‘Rondry, fliek en die buitelewe’ – Wat Kyk Jy interview Valiant Swart oor sy nuwe album
Musieklegende Valiant Swart se splinternuwe album “Rondry, fliek en die buitelewe” het onlangs gedrop en dadelik my oor gevang en my hart bekoor. Hier is mos nou ‘n bloubloed Valiant album wat die are laat bruis en die voete laat jeuk, soos net hy kan.
Ek scheme toe ek moet die man ‘n paar vrae vra oor die album en hoe dinge bymekaar gekom het.
Yes bra! Ek is geïnteresseerd hoekom “Rondry, fliek en die buitelewe” spesifiek gekies is as titel vir die album?
Die album is grotendeels karakter-gedrewe, en al daai karakters het vryheidstrewes; die rondloperhond, die swerwer, die vrou van die titelsnit; selfs die dude wat vir twee aande in ‘n ry op ‘n brandtrap ‘vasgetrap’ word.
Die titelsnit is iets wat uit my kinderjare kom – ons het tydens skoolvakansies baie by my Ouma en Oupa gaan kuier op Beaufort-Wes. My ongetroude tannies – daai tyd nog jong girls, vandag almal ouma’s – het daai boekies met die fotoverhale gekoop, en ek het dit dan maar gelees, uit verveeld-geit. Agter in die boekies was die Hoekie Vir Eensames, waar mense met mekaar deur die pos kon korrespondeer (It was the Tinder of its time). Onder die persoonlike gegewens (gewig, haarkleur, ens ens, was daar ook ‘belangstellings. ‘Rondry, fliek en die buitelewe’ was soos ‘n standaard-mantra. Dit het my somehow bygebly deur die jare. Dit neem my terug na ‘n era van Datsuns en beach buggies en bellbottoms en snorre. En beehive-kapsels en Beechies.
Beechies! HAHA! Once. Dit lei my na die album se cover. Wie het dit gedoen en wat was die inspirasie, of wat is die storie agter dit?
Ek het so bietjie deur die lirieke geblaai om met die cover-konsep op te kom. Die titelsnit was die clincher, met die frase ‘luilekker strande in die son…’ – en vandaar af was dit ‘n maklike sprong na die ‘Kombi’s en kitare’ van die liedjie ‘Rock ‘n Roll Engel’. Ek wou so ‘n ‘old school vintage look’ he – cartoon-ish, maar nie ‘comic’ nie. Die designer was Dominique Dicks, ‘n ou tjommie op die Pretoria rock ‘n roll scene.
Was al hierdie liedjies uitgewerk en geskryf na “Nagrit” of is daar van hulle wat al ‘n rukkie rond dobber en nou eers gemanifesteer het?
Na die finansiële fiasko wat “Nagrit” was – my sogenaamde sponsor-media partner-mense het my op crunch time gedrop – was ek hopeloos te spooked om hoegenaamd eens te dink aan ooit weer ‘n album maak. Maar ek het nie ophou ‘doodle’ nie – ‘n versie hier, ‘n titel daar – en toe, so twee jaar terug, het ek stock geneem van waarmee ek sit, en toe ek weer sien, is ek op dreef, en, nou ja – hier is hy! Sewe jaar na die vorige een (Nagrit).
And a thing of beauty, for sure. Daar is een collab op die album. Hoe het dit gebeur? En hoe neem jy ‘n besluit om te collab?
Ek het so ‘n maand of twee, drie, voor ek studio toe is, by ‘n fees in Franschhoek gespeel. Die dudes van Spoegwolf het dit gereël en my genooi. Ek het waaayyy back op Danie se versoek ‘n gas-optrede op hul debuut-album gedoen. Ons het lekker ge-bond by die fees, en toe dink ek dit sal mos cool wees om hom te nooi vir ‘n guest spot. Dit het gewerk – sy vocal is beautiful.
Feite. Sê my, is daar enige kunstenaars, behalwe Sex Wax natuurlik, met jy wie jy brand om ‘n collab te doen?Ek wag maar dat Sex Wax my nooi… Daar is actually ‘n plannetjie wat ek het om saam met ‘n ander muso-china van my iets te probeer doen…
Lekker man. Ons kyk uit. Jy is nog altyd geseënd met ongelooflike lead guitarists as wingmen. Hoe de fok vind jy hulle?
Ja, dis amazing, is dit nie? Anton L’Amour, Albert Frost, Basson Laubscher, Illimar Neitz… en ‘n paar studio guests nou en dan. Met daai Riders From The Storm teater-shows van Mel Botes was ek bevoorreg om saam met fantastiese spelers te kon saamwerk – Piet Botha, Mauritz Lotz, Nathan Smith, Robin Auld… en natuurlik Mel self – ‘n virtuoos in eie reg.
100%. Jou skryfproses – kom die tune altyd eerste en dan kleur die woorde die storie in, of het jy soms stories wat wag vir die regte stuk musiek om verby te kom?
Meeste van die tyd daag die liriek eerste op. Soms is dit weer ‘n kitaar-riff; ander kere – alles op een slag! Dan moet jy konsentreer om die ding betyds vas te maak, anders hol hy weg.
Ja-nee fok, maak vas, my ou. Maak vas. Luister, skryf jy gewoonlik op akoesties of op elektries, of op beide?Meestal eers akoesties. Dis net meer prakties – met elektriese kitare is daar alewig drade wat in die pad kom, en pedals om oor te struikel.
Maak sin. Anders val jy om. Waar skryf jy die lekkerste? Het jy ‘n plek waar die tunes loop soos stroop as jy daar gaan sit en die muse oornooi?
Jip, ek het so ‘n plek. In al die huise waarin ek en my gesin al gewoon het, het ek ‘n aparte plek gehad waar ek werk. ‘n Lekker loft is my gunsteling – trouens, ek sit en skryf nou hierdie in my loft in Onrus. Hier is honderde boeke, duisende CD’s en sowat 2 000 LP’s om my happy te hou. En kitare, natuurlik; omtrent so ses workhorses, en ‘n swetterjoel novelty-instrumente. Onder andere sulke ‘weeskind’-pawn shop kitare. My gunsteling- enetjie heet ‘Slapriem’.
Slapriem? Nee, hier gaan ons vir seker moet stilstaan vir ‘n oomblik, klink na ‘n goeie storie. Ook, sal Trusty Rusty nie skuldig voel dat Slapriem so voorgetrek word in ‘n interview nie?
Ek het Slapriem eendag in ‘n pawn shop in Stellenbosch gesien; ‘n ou ‘no-name-brand’ klein-skaal ‘parlour guitar’. Die pragtigste ou dingetjie, vir R300. Ek het my vrou vertel van die kitaartjie, maar sy het, heeltemal tereg, gese ‘die hele huis is vol kitare, wat wil jy met nog een maak? Gaan jy hom ooit speel? Dis nou net weer vir stof opgaar.’ Ek het dit daar gelaat. ‘n Dag of wat later moes sy dorp toe gaan, en ek het gese ek kom sommer saam (met R300 in my sak). Sy het die bakkie bestuur, en toe ons by ‘n robot om die draai van die winkelsentrum staan en wag, het ek uitgespring en gese, ‘ek sien jou op die parking lot’. Ek het by die winkel ingedraf en die kitaar gekoop, en baie in my skik by die bakkie opgedaag. Toe seg sy, ‘Jy het my mos nou met ‘n slap riem gevang.’ And there it was – Slapriem! Hy word gereeld by die braaivuurtjie ontplooi, en hy was al betrokke by ‘n hele paar fotosessies, en die riff van ‘Serpentyn Boogie’ vanaf die nuwe album is op hom gekomponeer.
Trusty Rusty is lankal afgetree in ‘n trofeekas… ‘n relic uit the bad old days. Ek is bang as ek probeer om hom te resurrect raak dit ‘n projek en dan verloor hy al sy storied, battle scarred sjarme.
Nice. Next up, jou proses met die band – skryf jy al die songs klaar en bring dan die band in vir hulle input of hoe werk daai proses? En hoeveel vryheid kry band members om te contribute tot die songs se finale vorm?Jip – ek skryf alles eers klaar. Maar ek los ruim plek vir idees en improvisasies. Dis lekker om so ‘n tipe ‘escape hatch’ te hê – daar kom gereeld die aangenaamste verrassings uit.
Ek sal glo. Let’s talk arrangement for a sec – wie se keuse is goed soos viole, klavier en orrel op spesifieke tracks? Hoor jy die instrumente in jou kop of is dit idees wat in die studio opkom en bygevoeg word?
Ek het gewoonlik ‘n goeie idee van wat ek wil he, en dan kry ek iemand wat die ding kan bring – soms met aanbevelings van die ander muso’s. Ek het gewoonlik ‘n idee vir, seg maar, ‘n orrel-stuk, en dan kom daar gewoonlik voorstelle uit. Meer as gereeld vat dit net ‘n ‘nudge’ in ‘n rigting, en dan kry jy wat jy soek.
Kenmerkend van jou live shows is die amazing stories wat jy vertel tussen songs. Is daar ‘n spesifieke storie agter een van die songs wat jy met ons sal deel, of moet ons shows toe kom om te kom uitvind?
Hahahaha! Ja, kom na die show toe! Om eerlik te wees – dis nou nogal ‘n challenge om die nuwe tunes van stories te voorsien. Maar daai proses is total organies. Ek gaan sit nooit en dink stories uit nie. Dit gebeur geheel en al in die moment – en dan groei dit van daar af.
OK then, keep your secrets… Jy het nou al omtrent seker oral in die land opgetree. Waar was jy nog nie wat jy nog by wil uitkom? Jy hoef nie Vereeniging te sê nie.
Hahaha! Ek het al baie lekker gejol in Vereeniging! Wel… in hierdie stadium, om eerlik te wees, is dit vir my die heel lekkerste by my huis. Maar soos ek hier sit, knaag daai stemmetjie in my agterkop aan die wete dat ek eersdaags – trouens, oor sowat ‘n week – weer die pad moet vat Noorde toe. Ek het enkele dae gelede tuisgekom vanaf ‘n fees in Mosambiek.
Watter van hierdie album se tunes sal jy aanbeveel vir ‘n Vrydagaand, watter ene is meer ‘n Saterdagmiddag braai soundtrack en watter ene pair well met ‘n stille Sondagaand tuis?
Dis ‘n great vraag… laa’k sien… Hmm. Vrydagaand – Sak Sarel en Lied van die Langpad. Saterdagmiddag braai – Daar onder in die Rowerspelonk en Brandtrap Vastrap. Sondagaand – die res!
Dis ‘n fokken great antwoord. Ek fokken speel hom sommer weer deur, net vir die wis en die onwis. Once.
Watkykjy staan op 3,048,228 post views in totaal sedert 1 November, 2019.