Drie groot akteurs wat hul pad na Hollywood oopgestoei het!
Suid-Afrika se bekende rofstoeiers is super dun gesaai. En die term “bekende” word ook maar halfhartig rondgegooi. Daar is werkli maar net ’n handjievol noemenswaardige name en uit hierdie karige aanbod was daar twee Danie’s (Brits en Voges) en dié brasse was halfbroers, twee Tornado’s (waarvan een van hulle een van die twee halbroer-Danies was wat die masker gedra het; Jan Wilkens en Jimmy Abbot wat eintlik maar meer bekend was vir sy vuiste en alkolisme en naturally ‘n vrouegeslanery. Uit hierdie groepie het slegs Danie Voges en Jimmy Abbot dit tot op die Suid-Afrikaanse silwerdoek gemaak: Voges in die rol van reus in ‘n baie crappy fliek, Prisoners of the Lost Universe, en Abbbot het aan die gatkant van Leon Schuster se grappies beland in Oh Schucks ….. It’s Schuster! Sorry, Jimmy, PK’s is nie acting nie! Hollywood was dus nie beskore vir hierdie niche snytjie van die rofstoeivermaaklikheidskoek nie.
Dis nou nie asof dit enigsins maklik is om as rofstoeier ‘ n volwaardige akteur se werk te steel in Hollywood nie. Terwyl stoeiers daaraan gewoond is om voor groot skares op te tree en ‘n sekere vlak van charisma te openbaar, verg toneelspel ietwat van ‘n ander stel van vaardighede. Akteurs moet emosie kan oordra en hulle rolle oortuigend kan vergestalt terwyl ‘n stoeier meestal blaas, vinger wys in die rigting van die gehoor of sy teenstander wat op die kryt se vloer lê en wriemel en dan met groot oë die gehoor op psyche voor hy sy “aartsvyand” met ‘n opvoustoel oor die kop kont. And… scene!
Hulk Hogan was een van Hollywood se grootste sterre sover dit stoei aanbetref maar sy verskeie pogings om in film ‘n deurbraak te maak het verdamp en hy het nooit desielfde vlak van sukses bereik soos in die wêreld van stoei nie. Ek dink my honde sou ‘n beter taak kon verrig het in Mr. Nanny en Thunder in Paradise. So ook het Steve Austin (wat natuurlik die naam gesteel het by Lee Majors se karakter in Man Van Staal/Six Billion Dollar Man) se akteursloopbaan ook nie regtig vlam gevat nie. Hy was darem in twee orraaiterige aksieflieks – The Expendables en The Condemned. O ja, en een of and sex tape het op ‘n stadium die voorblaaie gehaal, maarek wil daai kan nie eers met Steve Hofmeyr se ogies kyk nie.
Daar is darem drie rofstoeiers wat groot gegaan het in Tinseltown en nog steeds geld print…
John Cena het sy roftoeiloopbaan meer as 2 dekades gelede begin en het een van die groot gunstelinge geword, en het met al daardie WWE magic net so saam met hom by Hollywood se poorte ingeloop en hy is hartelik verwelkom. En weet jy wat? Hy is blerrie goed, blerrie snaaks en ook nie te hard op die oog nie, amarite, ladies? Lag jouself simplel vir hom in Daddy’s Home 2, The Fast & Furious 9, The Suicide Squad, en absolute mal superheroreeks, The Peacemaker..Jissis, kyk assefokkenblief hierdie reeks!
Dave Bautista het min of meer rondom dieselfde tyd as John Cena in die kryt geklim en ses jaar later stadig maar seker homself tussen die gtroot sterre ingewurm met klein rolle in films soos Relative Strangers, The Man with the Iron Fists en Riddick. Sy groot deurbraak het gekom met sy rol as Drax the Destroyer in Guardians of The Galaxy en hy het gevolglik een van die mees gesogte akteurs in Hollywood geword. Hy is veral bekend vir sy vermoë om diepte en nuanse na sy rolle in te bring. Bautista het openlik gepraat oor die uitdagings van die oorgang van kryt na kamera en het hard gewerk om sy toneelspel op te skerp. So is hy bekend vir sy werk in Robocop, Fatman, My Spy en die twee van die drie Escape Plan flieks. Baptista se tenk is nog lank nie leeg nie. Kyk, as jy eers deel is van die Marvel Multiverse, gaan nie eers The Rock homself jou kan stuit nie!
So gepraat van… jy het moontlik heel eerste aan Dwayne “The Rock” Johnson gedink toe jy artikel se opskrif gewaar het. Wel, hier is hy nou! Dis asof die Y2K-gogga al hierdie stoeiers gebyt het, want Johnson het toe ook self lekker op die dreef gekom as akteur in 2000. Die filmbase weet dat hulle met sakke vol geld by die bank gaan uitloop die oomblik wanneer hulle Dwayne vir ‘n rol geteken kry. Hy is goed ingewortel by die Fast and Furious franchise, asook dié van Jumanji en Moana. As jy nou mooi moet nadink, het jy hom beswaarlik ooit in ‘n swak rol gesien. Dink byvoorbeeld aan Hercules. Be Cool, Faster, Skyscraper, Central Intelligence, Walking Tall en Pain & Gain. Dan is dan natuurlik ook reekse soos Ballers en Young Rock, ‘n ongelooflike, opregte en plein prettige komedie wat ‘n lig skyn op ‘The Rock’ se grootwordjare. Toe sy naam nog Klippie Johnson was.
Om alles nou mooi netjies terug te trek na rofstoei toe,moet jy beslis nie Fighting with my Family mis nie – die ware verhaal van WWE-superster, Paige, wat in ‘n stoeifamilie grootgeword het met die enigste droom om eendag deel van WWE te word en in die proses ook vir Dwayne Johnson in lewende lywe ontmoet. .
Nou toe, hoop jy stoei lekker met jou liefievir die remote hierdie naweek! En dan stoei julle sommer weer om die bed en in die stort!
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.