Met elke PK wat Dricus Du Plessis op Whittaker geplant het, het daar geld in my bankrekening geklingel!

Ek het ‘n baie goeie tjommie, Ben. Ons ken mekaar nou vir meer as twee dekades lank en ons gel lekker. Probably omdat ons altwee soos matrose vloek, risky dinge in die lewe aanpkak, soms sonder parachutes en groot harte het vir die regte mense (jou hart hoef nie die hele tyd groot of oop te wees om ‘n goeie mens te wees nie – jy sal ‘n fokken hartaanval kry). Ben is ook so fokken mal soos ‘n versameling hase van verskeie plase, maar Ben is ‘n lekker bra met ‘n mooi en hegte gesin – sy vrou, twee laities en ‘n dogter. As jy by Oppikoppi uitgehang het tussen 1995 tot voor die operation skewe tril begin trek het hier by 2017 rond, het jy moontlik al met Ben kennis gemaak. Dit sou ‘n aangename ervaring gewees het of ‘n baie slegte ontmoeting as jy ‘n poes tipe mens is. Of destyds was. Ek kan probably ‘n hele boek en ‘n TV-reeks skryf oor daardie jare.
Die rede hoekom Ben by my opgeduik het is omdat die hele gesin so twee weke gelede hier by kom kuier het met ‘n “Get Well Soon” ballon en ‘n bottel brannas (side note- ek is plat op my rug in die bed na ‘n wilde spinal fusion operasie). Ben het hy my toe vanoggend laat treugdink aan verlede naweek se UFC fight in La Vegas tussen Dricus Du Plessis en Robert Whittaker. Ek moet eerder se dat sowel as sy oudste laitie wat onlangs 18 geword het, my aan die fight laat terugdink het.
As jy onlangs in die nabyheid van klein kindertjies was, hier by die ouderdom van so tussen 2 en 5 jaar oud rond (of die jirre help jou as jy met jou eie kids van daai oudrdomsgroep sit) sou jy dalk tot ‘n mate observeer dat hulle breine enorme sponse vir data is. Ek praat hier van duisende gigabytes se data wat konstant ingeneem en gestoor word. Belangrike kak. Useless kak. Alles. Jy sou skiem kleuters weet fokol, maar hulle sit eintlik met die die hele pak kaarte. Die kaarte wat hulle wel na jou kant toe uitskiet, is tantrums in die publiek, die aolmbekende woorde “nee” en “myne” asook whatever vloewoorde hulle ingeneem het gedurende die eerste 24 maande van hulle ontwikkeling. Dit danksy die company van jou en jou tjommies se conversations rondom die braaivleisvuur toe julle lekker gebraai, gesuip, poes gepraat het en gelag het oor alles en nog wat en mekaar se poepe aan die brand gesteek het.
Dan, as jy ‘n paar maande later by ‘n fancy kuier van soortvan kennisse is, of begrudgingly ‘n speelgroepie moet bywoon met serious kerkmammas… noem jou kind spookasem sommer skielik uit die bloute uit “poesasem” en jou hart gaan sit in jou hol, so links net bokant jou linkerklok.
Ben se laitie (en die die sussie en boetie wat na hom gevolg het, asook ‘n hele paar ander tjommies se kids) het 100% definitief heel eerste die woord “poes” (onder andere) by Ben gehoor en geleer.
Soos enige goeie pa het Ben damage control op standby gehad en wanneer ‘n hectic woord onverwags sou opduik, sou hy sy laitie tune: “Jy kan nie daai woord gebruik nie. Daai is ‘n pappa-woord.” En van ons ons gemeenskaplike vriende het op sy beurt nou weer sy tjokkers vermaan met: “Daai is Ben-woorde. Ons gebruik nie Ben-woorde as ons klein kindertjies is nie.”
Ek skat dit so 14 jaar terug by Oppikoppi toe die laitie twee gesuipte ouens mekaar sien vuistappels (dis ‘n nuwe woord wat sopas opgemaak het) voer het, iewers tussen die stof en die dorings op die feesterrein. Dit was maar ‘n kort fight. Ek skat die laitie moes detyds 3 of 4 jaar oud gewees het toe hy afhaak en vir Ben tune: “Jissis, het pappa gesien hoe hard daai oom die ander oom teen die oor ge-pappa-woord het?!”
Dit was onwilekeurig my eerste gedagte verlede week toe Dricus vir Whittaker begin blaai het: “Jissis, maar Stillknocks is nou besig om vir Whittaker hard en aanoudend te pappa-woord in daai kryt!” Whittaker was lus vir swieties en Stiknocks het ‘n hele sak saamgebring om vir hom te voer. Op ‘n stadium het Dricus vir Whittaker so hard in die middel van sy voorkop gekont dat dit in die slow-mo replay beter gelyk het as Dumbo se special effects. Ek het nie geweet mens se ore kan so groot lyk as iemand jou so hard bliksem nie!
My tweede gedagte toe die fight klaar is en Dricus as wenner aangewys was, was “O my fok! Met elke PK wat Dricus Du Plessis op Whittaker peplant het, het daar geld in my bankrekening gedrop!”.
Check, ek het verlede week geld neergesit waar my groot bek was en het julle uitgenooi om my te join, of om jou geld neer te sit waar jy van my verskil. So as jy na my geluister het, was jy ook nou so paar skille ryker. Ek het R500 neergesit op Dricus en ek het na die fight weg gestap met R1750, met ander woorde, ek het fokken R1250 gewen! Ek kon eintlik fokken baie meer zak gewen het, want wat ek instinktief wou doen, was om te bet dat Dricus in in die tweede rondte sou wen (soos hy het), maar windgat het sy perke en ek het gestick by die basics. #Regretsies.
Wat het ek met my winnings gemaak? Ek het die R500 wat ek by my kretietkaart geleen het, net so terugbetaal en my winnings dadelik in my huis se bond geduk waar dit effektief verdubbel het na R2500 in waarde! Dit maak nie saak wie eerste geslaan het nie, mens slaan altyd skuld eerste!
As jy wil leer hoe en waar om legally in SA online te bet op UFC ien MMA fights, check hierdie artikel uit. Daar is gedurig fights in die 12 verskillende gewigsklasse, so there is money to be made! Ek sal self ook bietjie verder gaan opswot en kyk watter fightertjie my volgende gaan help om my bond vinniger af te betaal. Dit gaan alles oor calculated risks. #HoopGeloofLiefde
Dricus se volgende groot fight gaan obviously teen Israel Adesanya wees vir dit titel en die tannie klink baie min ingedruk met Dricus as mens na die interview hieronder kyk wat sy so ongeskik onderbreek het. Sorry as jy offended voel dat ek Israel ‘n tannie noem, maar hy het in die doodsnikke van die oorwinning geskok langs die kryt gestaan en sy pearls ge-clutch soos ‘n proper ou wit tannie in Kaaptad. Actually laat hy my nou aan Helen Zille dink. Sy is ook ‘n pearl-clutcher en ek kan haar nie fokken verdra nie, so wanneer die tyd kom, gaan die tannie baie praat (Zille probably ook, op Twitter) en Stillknocks gaan haar (Israel, die ander tannie) in die hoek laat lallies in rondte 3.
RONDTE 3, pappie! En hierdie keer gaan ek baie meer zak waag op ons local boytjie wat super lus us om daai belt huis toe te bring!
Watkykjy staan op 3,092,677 post views in totaal sedert 1 November, 2019.