Die Real Housewives van Pretoria is nou op Showmax!
Jissis, ek weet soms nie hoe DStv werk nie. Ek mis voortdurend reekse en movies waarvoor ek op die uitkyk is en van vergeet. En sodra ek daarvan onthou, is dit reeds van hulle platform verwyder. Daar was byvoorbeeld ‘n local fokken zef Afrikaanse movie wat ek moerse graag wou check op KYKnet – Geduld is ‘n Virtue met Melt Sieberhagen (Dina Dagbreek) en Monique Nortjé (een van Getroud Met Rugby se skrywers) . Ek het dit gemis toe dit live uitgesaai is en toe land die repeat broadcasts op like 2am en 3am die daaropvolgende Maandag en Dinsdag. Toe dit eventually op Catch-up beland so twee weke terug, kon ek die helfte vandie fliek kyk voor ‘n familie emegrency opgeduik het. Toe ek vanoggend vir dit soek is dit weer skoonveld. So nou moet ek vir dit wag om op Showmax te land, want goed stick dit langer uit daar. Ek meeer jirre, jy kan nog steeds die hele 8 seasons van Game Of Thrones kyk asook al 8 seasons van House.
So daar is goeie nuus as jy Die Real Housewives van Pretoria op DStv misgeloop het, of selfs nie DStv het nie, want jy kan die hele reeks binge al van gister af, sien ek vanoggend. Dis die eerste Afrikaanse version van die moerse gewilde Real Housewives-franchise en volg ses glansryke vroue wat hul lewens en huise aan kykers oopgemaak het. Jy kan nou maar vir jouself besluit tot watter mate Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Khun, Mel Viljoen, Rhona Erasmus en Kiki La Coco glansryk is of selfs ‘n favourite kies. Ekself het van geen van die ses vrouens gehou nie. Nie ‘n enkele een nie. Daar is baie kak en drama, te danke aan Rian Van Heerden en sy team wat vir die produksie verantwoordelik was.
Hierdie was die vyfde version van die Real Housewives-formaat in Afrika wat internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei word en het al talle toekennings opgeraap. Kyk, ek weet jy gaan nou tune dat dat ‘n pot kak is. Ek het self laaaank terug met die eerste internastional een nie belang gestel nie, maar ek is actually uitgenooi na die premiére van van die hele gedoente by Monte te Dios op die buite oos wyke van Pretoria. Daar is ons vet gevoer en al die free drank op aarde gegee voor ons aan die ses vrouens bekend gestel is en toe die eerste episode op ‘n big screen gekyk het. Dis nou fokken moeilik om te erken dat ek dadelik hooked was aan die gemors en elke episode gekyk het. Dis car crash TV van formaat. Jy wil wegkyk maar jy kan nie. O ja, en fok Peet Viljoen, die sewende housewife en sy naels besigheid. Jy sal self sien hoekom jy sal saamstem… Creepy as fuck,
O ja, skakel ook sommer vanaf 20 April in op kykNET (as jy DStv het) vir Die Real Housewives van die Wynlande se première. Ek is nie seker of Rian ook hiervoor verantwoordelik is nie, maar ek sal hom vra. En as hy is, dan gaan ek daai ook kyk en na die tyd skaam kry en in die stort tjank!
Wat kan ek nóg die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Gangs of London S1-2 Die tweede seisoen van Gangs of London hervat die verhaal sowat ’n jaar ná die dood van die bendebaas Sean Wallace met ’n nuwe, wrede magsorde wat in London heers.Die reeks is deur Gareth Evans en Matt Flannery geskep met onder andere Paapa Essiedu, Lucian Msamati en Michelle Fairley in die rolverdeling. Lees verder |
||
Without Sin S1 In Without Sin vertolk die bekroonde McClure ’n ma wat in diepe rou gedompel is nadat haar tienerdogter vermoor word. As sy dan later die man wat agter tralies vir haar dogter se moord is, konfronteer, is sy geskok deur dit wat sy ontdek. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Succession S1-4 Die storie draai om ’n opvolgstryd wat in ’n rugsteek-oorlog ontaard as die patriarg en sakemagnaat Logan Roy (Brian Cox) se gesondheid ’n knou kry. Maar die man klou vas aan sy heerskappy en meen nie een van sy vier kinders – Connor, Kendall, Roman en Shiv – is opgewasse om die taak by hom oor te neem nie. Lees verder |
|
|
Op reis met my beste vriend S1 Neels van Jaarsveld se miniatuur-spikkelworshond, Lulu, is amper net so bekend soos hy. In die nuwe kykNET-reeks, Op reis met my beste vriend, gaan Neels, Lulu en kykers vir ander bekendes en hul troeteldiere ontmoet. Saam gaan hulle alles doen – van hondevriendelike roomys tot met dieresieners praat. Van die bekendes wat in Op reis met my beste vriend te sien is, is die sangeres Leah en haar twee Jack Russells, Miggie en Lila; die akteur Theodore Jantjies en sy boerboel, Duke; die sangeres Reandi Grey en haar goue apporteerhonde, Benji en Nina; en Francois Jacobs en Nykie Pretorius en hul Staffordshire-terriërs. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Transplant S1-2 Transplant is ’n dramareeks wat handel oor Bashir “Bash” Hamed, ’n vlugteling uit Sirië wat poog om sy loopbaan as ’n dokter by die ongevalle-eenheid van die fiktiewe York Memorial-hospitaal in Toronto, Kanada te herbou. In die tweede seisoen, ontmoet kykers ’n vrou uit Bashir se verlede. Lees verder |
||
Lui maar op, Belinda S1-3 Hierdie kykNET-komedie gaan oor ouer word en draai om die mense van Ian en Ander, ’n winkeltjie in George. Dit behoort aan ene Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gedruis van die stad agterweë laat vir die sogenaamde vrede van ’n klein dorpie. Maar toe is dit als behalwe! Sy drie…effens ouer werknemers, maak hom by die dag gryser. Lees verder |
||
Shadow and Bone S1-2 In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,067,171 post views in totaal sedert 1 November, 2019.