The Unbearable Weight of Massive Talent – Nicolas Cage speel homself, soortvan
Nicolas Cage het al in meer as 100 movies ge-act. As jy grys begin raak sou jy miskien classic uit die 80s onthou soos Fast Times at Ridgemont High, Valley Girl, Birdy, Peggy Sue Got Married en Raising Arizona (een van my all-time gunstelinge). In die 90s was daar hits soos The Rock, Con Air, Face/Off en City of Angels asook Leaving Las Vegas waarvoor hy ‘n Oscar gewen het vir Best Actor. Vir elke 4 goeie movies wat Cage gemaak het, het hy ook 1 poefkoek gebak. Daar het gemors uitgekom soos Jiu Jitsu, Army of One, a Score to Settle en Between Worlds. Die weird ding is dat jy hierdie movies sal kyk, want in elke Nicolas Cage movie, is daar ten minste een scene wat hy totally bonkers gaan heeltemal over the top act en daar is min suksesvolle Hollywood actors wat met hierdie tipe kak wegkom.
In sy nuutste movie, The Unbearable Weight of Massive Talent, kry ons sommer ‘n paar sulke scenes, dalk moontlik omdat Nicolas Cage bo alle verwagtinge ingestem het om ‘n fictionalized weergawe van homself in ‘n spec script te speel. In die fliek is “Nick Cage” ‘n weergawe van homself, voorgestel as ‘n eens hoogs gerespekteerde akteur wat op hard times geval het en smag na ‘n terugkeer na box office glory en die roem, sensasie en aansien wat daarmee gepaard gaan. Sy kwynende loopbaan is maar net een van sy probleme. Die faux Cage se megalomanie het sy verhoudings met sy eksvrou Olivia (Sharon Horgan van Together en Military Wives) en dogter Addy (Lily Sheen, Kate Beckinsale en Michael Sheen se dogter) opgefok, al sien hy dit self nie raak nie.
Kreatief onvervuld en met finansiële ondergang wat hom in die gesig staar, Cage ‘n aanbod van $1 miljoen aanvaar om die verjaardag van ‘n superfan by te woon (Pedro Pascal van The Last of Us en The Mandalorian). Dinge begin wild raak wanneer die CIA hom onverwags skraap en hy vir hulle gewerf word om ‘n mission te aanvaar – een wat al asy acting talent verg en hom van sy mees ikoniese karakters laat channel om homself, sy ex en sy kind se lewens te red – asof sy hele career gebou is vir hierdie oomblik.
Cage homself reken: “This is filmmaker Tom Gormican’s invented version of Nick Cage – a neurotic, high-anxiety version of Nick Cage… This film is a real head trip for me. I had no interest in playing myself in a movie, but then I received a very nice letter from Tom, and I read his script. The first act really terrified me, and by the time I got to acts two and three, I thought: Tom is taking us on an adventure that is really quite exciting.”
Dit is dan miskien ook nie verbasend dat daar nog ‘n stoere Cage-aanhanger onder die rolprent se ensemble-rolspelers was nie. Pedro Pascal vertolk die rol van Javi (uitgesrpeek soos die goeie ou Afrikaanse Gawie”. Javi dien as ‘n soort plekhouer vir die filmmakers se eie Cage-obsessies en embody proper fanboy-liefde vir Nick.
Pedro Pascal tune: “Much of why I became an actor has to do with Nicolas Cage”
The Unbearable Weight of Massive Talent is genuine een van die snaaksste flieks wat jy hierdie jaar te siene sal kry en as jy hierdie paasnaweek op soek is na easter eggs, is daar sommer kakbaie in hierdie movie. Dis ‘n vol, heavy meta comedy wat jou hardkop sal laat lag.
Wat kan ek nóg die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Stella Murders Die tragedie rondom die dood van Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, word in Stella Murders oor die duur van 90 minute vertel. Die twee meisies is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. Lees verder |
||
Tarzan van George Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Succession S1-4 Die storie draai om ’n opvolgstryd wat in ’n rugsteek-oorlog ontaard as die patriarg en sakemagnaat Logan Roy (Brian Cox) se gesondheid ’n knou kry. Maar die man klou vas aan sy heerskappy en meen nie een van sy vier kinders – Connor, Kendall, Roman en Shiv – is opgewasse om die taak by hom oor te neem nie. Lees verder |
|
|
Tokyo Vice S1 Soos die boek, vertel die reeks die ware verhaal van Adelstein, ’n Amerikaanse joernalis wat na Tokio verhuis en by die bekende koerant, Yomiuri Shimbun, begin werk het nadat hy hul berugte en vreeslik streng taaleksamen geslaag het. Só het hy dié koerant (in die reeks Meicho Shimbun genoem) se eerste buitelandse joernalis geword – boonop ook hul misdaadverslaggewer. Tot sy groot voordeel, besluit ’n veteraanspeurder (Watanabe) om hom onder sy vlerk te neem. Saam-saam ondersoek hulle die donker en gevaarlike wêreld van Japanse georganiseerde misdaad. Veral die doen en late van die Yakuza kom onder die loep. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Quantum Leap S1 Die kultusreeks Quantum Leap, wat tussen 1989 en 1993 uitgesaai is, word herleef as ’n nuwe span die raaisel rondom dr. Sam Beckett (destyds deur Scott Bakula vertolk) se verdwyning 30 jaar gelede probeer ontsluit. Dr. Ben Song (Raymond Lee) is ’n fisikus wat die taak opgelê word om Beckett se time travel-projek te hervat. Maar dan maak Ben sy eie sprong terug in tyd en, soos Beckett destyds, verander hy die verloop van geskiedenis – en die wêreld – soos hy poog om na die hede terug te keer. Lees verder |
||
Yellowstone S1-5 Al vyf seisoene van Yellowstone is vanaf Maart 2023 op DStv beskikbaar. Dié reeks word Donderdae tot Saterdae, vanaf 2 Maart, omstreeks 21:00 tot middernag op M-Net uitgesaai. Yellowstone sien vir die veteraanakteur Kevin Costner in die hoofrol as John Dutton. Dutton is ’n meedoënlose patriarg wat geen perke ken as dit kom by sy plaas en sy nalatenskap beskerm nie – hetsy teen sy vyande, die inheemse gemeenskappe wat glo dat hulle op die grond geregtig is, of ambisieuse eiendomsontwikkelaars. Lees verder |
||
Shadow and Bone S1-2 In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,783 post views in totaal sedert 1 November, 2019.