Barry is terug! Yellow Jackets is terug! Happpy streaming!

Yellow Jackets
Ek het verlede week some time gehoor dat hierdie bekroonde TV-reeks weer terug is op die kassie met season 2 en ek beplan om die komende naweek deur dit te draf as daar tyd is. Die eerste season was freaky as fuck en het nogal op ‘n cliffhanger geëindig. Die reeks volg die storie van ‘n hoërskool meisiesokkerspan, die Yellow Jackets, wat in die Kanadese wildernis gestrand is ná ‘n hectic vliegongeluk. Die eerste season het wydverspreide lof ontvang vir die moerse spannende storielyn, sterk rolverdelings en unieke uitgangspunt en die tweede season gaan voort met hierdie trend. Trouens dit bied selfs meer kinkels en kabels en surprises. Jissis, ek het die woord “trouens” gebruik. Season 2 tel die drade op waar dit ons in season 1 gelos het met die girls wat nog steeds gefok is en alles in hulle vermoë doen om net te survive. Hierdie seisoen neem egter ‘n donkerder wending namate die girls gedwing word om hul vorige traumas en die geheime van die verlede wat hulle van mekaar weerhou het, te konfronteer. Die spanning tussen die karakters is deurlopend tasbaar, met elke episode wat dieper in die ingewikkelde web van hulle verhoudings met mekaar delf.
Soos ek reeds gemention het, is die rolverdeling moerse sterk en al die akteurs bring hulle A-game. Juliette Lewis, as die span se coach, is besonder befok en sy lewer ‘n genuanseerde en layered performance. Dit sorg ook vir goeie chemistry tussen die ander actors wat lei tot natuurlike en authentic deliveries. Die skryfwerk is ook fuit die booonste rakke en sorg vir ‘n equally opwindende en emotionally dreinerende vibe by tye. Die plot twists is fokken slim aan mekaar gesit en die verskeie revelations word elke keer onverwags op jou ge-dump. Dit alles terwyl gewigtige temas soos traume, addiction en die gevolge van mens se dades tussenin verweef word.
Al hierdie hectic shit speel af teen ‘n befokte backdrop – die Canadian wildernis wat soveel beter aan ons deliver word deur topklas cinematography wat ondersteun word deur die gebruik van natuurlike lig en skaduwees vir ‘n atmosferiese toon wat net perfek by alles aansluit. By tye is dit ‘n slow burner maar dit werk in terme van die storie wat oorgedra word. Why rush it? Sit solank ‘n ekstra kussinkie op die punt van jou stoel, want dit is waar jy jouself die meeste van die tyd gaan bevind wanneer jy hierdie befokte reeks kyk!
Rating: 7.9
Vanuit die peanut gallery:
“This is all I need from Showtime.. One of the best horror thriller series out there.. Still can’t believe they made their 1st season this interesting and well paced..”
Barry
Bill Hader het oor die jare nogal ‘n moerse impressieve film-CV opgebou, weg van sy SNL-faam. Van animasiekarakters se voice overs, classic comedies en romcoms tot horrors. Bill Hader fokken rules, pappie! En nou is hy weer terug in HBO se super donker komediereeks Barry in season 4 later hierdie maand (24 April). Ek gee jou solank ‘n vroeë heads-up in case jy wil opvang met die eerste drie seasons, of soos ek, ten minste die derde seisoen weer wil kyk sodat ek up to date is met die hele storielyn voor ek die nuwe outjie klap aan die einde van die maand. Daar is net 10 dae oor van vandag af voor season 4 drop, so gaan recap solank ‘n ding stukkend!
Die reeks is geskep deur Alec Berg (Silicon Valley) en Bill Hader (Trainwreck) en volg die die titelkarakter, Barry Berkman (gespeel deur Hader), ‘n voormalige Marine wat nou hitman geword het wat na Los Angeles travel om ‘n hit uit te voer. Maar somehow eindig hy op in die local theater scene. En hy fokken like dit. Sommer baie! Hierdie wending laat Barry sy lewenskeuses heroorweeg. Hader manage om sy karakter se menacing demeanor te balanseer met sy super awkward en kwesbare emosionele kant wat hom ‘n baie klomplekse en interessante protagonis maak. Die hele show is ‘n befokte blend van die komiese en die duistere. Ek meen jirre, jy gaan nie verwag dat een van SNL se grootste grapgatte so fokken donker en komplekse karakter kan oplewer nie, maar hier is dit – Barry, gewetenloos en koud een die een kant en Barry, die ou wat genuine net ‘n akteur wil wees, sy beste wil gee en ‘n doodnormale lewe wil lei, al word hy ge-kniehalter deur depressie. Om nie eers te praat van die complicated relationships waarin hy homself bevind nie, bedie in liefde en sy vyande.
As jy like van dark comedy wat al die pacing in squeeze in 30 minute episodes, is hierdie vir jou gemaak! Dit het ook alles wat ‘n goeie reeks kort – comedy, romance, drama en al die aksie en suspense.
Rating: 8.4
Vanuit die peanut gallery:
“Barry is modern-day television at its zenith; this show is everything I love about storytelling on the small screen. It’ll leave behind a brilliant legacy once it’s done.”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,092,683 post views in totaal sedert 1 November, 2019.