Kom ons sit ‘n bietjie zak op die UFC tafel neer: Robert Whittaker of Dricus du Plessis?
Ek het letterlik vandag eers uitgevind dat MMA en UFC dieselfde fokken ding is. Wel, in die sin van dat KFC en hoender dieselfde ding is. Check, MMA (Mixed Martial Arts) is die hoender – dit is die kontaksport self, wat uit allerhande disciplines opgemaak en sluit lekker moves in soos stoei, boks, roundhouse kicks, flying poesklappe, soutpille, pielewappers en dies meer waaroor jy maar self veder kan gaan oplees. UFC (Ultimate Fighting Championship) is soos KFC wat die hoender verkoop. Hulle is based in Las Vegs, Nevada en is by verre die grootste promotion company sover dit MMA aanbetref. Hulle host hierdie events regoor die wereld in 12 gewigklasse – 8 vir mans (moontlik omdat mans meer vol kak is) en 4 vir vrouens. Ons, die kykers, is die brasse wat daardie hoenders lekker dik voer deur na die fights te kyk en vir ons gunstelinge te cheer.
MMA is ‘n betreklik nuwe sport en is letterlik 1 jaar ouer as Suid-Afrika se demokrasie self, sowel as ons land se bekendste MMA-koning, Dricus “Stillknocks” du Plessis. Die bynaam “Stillknocks” is natuurlik by die slaappille “Stilnox” geleen, want Dricus help ouens met sy vuiste om lekker te lallies, of hulle nou met slaap gesukkel het of nie.
“Apneeeee!”
*PK*
*lallies*Dricus Du Plessis vat hierdie naweek vir Robert Whittaker aan vir ‘n treetjie nader aan die kans om die groot belt in die middelgewig klas te dra. UFC is ietwat anders as amper alle ander sportsoorte wanneer dit by rankings kom. Daar is geen vaste proses om te besluit watter twee ouens mekaar gaan piets vir die title fight nie. Daardie besluit berus uitsluitlik by Dana White, die eienaar van UFC, sonder dat hy voel hy enige verduidelikings daarvoor hoef te gee. ‘n geval van: “Pappa het mos nou klaar een keer gepraat!”. Israel Adesanya is tans die koning van die middelgewig klas sedert die 8ste April 2023 en as ek dinge nou reg verstaan sal either Du Plessis of Whittaker die kans kry om Whittaker aan te vat in ‘n shot vir die belt. Hierdie sal nou al Whittaker se geleentheid kans wees vir ‘n shot tot die titel, terwyl Du Plessis aan die ander kant al 5 sy laaste matches straight in ‘n ry gewen het!As mens na die sport betting sites gaan kyk, is die odds teen Dricus gestack, maar as ons die tape measure en die fight metertjie afstof, lyk hierdie twee ouens se stats nogal fokken baie naby aan mekaar (check die image heel onder), alhoewel Dricus Du Plessis die reach van ‘n volwasse kameelperdnek het wat fokken kak scary is as mens dit visualiseer! Ook, as Dricus net 2cm langer as Whittaker is, hoe kan sy reach amper 7cm langer as Whittaker s’n wees? My teorie is dat Dricus se skouers uithaak as hy PKs sweef of dat hy on ‘n stadium in sy lewe ‘n software developer was (hulle arms, uitgestrek na die kante toe is altyd breër as wat hulle lywe lank is). Meet enige developer so. Ek fokken belowe jou. Almal ape. Toe ek nog in IT gewerk het (fokken lank gelede) is my vrou gevra om lekker dik, branded winterbaadjies vir die maatskappy te source. Sy het sommer verskillende sizes na ons kantoor toe gebring sodat almal kon meet en aanpas en hulle sizes kon bestel. Ons almal in gebou nommer 10 was baie in ons noppies toe ons die fancy baadjies eventually ontvang het, net betyds vir winer, maar die hele fokken gebou 9 (waar die developers weg gesteek was), was huilerig omdat die baadjies se arms te kort was vir hulle. Nie een van daai nerds het in ‘n UFC fighter verander nie, so kan iemand asseblief dan vir my verduidelik hoe mens reach uitwerk?
Net so terloops: My en Dricus se stats is amper on par, behalwe vir die feit dat ek 1cm langer as hy is. Ons weeg ook presies dieselfde maar ek weet net nie wat my reach is nie, want ek was in my lewe nog nooit in ‘n fight gewees nie. Ek is wel al fokken baie ge-liberty van agter af wat nogal ‘n tos move van my “opponente” was en daar was natuurlik altyd karatesap betrokke. Sal ek vir Dricus kan aanvat? Dis ‘n obvious nee, maar die enigste logiese redes hoekom ek hom nie sou kon aandurf nie is omdat ek 19 jaar ouer as hy is en onlangs ‘n rugoperasie gehad het. Shit, dis nou ‘n jammerte, anders was ek in soos fokken gin! Fok, maybe is ek selfs 1cm korter na die operasie, dan sou ons stats nou mooi opgematch het. Dricus moet my net nie op my sy skop nie want hy al sy groottoon teen die titanuium skroef in my rug breek, maar meer terrifyingly sal so rug-shot vir seker my ticket hel toe punch. Fokken once. Ek wonder wat die duiwel se stats is…
Op wie sal jy jou geld sit? Whittaker of Du Plessis?
OK, patriotisme ter syde gestel en as jy regte zak moet sit op ‘n wenner, wie sou dit wees? Ek het dieselfde vraag op Facebook vir my tjommies gevra en het so paar uiteenlopene aantwoorde gekry:
- “Go Dricus, ons local boytjie!Daar is nogal veel tussen die ore. Glad nie die punch drunk dude nie.”
-
“Moeilike fight vir Dricus. Maar my hart le met hom net nie my geld nie!!”
- “Unfortunately Dricus gaan sy poes sien. Hate to say it!”
- “Ek dink dit moet die skouer-uithaak ding wees. Ek het nog nooit ‘n software developer ontmoet wat ‘n duik in ‘n Cokeblikkie kon slaan nie. Selfs met ‘n hamer.”
- “Hy kom vat Hatfield af. As hy nog lewendig is na Dropzone, is hy fine!
Dit het my fokol gehelp nie, toe besluit ek om ‘n local kenner in die kuns van vleisvoeter te nader – Paul Rothman. Sy antwoord:
Jong. Ek’t met Dricus geoefen, en ek doen Jits by sy ground coach (Niel Geyser)…
As Rob nie vir Dricus KO nie, kan ek nie sien hoe Dricus verloor nie.
Hys te kaksterk, en kakgoed op die grond.
Dricus se standup is actually nie so great nie, maar hyt moerse KO power.
Rob het ook nie regtig baie met KOs gewen nie.
Soooo…
Ek dink, Dricus gaan wen.
(Maar met fighting, veral vanaf daai gewig, en size ouens… anything can happen)
Ek hou net glad nie van die “anything can happen” gedeelte in sy boodskap nie, maar ek het nou besluit ek gaan R500 op Dricus sit. Kom ons noem dit sommer net ‘n honger en patriotiese gut feeling. Jy is natuurlik meer as welkom om van my te verskil of vir my te tune ek maak fokol uit van UFC of MMA nie, maar kom ons maak dit interesting en sit ‘n bietjie zak waar jou mond is. Hier is ‘n moerse lekker artikel wat verduidelik hoe legal online betting werk met hierdie tipe sport: The Thriving UFC Betting Scene in South Africa. Dit tune jou waarvoor om uit te kyk, asook hoe en op watter sites jy kan bet. Jy kan selfs op knock-outs en spesifieke rondtes geld sit vir die wenner of verloorder, maar ek het dinge vir myself eenvoudig gehou – as Dricus Du Plessis hierdie komede Sondag DV 9 Julie tussen 4am en 8am vir Whittaker op sy plek sit, op welke wyse, is ek R1750 ryker!
Die fight word op DStv op channel 210, Sondagoggend, 9 Julie tussen 4am en 8am uitgesaai. Nouma fokken piele, dan gesels ons volgende week oor waarop ek my winnings gaan spandeeer!
Watkykjy staan op 3,083,270 post views in totaal sedert 1 November, 2019.