Angie oeh is gediagnoseer met stage 4 longkanker en het al die hulp nodig wat sy kan kry.

Angie oeh is gister (14 Augustus) gediagnoseer met stage 4 longkanker. Mens hoef nie verder uit te brei oor hoe fokken hectic hierdie is nie. Sy kort ‘n dringende operasie as ‘n eerste stap hom hierdie aaklige deel van haar lewe aan te pak voordat sy enigsins kan begin met die aanvanklike behandeling vir chemo. Nevermind die feit dat Angie aan die begin van haar loopbaan is nie, is sy skaars aan die begin van haar lewe. Sy is 24 jaar oud. En sy is bitterlik bang. In haar eie woorde gister op social media.
“Ek is diagnoseer met Stage 4 long kanker. Ek is bang; ek’s so fokken bang. Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my ‘n waterbottel aan te gee wat regs langs my staan. Ek’s net 24. Ek moet ‘n life changing operasie kry en ná dit 6 maande se chemo. Ek’t nie die emotional gemoed of die geld om dié te doen nie. As enige iemand my kan help met iets wat R200 000 + gaan kos, help my asb.”
Nou dis einltik maklik om R200k+ bymemaar te maak vir iemand wat dit nodig het. Pleinweg is dit maar 200 mense wat elk ‘n grand gee, maar enige bedrag, hoe gering, kan ‘n moerse groot verskil maak, so gee asseblief wat jy kan. Ons verstaan dat die ekonmie op sy fokken kniee is.
Haar management team het ‘n Backabuddy campaign opgestel om fondse in te samel en die goal te bereik:
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/angelique-greeff-5678422846318595004
Hierdie is nie haar eerstel battle met kanker nie. So paar jaar gelede moes sy ‘n operasie ondergaan om kanker uit haar rug te sny, so sy kan dit fight. Dit maak 100% glad nie saak wat jy van haar musiek of tattoos of waddefok ookal dink nie. Angie is ‘n awesome mens met ‘n groot hart. ‘n Paar weke gelede het ‘n vriend na my uitgereik en gevra of ek Angie kan vra om ‘n kennis van hom (wat ‘n groot fan van haar is) bietjie moed in te praat. Die betrokke persoon het met depressie gesukkel en was in ‘n donker gat. Angie het die mooiste voice note vir die wildvremde persoon opgeneem en dit het al die verskil gemaak. Meantime was sy self siek en besig om een van haar grootste battles te fight, maar sy het nie geskroom om vir iemand tyd te maak nie,
Weereens, gee asseblief wat jy kan, of share hierdie post so wyd as wat jy kan. Die urgency hiervan is bloor net fokken enorm.
#FokKanker
Watkykjy staan op 3,090,627 post views in totaal sedert 1 November, 2019.