Valiant Swart se “Rondry, fliek en die buitelewe” loop soos stroop!

Lees gerus ook my interview met bra Valiant as jy dit nog nie gedoen het nie!
Reeds met 2015 se “Nagrit” het dit vir my gevoel of Valiant Swart ‘n nuwe rat gevind het en sy nuwe album trap daai VW Kombi pedaal nog verder plat. “Rondry, fliek en die Buitelewe” speel nou al daagliks in my huis sedert dit uit is. No jokes. Trouens, dis hoekom ek besluit het om die album te review, dis net so blerrie bedonnerd! Ek moes net iets sê en hopelik julle lui gatte inspireer om dit aan te sit.
Op hierdie album van tien kraakvars treffers kry jy omtrent ietsie van elke ding wat Valiant, Valiant maak. Daar’s beautiful karaktersketse, boeiende stories, bedonnerde kitaarwerk en ‘n oordosis pret. Ja, daar is ook hartseer en heimweë op liedjies soos “Rondloperhond” en die titelsnit, maar die trane word vinnig afgeskud met onstuimige nommers soos “Brandtrap Vastrap” en “Sak Sarel”. My voete jeuk sommer!
Check, jy het hier te doen met ‘n legende wat gemaklik genoeg in sy kunsvorm is om selfs met ander style te dabble en dit nog steeds na egte Valiant Swart nommers te laat klink. Hier is blues (“Ek en die Blues”), boogies (“Daar onder in die Rowerspelonk”), ballades (sien hierbo), bruisende-bloed rockers (sien hierbo) en selfs ‘n boeremusiek- (“Serpentyn Boogie”) en Afrika jive-styl (“Lied van die Langpad”) tune. Maar als netjies verpak in ‘n Valiant boks met ‘n knip in die oog en ‘n skewe stout-seuntjie smile.
Die liedjies kom tot hulle volle potensiaal te danke aan die gesoute musikante van die Valiant Swart Band (Schalk Joubert op bas, Jorik Pienaar op dromme en Illimar Neitz op lead guitars) en dan ‘n wêreldklas produksie onder leiding van Jürgen von Wechmar van Sunset Studios buite Stellenbosch. Dit klink fokken great!
Mens kan genuine hoor hoe daar moeite gedoen is sodat elke song sy (or haar!) eie karakter reveal. So hoor jy enige iets van viole, klavier, orrel, ‘n lap steel string guitar, mondfluitjie en nog ander lekker dinge ook behalwe vir die standaard kitaar-gedrewe aanslag. Keurige agtergrondsang op ‘n paar nommers en ‘n gaskunstenaar in die vorm van Danie Reënwolf op “Rock en Roll Engel” rond dinge perfek af. Dis ‘n droom om na te luister.
Uiteindelik het ek net twee issues met die album. Die ene is dat ek die album “Swerwersvuur” sou noem. Daai tune met sy haunting slide guitar en cowboy licks herinner sterk aan “Die Mystic Boer” en het daarom ‘n spesiale plekkie in my hart. Maar, herinner ek myself dan, daar is ‘n rede hoekom Valiant die kunstenaar is en ek nie. Hy fokken ken.
Die tweede rede, en dis ‘n bielie, is dat ek nooit hierdie pragalbum se classic Valiant tunes van een van die Oppikoppi stages sal hoor nie. Fok man, imagine “Sak Sarel” live op ‘n koue Bosveldaand terwyl jy louwarm bier oor jouself mors soos jy probeer dans in die stof. Die gedagte maak my sommer hartseer, maar dan gooi ek nog ‘n dubbel, draai die krane allie pad oop en sing hard en vals saam:
Kom ons maak ‘n pyp op die fire escape
Dis die beste medisyne my bru
Kom ons maak ‘n pyp op die fire escape
Daar’s my mellow Maandag in sy moer
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.