Vyf fokken lekker flieks vir Vrydag en verder oor die naweek!
Die F1 in Australië maak hierdie naweek lekker vroeg klaar, so vir dié van julle wat dit soos ek, dit in die bed gaan lê en kyk, het ek ‘n lekker lys van 5 flieks uitgekrap wat jy lekker in die pisvelle kan lê en kyk. Dis fokken sinneloos om practise 3 te kyk half-vier moreoggend, so stel eerder jou wekker vir Saterdagoggend se qualifying wat 7am tot 8am gebeur en bly dan in die bed vir twee van die movies op die lys hieronder. Sondag kan jy presies dieselfde doen. Die race by die 5.278km Albert Park Circuit skop om 7am af en behoort enige tyd na 9 klaar te maak. Dan kan jy weer twee of drie movies lê en kyk en verder lallies daarna. Hierdie kak weer roep vir so tipe naweek.
Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore
Professor Albus Dumbledore weet die magtige Dark Wizard Gellert Grindelwald is besig om moves te maak om beheer te neem oor die magic wêreld. Hy is nie in staat om die bra op sy eie te keer nie, so hy maak staat op sy Magizologist, Newt Scamander ‘n span wizards, hekse en een brave Muggle (dis nou ‘n gewone mens wat ‘n bakker as dyjob het) te lei op ‘n moerse gevaarlike mission, waar hulle ou en nuwe diere teëkom en met Grindelwald se groeiende legion volgelinge clash. Ons het hierdie verlede jaar by die flieks gaan kyk by Monte Casino en dit was tonne pret!
Kyk dalk eers ook Fantastic Beasts and Where to Find Them wat 7 jaar terug uitgekom het.
Rating: 6.2
Vanuit die peanut gallery:
“Fun fact: When Dumbledore says, “Three points to Hufflepuff” that’s the most time anyone has ever cared about Hufflepuff in these movies!”
Injustice
Die DC Comics-movie Injustice is ‘n animated verwerking van die gewilde video game en comicbookreeks van dieselfde naam. Die vibe speel af in ‘n alternative universe waar die Joker vir Superman mislei om Lois Lane en hul ongebore kind dood te maak. Poesbedroef, word Superman word ‘n genadelose diktator en neem die wêreld oor. Dit lei tot ‘n rebellie wat deur Batman gelei word en deur ander super heroes ondersteun word. Die movietjie ondersoek temas van mag, geregtigheid en moraliteit, sowel as die gevolge van ongekontroleerde mag, die koste van wraak asook hoekom Superman eintlik ‘n groot kont is. Ek moet sê, hierdie lyk abso-fokken-luut boonste rak tit, so ek gaan hierdie outjie sommer dadelik kyk sodra ek klaar is met hierdie artikel!
Rating: 6.4
Vanuit die peanut gallery:
“I agreed with what Superman had planned but not his actions. Turning dictator was never the way to go. Glad they finally made a animation adaptation.”
Smile
Right, hierdie lyk na stewige dosis broekbeskyt! Sop ek gaan naturally vir ‘n week moet wag dat die weer kan opklaar want selfs deur die dag met die reën is dit te fokken donker vir my om horrors te kyk! Nadat ‘n psigiater ‘n bisarre, traumatiese voorval aanskou waarby ‘n pasiënt betrokke is, raak die psigiater al hoe meer daarvan oortuig dat sy deur ‘n vreemde entiteit bedreig word. Jissis, check hierdie uit: ‘n Paar dae voor die movie se rlease op 30 September 2022 het die akteurs van die film by verskeie baseball matches opgedaag, doodstil agter die home plate gesit en smile terwyl hulle doodstil sit en reguit in die kamera in staar. Dit terwyl hulle Smile t-shirts gedra het. Imagine hoe uitgefreak die toeskouers moes gewees het? Jirre, dis great marketing!
Rating: 6.6
Vanuit die peanut gallery:
“This movie felt like a panic attack from the beginning to the end. Gave me chills, really good.”
The Royal
So gepraat van baseball. The Royal is ’n aangrypende biopic oor die bofbalspeler, Willie Mays Aikens wat sy belowende progessionele sportloopbaan weens dwelms opgefok het. Nadat hy tyd in die tronk spandeer het, gaan hy op ‘n sielsoektog vir redemption. Dit klink soos meeste motivational sprekers se lewensverhaal. Jy moet eers jou eie lewe opfok voordat jy vir ander mense teen betaling kan vertel hoe om dit nie te doen nie. Ten spyte daarvan, skiem ek dat hierdie actually goeie vermaak gaan wees. Dit klink na ‘n goeie sport movie en ek like daais.
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
?it is so difficult to right the wrongs, but when you do, it is so wonderful. This is, for sure, a wonderful story to tell.”
Spirit: Stallion of the Cimarron
As jy kids het en lus is om hulle so paar lewenslesse te leer en te selfde tyd saam met hulle snot en trane te tjank, sit hierdie movie op. Dis reeds 21 jaar oud!
Die storie ’n wilde hings word deur mense gevang en verloor stadigaan die wil om training te resist. Met ander woorde, hy word al hoe makker en makker, maar tog weier die hy regdeur sy stryd om vryheid om die hoop te verloor dat hy eendag kan terugkeer na sy tuiste onder sy trop. Yup, snot en fokken trane, pappa!
O ja, Matt Damon vertolk die rol van Spirit, die hings. Die rol het eers aan Johnny Depp gegaan, maar get this – hy het slegs een scene gedoen voor hy gevra is om te fokof. As gevolg van ‘n “pay or play” klousule in sy kontrak het hy sy volle salaris van $16m ontvang. Jissis, nou wil ek EERS huil!
Rating: 7.2
Vanuit die peanut gallery:
“I actually cried. The nostalgia hit me right there.”
Wat kan ek nóg die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Stella Murders Die tragedie rondom die dood van Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, word in Stella Murders oor die duur van 90 minute vertel. Die twee meisies is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. Lees verder |
||
Tarzan van George Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Succession S1-4 Die storie draai om ’n opvolgstryd wat in ’n rugsteek-oorlog ontaard as die patriarg en sakemagnaat Logan Roy (Brian Cox) se gesondheid ’n knou kry. Maar die man klou vas aan sy heerskappy en meen nie een van sy vier kinders – Connor, Kendall, Roman en Shiv – is opgewasse om die taak by hom oor te neem nie. Lees verder |
|
|
Tokyo Vice S1 Soos die boek, vertel die reeks die ware verhaal van Adelstein, ’n Amerikaanse joernalis wat na Tokio verhuis en by die bekende koerant, Yomiuri Shimbun, begin werk het nadat hy hul berugte en vreeslik streng taaleksamen geslaag het. Só het hy dié koerant (in die reeks Meicho Shimbun genoem) se eerste buitelandse joernalis geword – boonop ook hul misdaadverslaggewer. Tot sy groot voordeel, besluit ’n veteraanspeurder (Watanabe) om hom onder sy vlerk te neem. Saam-saam ondersoek hulle die donker en gevaarlike wêreld van Japanse georganiseerde misdaad. Veral die doen en late van die Yakuza kom onder die loep. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Quantum Leap S1 Die kultusreeks Quantum Leap, wat tussen 1989 en 1993 uitgesaai is, word herleef as ’n nuwe span die raaisel rondom dr. Sam Beckett (destyds deur Scott Bakula vertolk) se verdwyning 30 jaar gelede probeer ontsluit. Dr. Ben Song (Raymond Lee) is ’n fisikus wat die taak opgelê word om Beckett se time travel-projek te hervat. Maar dan maak Ben sy eie sprong terug in tyd en, soos Beckett destyds, verander hy die verloop van geskiedenis – en die wêreld – soos hy poog om na die hede terug te keer. Lees verder |
||
Yellowstone S1-5 Al vyf seisoene van Yellowstone is vanaf Maart 2023 op DStv beskikbaar. Dié reeks word Donderdae tot Saterdae, vanaf 2 Maart, omstreeks 21:00 tot middernag op M-Net uitgesaai. Yellowstone sien vir die veteraanakteur Kevin Costner in die hoofrol as John Dutton. Dutton is ’n meedoënlose patriarg wat geen perke ken as dit kom by sy plaas en sy nalatenskap beskerm nie – hetsy teen sy vyande, die inheemse gemeenskappe wat glo dat hulle op die grond geregtig is, of ambisieuse eiendomsontwikkelaars. Lees verder |
||
Shadow and Bone S1-2 In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,765 post views in totaal sedert 1 November, 2019.