Vier lekker reeks en 2 befokte movies om die laaste paar dae van herfs te geniet!
Winter is fokken coming! Loadshedding stage 8 is coming! Alles kom, behalwe ons wat nie kan kom nie, want daar is bitter min vir ons oor om oor happy te wees. Ek het vanoggend gekyk wart die rand/dollar was. Dit was R19.67. Toe gaan maak ek ‘n broodjie en toe ek terugkom was dit R19.72. Die jirre weet ons is gefok. Ek gaan maar myself maar net afsluit van wat buite in ons and aangaan hierdie naweek en die Monaco F1 kyk, asook hierdie lekker reekse en movies wat ek op my kyklys vir die naweek gesit het. Hopelik kan dit vir jou ook so bietjie happiness bring. Elke bietjie help…
Gaslit
‘n Moderne take op die politieke Watergate-skandaal van die 1970’s wat sentreer rondom onvertelde stories en so paar vergete karakters van destyds. Ook dan net asseblief ‘n reminder vir die lui poeste daarbuite om asseblief nie fokken “-gate” agter elke skandaal te sit nie. Ons het reeds 20 jaar gelede in ons broeke daaroor gekak, as jy dalk jou gebeue wil refresh. Vir Sean Penn se transformasie na John Mitchell, het ‘n span 11 prostetika in ‘n roetine ingewerk wat elke dag ongeveer 3½ uur geneem het om op sy lyf te fix. Daar was ook ‘n bodysuit om sy postuur te verander. Ten tyde van verfilming was Julia Roberts ‘n jaar jonger as haar karakter, Martha Mitchell van destyds tydens die Watergate-inbraak. Hierdie is ‘n lekker politieke limited reeks om deur te werk.
Rating: 7.3
Vanuit die peanut gallery:
I’m not a Roberts or Penn fan, but even so, there’s no denying that they were PHENOMENAL!!! This was a great series.
The Tourist
Wanneer ‘n dude in die Australian Outbakc wakker word en fokol kan onthou nie, moet hy die paar leidrade wat hy het, gebruik om sy identiteit te herontdek voordat sy verlede hom inhaal. Die reeks het ‘n swaar Fargo gevoel aan dit, so as jy Fargo gelike het, gaan hierdie vir ook nogal lekker wees. O ja, en die bra in die hoofrol is Jamie Dornan van Fifty Shades of Grey. Hy is 100 keer beter in hierdie reeks soos in daai kak movie. Ek lieg sommer – ek het nog nie Fifty Shades gekyk nie, so laat weet my gerus of ek poes praat. Die roman is in 1960 as Village of the Damned verfilm, met ‘n draaiboek wat redelik getrou aan die boek gebly het. ’n Vervolgverhaal, Children of the Damned, het kort daarna gevolg. Nou is ek sommer lus om daai classics sommer ook uit te grou.
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
“This show is phenomenal, we couldn’t stop watching, so easy to binge … Have to say that Jamie truly has broken away from his 50 Shades box, truthfully stellar performances from everyone involved, the writing is top notch 👍🔥’
Midwich, ‘n klein Engelse commuter town, is heelwat liberaal en aspirant, en die inwoners is oor die algemeen rykgatte – ‘n plek waar niks noemenswaardig ooit eintlik gebeur nie – tot eendag in die twilight hours op ‘n soel somersdag wanneer daar paniek uitbars in hierdie rustige dorpie. Mense pass sommer uit so op hulle voete terwyl hulle regop staan sonder enige waarskuwing, en sonderenige rede. En enigiemand wat die town probeer inkom, kom dieselfde lot oor. En niemand kan verstaan hoekom nie. Jissis, my vrou gaan bly wees oor hierdie vonds!
Rating: 6.6
Vanuit die peanut gallery:
Confess, Fletch
Hierdie is die eerste movie-voorstel vir die naweek. Nadat hy die hoofverdagte in verskeie moorde geword het, streef Fletch daarna om sy onskuld te bewys terwyl hy terselfdertyd na sy verloofde se gesteelde kunsversameling soek. Kink dit dalk vir jou bekend? Hierdie movike is gegrond op die boek deur Gregory McDonald, wat die tweede boek in die Fletch-reeks is. Fletch (1985) was ‘n fokken lekker comedie met Chevy Chase in die hoofrol en is op die eerste boek gegrond.
Rating: 6.5
Vanuit die peanut gallery:
“It’s good to see John Hamm and John Slattery working together again! They had such great chemistry on Mad Men.”
Agatha Christie: Crooked House
En hier is jou tweede movie vir die naweek! Crooked House is Agatha Christie se mees twisted tales en ook een van haar mees gunsteling romans wat sy ooit geskryf het. ‘n Spy-turned-speurder word deur sy voormalige minnaar gelok om haar oupa se moordenaar te vang voordat Scotland Yard al die donker familiegeheime ontbloot. Hierdie klink vir my soos 2 ure se vermaak sorted, so net na die F1, laat Sondagmiddag!
Rating: 6.3
Vanuit die peanut gallery:
This novel blew my brain the hell out of my head.
Three Pines
Hierdie nuwe crime en mystery reeks volg hoofinspekteur Armand Gamache terwyl hy sake onder die idilliese oppervlak van die Quebec-dorpie, Three Pines, ondersoek, Daar is ook lank begrawe geheime wat oopgevlek word en so paar spoke van sy eie verlede waarme hy moet deal. Three Pines is in Montreal en Quebec in Kanada verfilm. Jy kan dit aflei uit die kakbaie sneeu en die vele variëteite van dennebome wat beslis fokken baie as net drie is. Hierdie klink soos ‘n Kanadese Sherclock Homes. Add to cart!
Rating: 7.2
Vanuit die peanut gallery:
Delighted to see Alfred Molina in the leading role in this series. He has proven to be a fine actor with a broad range of talent and a deep emotional reach.
Wat kan ek nóg die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
The Calling S1 The Calling vertel oor ’n NYPD-speurder, Avraham Avraham (Jeff Wilbusch van Oslo en Unorthodox), wat deur sy geloofsbeginsels in sy soeke na die waarheid gelei word. As ’n roetine-saak egter skeefloop, begin Avraham sy eie menslikheid bevraagteken. Die reeks is gegrond op The Missing File, die eerste roman in die bekroonde skrywer Dror Mishani se reeks Avraham Avraham-boeke. Lees verder |
||
Cold Blood: The Murder Cases of Mike Bolhuis M-Net se nuwe driedelige dokumentêre reeks gee ’n aangrypende, agter-die-skerms-blik op Suid-Afrika se beroemdste privaatspeurder, Mike Bolhuis, se ondersoek na die wrede moord op ’n ma van drie. Die aanbieder en TV-skepper Rian van Heerden se vervaardigingsmaatskappy, Provoco (Sex in Afrikaans), lei hierdie vertelling. Dele van Botes se liggaam is in 2021 in die Vaalrivier gevind, enkele dae nadat sy as vermis aangemeld is. Maar twee jaar ná Yolandi se dood is haar moordenaars steeds nie gevind nie. Lees verder |
||
Queen Charlotte: A Bridgerton Story Die jonge koningin Charlotte se huwelik met koning George van Engeland ontketen ’n epiese liefdesverhaal wat uiteindelik reuse-verandering meebring in die nuwe Netflix-reeks, Queen Charlotte: A Bridgerton Story. Queen Charlotte dien as ’n prequel vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, Bridgerton. Dit werp dus lig op die menswees en geskiedenis van die Charlotte wat ons in Bridgerton leer ken het. Lees verder |
||
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. Recipes for Love and Murder is gegrond op die gelyknamige boek deur Sally Andrew. Die Ierse aktrise, Maria Doyle-Kennedy, vertolk die storie se hoofkarakter, Tannie Maria. Die boek is deur die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jeynes in ’n TV-draaiboek verwerk.Tannie Maria is ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. As een van Tannie Maria se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om die skuldige vas te trek. Sy span kragte saam met ’n rookie-joernalis, Jessie September (Kylie Fisher), om dié moord op te los. Lees verder |
|
|
Projek Dina S1-3 Terwyl die nuutste – en derde – seisoen van Projek Dina op kykNET op DStv uitgesaai word, is die eerste twee seisoene van dié misdaaddrama op Showmax beskikbaar om te stroom. Die eerste seisoen het oorhoofs om lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai. Ronel het in die tweede seisoen vir Dina opgespoor, maar met die aanvang van die derde seisoen, is dit gou duidelik dat sy baie trauma het om te verwerk. Lees verder |
||
Beef S1 Beef, ’n komedie-drama met Ali Wong en Steven Yeun in die hoofrolle, is sonder twyfel een van vanjaar se TV-kroonjuwele. Die reeks, bestaande uit tien episodes, draai om die nagevolge van ’n padwoedevoorval tussen twee vreemdelinge. Yeun vertolk Danny Cho, ’n sukkelende kontrakteur met ’n grootse chip op sy skouer, terwyl Wong haar voete in die skoene van ’n entrepreneur met ’n prentjiemooi lewe plaas. Ons kan maar net toekyk hoe ’n intense vete ná die voorval tussen die twee ontwikkel. Niks – geen verhouding of deel van hul lewens – is veilig van die tentakels van hul langdurige twis nie. Lees verder |
||
Rosie Molloy Gives Up Everything S1 Rosie Molloy (Sheridan Smith) is ’n verslaafde – bedoelende dan dat sy aan álles verslaaf is. Sigarette? Jip. Alkohol? Ja, dit ook. Adderall? Xanax? Koffie? Ja, ja en ja. En die lys gaan aan. Ná ’n vernederende voorval by haar broer, Joey, se troue, probeer sy egter om haar lewe op ’n nuwe, gesonder, koers te kry. Dit beteken natuurlik dat sy al haar vices moet opgee. Alles. Elke liewe een. Lees verder |
||
The White Lotus S1-2 The White Lotus se eerste seisoen het die meeste pryse by die 2022-Emmy’s opgeraap – tien beeldjies in totaal. Onder dié pryse was ook een vir Jennifer Coolidge as beste byspeler in die rol van Tanya. Tanya is dan ook die enigste karakter van die eerste seisoen wat ons in die tweede seisoen sien. Lees verder |
||
XO, Kitty S1 Kitty dit reg om haar pa te oortuig om haar toe te laat om na Korea te reis en vir ’n tyd by haar oorlede ma se alma mater skool te gaan. Heel onrealisties. Want dis mos heel toevallig dat haar langafstandkêreld ook by dié kosskool klas loop. Daar gekom, besef Kitty egter blitsig dat verhoudings nie so eenvoudig is soos wat sy gedink het nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,056,589 post views in totaal sedert 1 November, 2019.