Siya Kolisi, Dinge van ‘n Kind en Imibuzo. Top local vermaak vir jou komende week!

Elke nou en dan voel ek so ietwat versadig van alles wat op Hollywood se skinkboard is. Dit gebeur eerlikwaar nie so gereeld nie, want ek het eintlik fokken baie hobbies en ander projekte wat my amper die hele tyd besig hou. Maar wanneer dit wel gebeur, gaan krap ek bietjie rond in die local pile en elke keer ontdek ek ‘n hele paar juweeltjies.
Ek en die goose is tans besig om die kak uit Yellowstone te kyk voor DStv al 5 seasons van CatchUp verwyder net voor die einde van Junie, maar jirre, ek kort ‘n break van al daai hectic drama, intriges, backstabbing en violence. Ons het al begin tel hoeveel mense in elke episode vermoor word. Toe skiem ek “Fok, daar is ook nie F1 hierdie naweek nie. Kom ons kyk wat in die local-is-lekker laai is.” Ek het op genoeg stuff afgekom om my sporadies besig te hou vir die naweek en komende week.
Daar is eintlik fokken baie local reekse en movies om van die kies, maar hier is my selection wat jy ook miskien sal geniet:
Rise: The Syia Kolisi Story
Hierdie is ‘n doccie waarop ‘n hele nasie trots kan wees. Jy kan dit solank nou al kyk en in June, maak Rise: The Siya Kolisi Story sy internasionale premier by een van die wêreld se grootste film festivals, Tribeca.
Die dokumentêr van 92 minute openbaar aan ons ’n ander kant van die Springbokke se eerste swart kaptein, wat Suid-Afrika na ’n oorwinning by die 2019 Rugbywêreldbeker gelei het. Benewens die dokumentering van sy onwaarskynlike deurbraak na rugbyroem is daar ook ‘n meer intieme sy waar Kolisi bietjie oopmaak en reguit praat oor sy stryd met alkoholisme (Huh? I was today old!) en sy verhouding met sy vrou Rachel.
Die doccie is vir SuperSport vervaardig deur Orange Films en Star Films. Die director is “Tebza” Malope, wat goud gewen het by Cannes Lions. Hy het ook met ‘ Grand Prix by die Loerie Awards weg gestap. Die sountrack is behartig deur Mandisi Dyantis en Haezer wat ook die editor was. Side nite – Haezer maak fokken piele miusiek. Gaan soek hom bietjie op.
Jou hoef nie eers van rugby te hou of te weet om iets vir jouself te vat uit hierdie doccie nie. Rise is universeel in sy temas van oorwinning, gemeenskap, passie en vergifnis. Eintlik moet elke liewe fokken Suid-Afrikaner hierdie te siene kry.
Imibuzo (season 1)
Imibuzo is ‘n true crime documentary wat so paar vrae gaan beantwoord oor van Suid-Afrika se grootste nuusgebeurtenisse oor die laaste dekade. Die woord “imibuzo” beteken “ondervraging” en besoek gebeurtenisse soos die moorde op Flabba van Skwatta Kamp; Tshegofatso Pule, Phumeza Pepeta, Karabo Mokoena en Tshepang Pitse en die aktivis Lindokuhle Cele, asook die kinders van Sibusiso Mpungose en daai hectic Tavern massacre. Ander episodes ondersoek ook die televangelist Tim Omotoso, wat tans verhoorafwagtend is op 97 aanklagte van verkragting, racketeering en human trafficking. Dan is daar ook die geval van Sibongile Mali wat op ‘n fokken spending spree gegaan het nadat die staat deur die kak was en verkeerdelik R14m in haar bankrekening inbetaal het.
Verwag top kwaliteit produksie, aangesien Imibuzo vervaardig word deur POP24 (deel vandie Media 24 groep) wat verantwoordelik was vir reekse soos This Body Works For Me, en Huisgenoot: Ware Lewensdramas, waarvan daar fokken baie seasons van is om te kyk.
Dinge van ‘n Kind (season 1)
Ek het nooit Marita Van de Vyver se boek gelees waarop die reeks gebaseer is nie, maar ek het wel die one-woman play gaan kyk waar ek heeltemal stomgeslaan was deur Cintaine Schutte wat die rol van Mart vertolk het. Imagine om ‘n hele fokken 90-minute play se woorde uit jou kop te ken en dit flawlessly en boeiend oor te dra? Die reeks speel af teen die agtergrond van Suid-Afrika se turbulent politieke 1970s en volg die coming of age storie van drie verskeie weergawes van ‘n ontnugterde Mart in die 70s, die 90s en die hede. !970 se Mart word gespeel deur Melissa Myburgh (Kompleks), En Cintaine (Fynskrif) wat in die verhoogstuk sommer al drie Marts gespeel het, het die rol gekry van 1990 se Mart. Suzanna Beyers (ook te sien in Fynskrif) vertolk die rol van Mart in die hede. Kyk gerus uit vir ‘n kind met groot talent wat jy hopelik nog lank in die die bedryf sal raakloop – Mienkie Ehlers wat die rol vertolk van Mart se rebelse bestie, Dalena.
Die reeks is vervaardig deur Nagvlug Films wat gesorg het vir uithaalreekse soos Donkerbos en Nêrens, Noord-Kaap. Die reeks is verfilm in Kaapstad, Hoedsptuit en die Pretoria Dieretuin.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 2,932,452 post views in totaal sedert 1 November, 2019.