat nie die band ken nie, en onmiddelik die musiek bestraf en neus optrek vir hierdie makabere mans wat spring en skreeu, maar so pak hulle op en verlaat die gronde. Totsiens aan diegene wat nie hulle heilige dieet wil diversifiseer met iets stout en donker nie. Rock voort, ouens! What a way to end the show!
#Gees
In slotsom moet ek noem dat dit wel vir my voel of alles minder was die jaar – minder kosstalleties, minder opsies, slegter aanbieders. So asof die fees deur sy eie herstrukturering gegaan het, en die laaste stalletjies van ou voorraad wou ontslae raak, maar teen die hoogste prys. Drank is baie duur, met geen lae/alkoholvrye opsies nie. Ja-ja, hoekom gaan jy even as jy nie wil drink nie – God knows jy het dit met sekere kunstenaars nodig, maar wat as jy op meds is, ver moet bestuur en nie in die Metro polisie wil vasry nie, aangesien ons polisie heavy dodge is en jy nie die tjoekie wil trotseer oor ’n naweek nie? Buiten gaskoeldranke en water bied die een dame vir my passionfruit en lemonade aan as drankie – nee dankie, ek is nie 50 nie en hierdie is nie 1970s nie….Kry dalk next time ’n alkoholvrye Savanna as borg, man.
Oudergewoonte pass mense teen etenstyd uit op die komberse weens te veel te vinnig, met goeie dosis sonstrale daarby. Die bittereinders wat bly staan het was vol bravado, ruk moves uit, met inhibisies so ver soos ouma Griet in haar anglo-boereoorlog graf. En ek lag by myself, want ek dink, jissie, dit bly lekker om ’n dag te kom luister, kyk en waarneem. Die bells en whistles met special effects was nogal lekker, streamers, groen rook (this is not a drill) en konfettie – partytjie vibes.
Afrikaans word ondersteun in verskeie vorme, van zef tot min kommin en ek salueer die evolusie van Afrikaner wees. Sien julle weer volgende jaar.
Watkykjy staan op 3,085,536 post views in totaal sedert 1 November, 2019.