Jean’s Hill – befokte nuwe local instrumental tunes!

Kom ons kry een ding uit die pad uit. Ek is ‘n ou vir lyrics. Hoe vetter en vuiler, hoe fokken beter. My goose Cindy het op ons troudag by die kerk ingestap op “Highway to Hell” van AC/DC, en dit het my sommer nog meer verlief gemaak. (Sy het op ons egskeidingdag uit die hof uit gestap op “I get money” van 50 Cent, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.)
Anyway, daar kom ook tye wanneer jy net in kief musiek sonder lirieke wil induik. Sommer net als vergeet en inspring en bietjie wegraak, soos wanneer jy as kind die eerste keer sonder ‘n Polyotter oor die Augrabies-waterval gegooi is deur jou Oom Werner.
Jean’s Hill van Kleinmond maak sulke musiek. Shit wat lekker is om te luister terwyl jy werk, of swot, of draf, of ‘n vet zaab aansteek en na jou plafon staar. Dis nou as jy ‘n plafon het (jou larney poes), anders kan jy net vir die sterre ook kyk terwyl hierdie musiek jou in dimensies insleep waarvan jy nog nie gehoor het nie.
Ek het eers gedink Jean’s Hill is nogal ‘n piele naam vir ‘n band, maar toe hoor ek dis vernoem na ‘n berg in Kleinmond. Fok, ek het gehoop die ou branch uit en maak ‘n nuwe factory shop in Midrand oop waar ek cheap jeans kan kry. Toe nou fokken nie.
Die album se naam is “The Kelp Diaries”. Gots, ek het eers gelees “The Kelp Dairies” en heavy nagmerries begin kry oor ek die wêreld moet red deur ‘n stuk bamboes te melk, en ek kry dit net nie reg nie want ek kan nie die bamboes se nipples kry nie, en almal is kwaad vir my.
O ja, dis actually net een ou wat die musiek maak. Fokken nerd wat agter sy laptop sit en al die shit compose in sagteware. Jirre, wat ‘n loser. Kan nie eers guitar speel nie.
Maar as jy verby dit kan kyk (of eerder luister), is die vibe fokken lekker. Hulle sê mos, if it sounds good, it is good. Daar’s alles van post-rock (“Caught in a Storm”, my favourite uit die vyf tunes) tot indie electro tot sulke cinematic soundtrack shit: Toe ek “Scatter” luister kon ek sweer Gandalf die towenaar probeer my raad gee oor Cindy, terwyl perde in die agtergrond galop en ‘n alien my ‘n troostende drukkie gee. (Ek het moontlik hard gezaab voor ek daai een geluister het).
Gaan luister die kak op Spotify of waar ook al jy stream, dis op YouTube ook. Ons embed dit sommer hier vir jou gemak, jou fokken luiaard.
Ek het die tunes nou al op ‘n paar van my playlists gesit. Selfs op my gym playlist, al speel ek dit nooit nie.
Ek wou nog iets hieroor sê, maar ek vergeet nou wat …
O ja.
Fok jou, Cindy!
Watkykjy staan op 2,932,456 post views in totaal sedert 1 November, 2019.