Afrika Blues by Atterbury Teater – moet dit asseblief nie Dinsdag misloop nie!
Nou komende Dinsdagaand, die 23ste Mei is daar ‘n super belangrike gig wat jy asseblief nie moet misloop nie – Afrika Blues – met Louis Mhlanga, Albert Frost, Schalk Joubert, Sima Mashazi & Jonno Sweetman.
Die Covid19-pandemie het kunstenaars heavy geknak vir 2 jaar. Dis nie asof die scene heeltemal gesond was om mee te begin nie, maar toe almal weer kom begin beweeg en die plekke wat die fokop oorleef het weer hulle deurr oopgemaak het, was daar moerse ondersteuning vir musikante en ek mag dalk verkeerd wees, maar dit voel asof dit weer begin aftyper het. Hierdie is eintlik ‘n selfsugtige post, want ek wil komende Dinsdag bittergraag hierdie absolute Suid-Afrikaanse legends saam op een stage sien en dit beteken daar moet gesonde ticket sales wees. Atterburt Teater is ‘n fokken lekker en gemaklike venue, maar hoe beter ‘n plek ingerig is, hoe meer charge hulle artists om daar te kom jol, which is fair. Almal moet eet en kak.
Hierdie vertoning was ‘n musikale hoogtepunt by ons kunstefeeste verlede jaar. Die Blues is in Afrika gebore en sy wortels is nog diep in ons kontinent. Dit het oorgespoel na ons plaaslike musiek toe – van boeremusiek tot township jive. Met die bekroonde Sima Mashazi se kristalhelder stem en die virtuose musikante Louis Mhlanga, Schalk Joubert, Albert Frost en Jonno Sweetman is hierdie show propvol gelaai met uitstaande kitaarspel, aansteeklike ritmes en ‘n opwindende reis na die oorsprong van ons land se bekendste liedjies en style. Weereens, al hierdie legends op een stage? Wanneer gaan jy weer so kans kry?
Louis Mhlanga word gereken as een van die voorste kitaarspelers in Afrika en hy is veral bekend vir die werk wat hy saam met Stef Bos, Laurika Rauch en Vusi Mahlasela gedoen het oor die jare.
Albert Frost is die koning van die Blues-kitaar in Suid-Afrika en is al jare lank gesien saam met kunstenaars soos Die Blues Broers, Arno Carstens, Valiant Swart asook sy eie solo loopbaan.
Schalk Joubert is een van ons land se mees prominente en gesogte bassists. Hy is ook weekliks in die gewilde KykNet program Oppiestoep te sien en het al met elke plasslike en vele internasionale legendes gewerk.
Sima Mashazi is die secret weapon in die groep! Sy is bekend vir die hoofrol in die Miriam Makeba produksie. Sy is ewe gemaklik om in Afrikaans, Engels Zulu en Shona te sing.
Weereens – groot assefokkenblief – kom kyk die show saam met ons. Jy kan tickets hierso koop. En as dit nie moontlik is om te gaan kyk nie, doen my ‘n moerse guns en share dit net ten minste op Facebook of met jou tjomme. Samblief man! Ek sien uit na die show en ‘n vinnige brannas so in halftyd. Dis ‘n vinnige Dinsdagaand uit en ek guarantee jou dat dit die res van jou week sommer super positief sal maak.
Kry jou by die bar?
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.