Angie Oeh gaan groot in die Moot met nuwe musiekvideo!
Het jy tyd virre vinnige stukkie Moot-kuns van net so oor die drie minute lank? Check dan gou Angie Oeh se splinternuwe musiekvideo uit vir haar nuwe tune, Te Sexy terwyl jy jou tweede koffie by die werk sluk en maak asof jy werk. Dis sommer so lekker stadige en lustige broeknaai tune. Of as jy nie wil broeknaai nie, kan jy lekker stadig dans met die minste inspanning. Skuif ‘n voet of twee, maar moenie sweet nie. Te Sexy vat jou deur ‘n toer van die Moot in pastelkleure. Angie maak ‘n draai by al die landmarks en plekke in die Moot wat die meeste inwoners of besoekers van die nuwe zef kunshartjie van Pretoria so goed ken en love. Van die Kraaines Snuffelwinkel (fokken lekker pawn shop), Ruby’s Doggy Parlour, Potties Pawn Brokers, 69 Adult Shop (waar jy mamma se oversized rubberr zaber gekoop het), Belgravia, Casbah Roadhouse (die hangover apteek van die Moot) en natuurlik Teazers waar menigte knape al rande uitgeruk het vir ‘n broekdaans met ‘n strippertjie (myne as altyd verniet want my tjommie het daar gewerk) of sommer net lekker saam hande te klap wanneer die girls die gulpvrugpolka om die paal gooi. Snortoffies vir almal!
Ek is nie mooi seker waar daai blou tennisbane en die groen swembad is nie, so nou wil ek dit loop soek…
PS: Angie, ek hoop jy het sommer ‘n paar nuwe lekker woorde hier op Watkykjy geleer om in jou lyrics vir ‘n toekomstige song te gebruik. Well done met die tune!
Watkykjy staan op 3,084,030 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Dankie fok die ding is dood. hopelik vrek haar musiek saam met haar.
Die enigste rede hoekom ek hierdie comment deursit, is om vir mense te wys hoe fokken kaksleg die wit Afrikaanse mans van Rustenburg is. Die tipe ou wat k-bomme drop in die veiligheid van sy ander single doosdronk tjomme met hulle camo outfits in die lapa se kroeg. Die tipe ou wat nie wat nie weet wat “nee” beteken nie en aanhou aan vrouens karring. Die ouens wat dink dat die ring wat hy op ‘n vrou se vinger hom die reg gee om haar stilletjies te verkrag in hulle bed en steeds elke aand ‘n bord kos voor gom verwag. Die tipe ou wat kinders, of dit nou sy eie of sy geskeide mede-konte se laities aanmoedig om in racist konte soos hulleself te verander en om nie respek vir dogtertjies te he nie. Toxic konte wat dink Trump is hulle wit politieke verlosser daar in Rustenburg, Ounooi en Swartruggens se omgewing. Die ou wat nie eers weet wat wedersydse respek is nie, want sy enigste begirp van respek is in hom ingedonder deur sy eie pa nadat hy klaar was met sy ma.
Daai ou.