‘Rondry, fliek en die buitelewe’ – Wat Kyk Jy interview Illimar Neitz van die Valiant Swart Band
Nie so vinnige nie, cowboy! Gaan lees eers gou my interview met die man, Valiant Swart homself, asook my review oor sy nuwe album.
Nes sy woorde, word Valiant Swart se albums altyd geken aan hulle ongelooflike kitaarwerk en sy nuwe album “Rondry, fliek en die buitelewe” is geen uitsondering nie. Ek het bietjie met Valiant se lead guitarist, Illimar Neitz gesels oor die album, die opname daarvan en natuurlik, die vloek van die kitaar.
Yes Illimar. Hoe lank jol jy nou al saam met Valiant en op watter albums verskyn jy?
Ek en Valiant speel al so vyf jaar saam. Selfs met Covid tussenin het ons nou al reggekry om so 100 live gigs al saam gespeel. Ons het ‘n lekker flow en kliek baie lekker saam as kitaarspelers. Ons uitkyk op musiek is ook baie soortgelyk wat dinge lekker laat vloei.
Hierdie is die eerste Valiant album waarop ek speel, en ek hoop dis die eerste van nog baie. Valiant het meeste van hierdie liedjies al vir ‘n geruime tyd, so ons het al van hulle live gespeel. Trots om hulle uiteindelik in die sakkie te kry.
Well done op ‘n beautiful produksie. Vir my leke oor klink die produksie rerig volrond en of daar baie moeite ingesit is om elke song op sy eie manier te laat manifesteer. Sou jy saamstem?
Baie baie dankie. Ons is ook supertrots op die produksie. Jy is doodreg, daar is baie erg moeite en attention to detail ingesit.
Ons was baie bevoorreg om saam met Jürgen von Wechmar by Sunset Studios net buite Stellenbosch op te neem. Ons het dit old school gedoen en vir 12 dae op die plaas gewoon en al ons tyd belê in die album, met geen afleidings nie. Elke dag van 9-5 record en dan die aand gebraai en geluister na die dag se werk sodat ons die volgende oggend iets spesifieks kan verbeter of dan verder werk aan die volgende liedjie.
Ek het menigte aande aan die slaap geraak met my headphones nog in my ore, met die songs wat oor en oor speel tot ek die oggend wakker word.
Klink luuks. Vertel my bietjie van die kitaar stukkies op “Lied van die Langpad”. Dit voel vir my of daar ‘n besliste Afrika vibe is tot dit. Hoe het dit bymekaar gekom?
“Lied van die Langpad” is een van daai magical dinge wat in ‘n studio gebeur waarmee ‘n mens net moet hardloop. Die Afrika tema was glad nie beplan nie. Dis een van die songs op die album wat ek en Valiant nog nooit voorheen live gespeel het nie en daar was ook geen demo recording nie. Valiant het wel die woorde, die guitar chords en ‘n idee vir die ritme gehad, maar dinge het vinnig verander.
Om vir jou ‘n idee te gee…
In die studio het Jorrie (die drummer) begin met bietjie van ‘n African drum groove. Ek en Schalk (bassist) het ingeval en daar gaan ons toe nou in daai rigting in. Ek het so paar African licks up my sleeve, te danke aan ‘n goeie vriend van my, Julian Bahula – ‘n groot gees in Afrika musiek wat in Malombo gespeel het in die 60s en nou in Engeland woon. Hy het by my studio in Pretoria opgeneem en ek het nogals baie by hom geleer van Afrika style en die ritmes en so aan.
As ‘n speler is dit fun om te speel maar dit kan nogal challenging raak want jy voel partykeer of jy van die groove gaan afdonner, so mens moet erg kophou!
Amazing. Hoe approach jy elke song se kitaarwerk?
Vir my is dit nogal ‘n ernstige storie wat om te kies wat by elke song gaan pas. Daar is nou nie juis ‘n reg of verkeerd nie, maar jy kry half ‘n voorgevoel as jy op die regte pad is en hopelik dieselfde as jy bietjie afwyk van wat die song eintlik moet doen.
First and foremost gaan dit oor die song, wat die liedjie sê. Dit gaan nie oor die flashiness van ‘n kitaar solo of spoed en sulke dinge nie. Dit gaan alles oor wat die liedjie komplimenteer. Elke liedjie vertel ‘n storie, amper soos ‘n scene in ‘n fliek. Elke guitar lick of hook of solo moet dit ondersteun, dit moet bydra en nie oorheers nie. Dit create ‘n mood en ‘n fantasiewêreld wat die luisteraars laat vergeet van daaglikse wêreld daarbuite vir ‘n paar minute.
Watse kitare het jy gebruik op die album? En het jy ‘n go-to vir Valiant shows of musiek spesifiek?
Ek is super bevoorreg om ‘n Rory Gallagher Fender Stratocaster Custom Shop 1961 model te hê, ‘n absolute beast van ‘n kitaar, wat ek gebruik vir recording en vir live. Definitief my go-to guitar, bloot oor dit ‘n moerse nice gebalanseerde instrument vir verskillende style is, hy’t nogals ‘n byt.
Ons het in die studio ‘n hele paar kitare uitprobeer maar na na die shootouts is die main kitare wat ek gebruik het die Rory Stratocaster en dan Jürgen se befokte Les Paul Gold Top (wat swart oorgespray is) met EMG pickups in.
Verder met akoestiese kitare het Danie van Spoegwolf vir ons sy Gibson akoestiese kitaar by die studio gelos en dan het ons ook Jürgen se acoustic sessnaar gebruik waarvan hy die hoë snare van ‘n 12-snaar kitaar opgesit het. So die kitaar kry dan hierdie weird tipe texture wat ons deploy het op ‘n song soos “Rock en Roll Engel”.
Nice. Wat is jou favourite Valiant tune om te jol, van die nuwe album af, maar ook jou all time classic Valiant tune?
Al die nuwe tunes is nog redelik vars maar ek sou sê sover (want dit verander ook maar die heel tyd) is “Rock en Roll Engel” ‘n moer lekker tune van die nuwe album om live te speel. Ek dink dis oor die chorus oopmaak en uplifting is en dan is dit ook ‘n iconic Valiant hook aan die begin.
En dan snaaks genoeg, completely opposite, ek is ‘n moerse fan van die title track “Rondry, fliek en die buitelewe”. Dis ‘n challenge om so song te live speel want dis moerse sensitief en tjoepstil. Mens moet regtig nogal konsentreer en ek like sulke challenges. As mens hom opfok, word elke liewe fout kliphard duidelik gehoor maar ek’s op vir die challenge en dis ‘n beautiful song.
Van die ouer catalogue songs om te speel is daar drie wat spesifiek uitstaan. “Gange van Babylon” is moer fun om te jam, dis nogals ‘n power tune, so ek is altyd ‘n fan om hom live te speel en dan is “Ware Liefde” moer fun en “Donker Pad” altyd ‘n jam.
Watse guitar trickery gebruik jy om die cowboy sounds af te pull op “Swerwersvuur”? Gebruik jy dieselfde tipe ding as jy “Mystic Boer” jol?
Die chord progression op die song plaas hom in die spaghetti western kategorie, so ek het maar daardie spesifieke bag of tricks uitgehaal in die studio. Die klank is maar meestal te danke weereens aan die Rory Gallagher Strat wat ek speel deur ‘n moerse lekker Fender Twin Reverb amp met ‘n ingeboude tremolo en ‘n lekker goeie dosis reverb.
Ek gebruik dieselfde tipe ding op “Mystic Boer”, miskien ‘n bietjie minder tremolo en miskien ‘n bietjie minder reverb want “Swerwersvuur” is ‘n stadiger song, maar jy’s reg hulle is half in dieselfde kategorie.
Terloops, daai slide guitar wat mens hoor is die befokte werk van Hugo Veldsman met die 10-string lap steel slide guitar. Dis daai befokte haunting lines.
En op daai effens onheilspellende noot, is dit die einde van die interview. Sit nou die album op en draai die krane OOP! Cheers.
Watkykjy staan op 3,056,124 post views in totaal sedert 1 November, 2019.