Van die Cape Flats tot ‘n galaxy far, far away – twee Suid-Afrikaners maak ‘n befokte Star Wars kortfilm
Ek dink animation het ‘n moerse groot deel gevorm van enige iemand se kinderlewe wat na 1976 in gebore is – die jaar toe TV begin uitsaai het in Suid-Afrika. Baie van ons se eerste kennismaking met cartoons was probs die Wielie Walie intro met die ape wat van die balie afkont. Jy kan nou maar terugdink aan die honderde animated shows wat jyself oor die jare gekyk het en wat ‘n impak dit op jou lewe gehad het. Veral as jy met heimwee daarna terugdink of na daardie dae verlang. As snotkoppie het hierdie cartoons heel moontlik as inspirasie gedien vir jou eie expressive kreatiwitwit en jou “kuns”. Ons almal het prentjies geteken, geverf en ‘n inkleurboek of ses bygekom, die verkeerde kleure gebruik en buite die lyne ingekleur. Ek meen, jirre, Mickey Mouse se gesig is vir ‘n fok nie pers nie en die Turtles was groen, nie spuitkakbruin nie. Sommige kinders het nou weer al die gom en Crayola gevreet en so bietjie met instruksies en basiese begrippies gesukkel. Laerskool juffrouens se tiete was permanent lam as gevolg van hierdie kindertjies. Die meerderheid kids het darem hulle kak oorkom en ontgroei en het ontwikkel tot volledige funksionerede volwassenes en upstanding citizens wat iets vir die samelewing beteken. Die res het nou weer net daar vasgeteek en is vandag Elon Musk, Trump en joe Rogan fan boys met hule stunted emosionele kwosiënt.
Dan is daar however, ‘n super klein persentasie kids wat eventually hulle tekenkuns next level gevat het en suksesvolle animators geword – iets waarop ek dik jaloers is. Fok, ek sou dit gelove het om vir Disney te werk! Elite vibes. Twee Kapenaars het daardie droom vir hulself verwesenlik – ‘n Cape Flats girl en ‘n Bergvliet boytjie het Aau’s Song co-direct – die finale kortfilm in die tweede Star Wars volume, Star Wars: Visions Anthology, wat nou op Disney+ stream. Nadia Darries en Daniel Clarke, julle is fokken legends! Hulle represent nie net ons land nie, maar ook die hele Afriika!
Hierdie Lucasfilm-anthology waaraan hulle gewerk het, celebrate Star Wars deur die lens van sommige van die wêreld se beste animation studios, soos Aardman Animation, Cartoon Saloon, Studio LaCachette, Studio Mir en Afrika se pioneers in hierdie veld, Triggerfish, wat Aau’s Song vervaardig het.
Aau’s Song volg die storie van ‘n meisie wie se roeping is, om te sing. Haar liefdevolle, dog streng pa maak haar groot en sy moet heeltyd stilbly, want haar stem het ‘n rampspoedige uitwerking op die kyber kristalle in die nabygelee myne. Kyber is die bron van enerige wat light sabers power in die Star Wars universe. Hierdie finale episode word as die beste een in die reeks geag deur ‘n klompie industrie kritici.
Aau’s Song was ‘n tipe blinde date vir hierdie twee first-time directors, wat saam by Triggerfish werksaam was op Stick Man, maar in verskillende departemente. Nadia kom vanaf ‘n performance animation agtergrond – ‘n proses waar ‘n mens live motion tracking en motion capture doen op ‘n akteur op puppeteer en sodoende ‘n virtual karakter skep. Jy mag dalk die karakter Dub onthou vqan SABC2 se Tube-programming (basies K-TV se mededinger, back in the day). Nou gaan ek jou met lekker interessante feite gooi – Dub was Suid-Afrika se heel eerste live motion capture karkter en dit was nogal ‘n big deal vir ons land, al het niemand dit besef of ‘n ophef daarvan gemaak nie. Die akteur in die Dub mo-cap suit was Brian Webber (en hy word hierdie jaar 53!). Hy het die movie Liefling ook direct 13 jaar gelede. Ek vermoed hy bevind homself deesdae in Kanada. Een van my goeie tjommies, Kendall Reid, was verantwoordelik vir die animation. Hy is ook die bra wat die oorspronklike lasers ge-animate het wt deur ie lense skiet vir Carte Blanche se eerste fancy intro. Hy bly deesdae in Hollwyood waar hy super next level dinge doen saam met sy vrou (wat ‘n Emmy agter haar naam het) en ek wil fokken graag by hulle gaan speel. Ek moet net my ma vra,.. En die vefoklike dollar…
Terug by Nadia en Daniel…
Nadia reken: “We both grew up within five kilometres of Triggerfish but we actually didn’t really know each other before this. We hadn’t spoken and we were a little intimidated by each other. We came from different cultural backgrounds but funnily enough when we spoke we wanted to tell the same story. The relationships between the characters are all based on our personal experiences: Daniel and his grandfather; me and my father, and my relationship with singing, Even the Jedi in the film is inspired by my cousin, who is a sangoma.”
Nadia het grootgeword in ‘n moerse konserwatiewe Muslim-gemeenskap waar die mans leiding geneem het wanner daar gesing moes word in hulle gatherings vir hulle geloof: “The voice is just so powerful. When I sing, it is my biggest self-healing practice and it reveals so much to me. Something a lot of our cultures in South Africa share is the use of singing and chanting to connect with each other, the land, and spirit. So using the voice as a way to engage with the Force was a natural choice for us as South Africans.”
Daniel aan die ander kant, was meer van ‘n karakter en production designer in die animasie-industrie: “We feel very grateful and lucky that our vision aligned so neatly, so quickly. We really discovered the characters through discovering each other. There’s something very Star Wars-y about people from different backgrounds coming together with a shared vision and purpose, and forging lifelong relationships by going on an adventure together.”
Hy stem ook saam met Nadia: “The idea of a poisoned or hurt land that young people could heal with their voices felt very significant to us as South Africans.”
Vir beide Nadia en Dan was dit belangrik dat Aau se pa nie ‘n villain moes wees nie. Sy het die episode se einde ook helend ervaar. Nadia reken: “My relationship with my daddy was warm, but ultimately, I was always living in my father’s world. As a parent, you’re supposed to set the rules, and create a safe box for your child to live in. But sometimes your child is just a different shape to your shape. I didn’t get that ending. So it’s cathartic for me. I get to watch it and have that moment that I didn’t have.”
Die karakters se kenmerkende viltteksture is geïnspireer deur Ndebele-poppe, een van ‘n aantal nice Suid-Afrikaans-geïnspireerde touches. “We wanted to evoke the feeling of playing with a toy,” sê Daniel. “Felt is a very nostalgic childhood texture for us; it makes you want to reach in and touch it. We also used human voices in the sound design, in the same way that when you’re a kid and playing with toys, you make the sounds with your mouth.“
Aau se stem word behartig deur die kinderakteur Mpilo Jantjie, met Dineo du Toit wat op song duty is. Luister ook uit vir die tweemalige Oscar-benoemde Cynthia Erivo as Kratu teenoor die SAFTA-wenner Tumisho Masha en Blood Psalms en die Flatland-ster Faith Baloyi. Die film score is deur die Suid-Afrikaanse electronic music legend, Markus Wormstorm gedoen, tesame met die Kaapstadse Jeugkoor en Nadia se eie stem ook. Jy mag dalk Wormstorm se naam onthou uit Die Antwoord se lyrics vir die tune Jou Ma se Poes in a Fish Paste Jar waar Ninja tune: “Markus Wormstorm is short and fat”. Surrprise, motherfucker – Wormstorm is super suksesvol en julle (Ninja en Yo-Landi) het onlangs julle R26m Higgovale-mansion in Kaapstad wat julle in 2018 gekoop het, verlede jaar Augustus vir R14.5m verkoop. Alles orraait daarso by die huis, dress-up Jesus? Can you wiskunde?
Aaaaaanyway… Nadia en Daniel het dik tjomme geraak deur die hele co-directing proses: “Taking our personal experiences into the Star Wars universe was priceless, and a lot of fun and we both came out of it with a friend for life.”
Sit hierdie reeks sommer dadelik op jou kyklysie.
Kyk boe absoluut befok lyk Star Wars: Visions Volume 2!
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,083,279 post views in totaal sedert 1 November, 2019.