Geduld is ’n Virtue, veral as jy R250k wen vir charity en jou broadcast word opgefok!

As daar nou een program is met meer lewens as ’n waaghalsige kat, dan is dit Getroud Met Rugby (GMR). Dit het in die laat 2000’s begin as ’n dramareeks en het uiteindelikin 2022 tot ’n einde gekom as ’n baie suksesvolle en gewilde sepie. Intussen was daar ook ’n vollengte fliek (Getroud met Rugby – Die Onvertelde Storie) in 2011 en nou kan kykers wat gedink hulle het die laaste van die lief en leed van mense met die ovaalbal gesien, vir ’n lekker bederfie nader skuif. Rugby is is mos fokken groot!
Van die gewildste karakters van die sepie maak hul terugkeer minder as ’n jaar nadat die credits op die screen gerol het vir dielaaste episode. En hulle is terug met ’n crazy komedie vol kak en hare wat ’n mens nie noodwendig met die wêreld van gespierde rugbyreuse en sexy pompom-gooste sou vereenselwig nie – Geduld is ‘n Virtue.
As jy nog nooit enige episode of movie ge-notch het uit die Geduld-franchise nie, hoef jy glad nie te worry nie. Jy kan hierdie movie kyk sonder dat jy enige van die karakters, intiges of storielyne uit vorige aanbiedings ken nie. Hierso is ‘n vinnige rundown van wat aangaan: Gelduld is ’n Virtue vertel die storie van Buks (Adriaan Marais; Bloedbroers) en Nesie (Melissa Massyn; Agent 2000: Die Laksnman) wat hul kroeg, Buksies, in Nesie (oftewel Euvonique, soos haar ma haar gedoop het) se geboortedorp, Geduld aan die verre Oos-Rand, gaan oopmaak. Buks en Nesie keer terug ná hul vakansie en vind uit dat dit nie die beste idee was om Nesie se ma, Nytjie (Monique Nortjé; Liefling: Die Movie), en meer spesifiek haar pa, Ghries (Melt Sieberhagen; Dina Dagbreek) in beheer van sake te los nie. They just fucked shit up. Dan is daar ook ‘n super jagse ouma Nonnie in die mix (Hélène Truter; Huis Lelieveld) in, en dan raak dinge warm en complicated.
Daar’s ’n hele wêreld vol pyn wat wag in die vorm van Swannie Swanepoel, sy dogter en haar twee lummel laities (gespeel deur Rouel Beukes; Sew The Winter to My Skin, Wynand van Vollenstee; Platteland en Luan Jacobs; Somer Son). Dis maar net die begin van voor al die kak spat.
Die regie is deur Kaz McFadden behartig en die draaiboek is deur Monique Nortjé (wat ook ’n skrywer op die sepie self was). Jy moet onthou dat hierdie ‘n kykNET storiefilm is en dat die movies on der hierdie sambreel altyd geskiet word op super low budgets en gewoonlik op een location geskiet word om kostes te bespaar. O ja, kyk of lusiter ook uit vir ons tjommie, Worsie Van Wyk se metal tunes wat in die movie gebruik is. Dis nogal piele!
As jy hierdie tipe Afrikanse movies like, kyk sommer ook Dina Dagbreek (ook met Melt Sieberhagen in die rolverdeling).
So gepraat van Melt. Die bra is hierdie week in die nuus nadat hy ‘n kwartmiljoenrand vir liefdadigheid gewen het op die nuutste episode van die gewilde gameshow, Wie Word ‘n Miljoener. Die geskeduleerde broadcast was egter ‘n enorme fokop want kykNET het sommer vir een of ander rede slegs die laaste sowat 10 minute uitgesaai. Waht the fuck, dudes? Al die wat mense wat spesiaal vir die episode ingeskakel het, gesien het, was die laaste twee fokken vrae en hoe Melt die R250k gewen het namens Gift of the Givers. Jirre dis fokken blaait! Dis nie asof hy uitgeval het op ‘n kadom R100 vraag nie. Dis die meeste wat ‘n bekende persoon nog ooit vir charoty gewen het op hierdie prograam en dan staan en kak kykNET ‘n poefkoek vir Gift of the Givers en Melt. En dit nogal ‘n week voor die man verjaar. Mens sou sweer dat dieselfde nool wat ESKOM se loadshedding skedules opfok, moonlight by kykNET. Fok man.
Anyway, geniet jou naweek. Winter is coming en loadshedding gaan ons harder naai as ooit tevore! Hoe is jou Geduld, my bra?
Wat kan ek nóg die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Dinge van ’n Kind S1 Marita van der Vyver se boek Die Dinge van ’n Kind het verlede jaar op kykNET as ’n TV-reeks gestalte geneem. Die reeks van tien episodes is ná ’n lang wag nou op Showmax beskikbaar om te stroom. Die reeks vertel, soos die boek, van Mart Vermaak se gedaantewisseling van kind tot vrou. In die roman het lesers vir Mart as tiener, sowel as ’n volwasse vrou in haar dertigs as ’n expat in Londen, leer ken. In die TV-reeks ontmoet kykers egter ook ’n heelwat ouer Mart wat haar weer in Suid-Afrika gevestig het. Terwyl die boek in twee tydvakke afspeel – teen die politiese agtergrond van die ontstuimige 1970’s en die vroeë 1990’s – is daar vir die TV-weergawe ’n deel bygewerk wat in die hede afspeel. Daar is dus drie aktrises wat die rol van Mart deur die jare speel. In die rol van jong Mart is Melissa Myburgh. Cintaine Schutte is Mart in die 1990’s en Susanne Beyers speel die hedendaagse Mart. Lees verder |
![]() |
|
Angela Black S1 Angela Black is nie aldag maklike kykstof nie. Inteendeel: die temas van huishoudelike en geslaggebaseerde geweld word vroeg in dié sesdelige reeks se boublokke vasgelê. Downton Abbey se Joanne Froggatt vertolk einste Angela Black, ’n ma van twee wat nie uit die hel van haar huwelik met ’n gewelddadige man kan ontsnap nie. Maar dan word sy deur ’n man genader wat haar man se siekste geheime aan haar blootlê. Haar hele wêreld word dan op sy kop gedraai. Lees verder |
![]() |
|
Queen Charlotte: A Bridgerton Story Die jonge koningin Charlotte se huwelik met koning George van Engeland ontketen ’n epiese liefdesverhaal wat uiteindelik reuse-verandering meebring in die nuwe Netflix-reeks, Queen Charlotte: A Bridgerton Story. Queen Charlotte dien as ’n prequel vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, Bridgerton. Dit werp dus lig op die menswees en geskiedenis van die Charlotte wat ons in Bridgerton leer ken het. Lees verder |
![]() |
|
Projek Dina S1-3 Terwyl die nuutste – en derde – seisoen van Projek Dina op kykNET op DStv uitgesaai word, is die eerste twee seisoene van dié misdaaddrama op Showmax beskikbaar om te stroom. Die eerste seisoen het oorhoofs om lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai. Ronel het in die tweede seisoen vir Dina opgespoor, maar met die aanvang van die derde seisoen, is dit gou duidelik dat sy baie trauma het om te verwerk. Lees verder |
![]()
|
|
Op reis met my beste vriend S1 Neels van Jaarsveld se miniatuur-spikkelworshond, Lulu, is amper net so bekend soos hy. In die nuwe kykNET-reeks, Op reis met my beste vriend, gaan Neels, Lulu en kykers vir ander bekendes en hul troeteldiere ontmoet. Saam gaan hulle alles doen – van hondevriendelike roomys tot met dieresieners praat. Van die bekendes wat in Op reis met my beste vriend te sien is, is die sangeres Leah en haar twee Jack Russells, Miggie en Lila; die akteur Theodore Jantjies en sy boerboel, Duke; die sangeres Reandi Grey en haar goue apporteerhonde, Benji en Nina; en Francois Jacobs en Nykie Pretorius en hul Staffordshire-terriërs. Lees verder |
![]() |
|
Beef S1 Beef, ’n komedie-drama met Ali Wong en Steven Yeun in die hoofrolle, is sonder twyfel een van vanjaar se TV-kroonjuwele. Die reeks, bestaande uit tien episodes, draai om die nagevolge van ’n padwoedevoorval tussen twee vreemdelinge. Yeun vertolk Danny Cho, ’n sukkelende kontrakteur met ’n grootse chip op sy skouer, terwyl Wong haar voete in die skoene van ’n entrepreneur met ’n prentjiemooi lewe plaas. Ons kan maar net toekyk hoe ’n intense vete ná die voorval tussen die twee ontwikkel. Niks – geen verhouding of deel van hul lewens – is veilig van die tentakels van hul langdurige twis nie. Lees verder |
![]() |
|
The Midwich Cuckoos S1 The Midwich Cuckoos is ’n hedendaagse herverbeelding van John Wyndham se gelyknamige klassieke wetenskapfiksieboek. Wyndham se storie is reeds bekend aan gruwelliefhebbers as die fliek Village of the Damned (1960). In 1995 is dié fliek dan ook herverwerk deur die sogenaamde meester van die gruwelgenre, die regisseur John Carpenter. Dié iterasie van Wyndham se verhaal is egter die eerste keer wat dit in ’n langer reeksformaat herverbeel is. Die storie speel af in die stil Engelse dorpie van Midwich. Niks veel gebeur hier nie – tot een somersaand as ’n raaiselagtige verduistering oor die dorp toesak en Midwich se vroue skielik – en onverklaarbaar – swanger laat. Lees verder |
![]() |
|
The White Lotus S1-2 The White Lotus se eerste seisoen het die meeste pryse by die 2022-Emmy’s opgeraap – tien beeldjies in totaal. Onder dié pryse was ook een vir Jennifer Coolidge as beste byspeler in die rol van Tanya. Tanya is dan ook die enigste karakter van die eerste seisoen wat ons in die tweede seisoen sien. Lees verder |
![]() |
|
Shadow and Bone S1-2 In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 2,932,447 post views in totaal sedert 1 November, 2019.