‘n Lekker mix van 7 genres om die naweek te stream!
Gewoonlik tune ek jou wat ek die naweek gaan stream, maar ek gaan die komende naweek so besig wees dat ek fokol TV gaan kyk nie. Ek het wel die meerderheid van die afgelope week voor die TV spandeer omdat dit ‘n fokken useless week was, werksgewys, met die publieke vakansiedag en die ekstra publieke vakansiedag wat die EFF ons gegee het. Ek het sommer ook sick leave ingesit tot agter die eiers, so daar was ekstra hard fokol gedoen en snacks verorber. My laer-as-slangkak-week se kykgenot het 3 doccies, 3 reekse en een movie ingesluit, almal moerse lekker vir hulle eie redes.
DAM
In die eerste seisoen het Yola terug gekeer uit Chile na hulle familieplaas iewers naby ‘n klein dorpie in die Oos-Kaap na haar pa se afsterwe, net om deur die spoke van haar verlede opgefok te word. Ek is eintlik te bang om te sê wat in season twee gebeur want ek wil niks weg gee vir iemand wat dalk nog nie die eerste season gekyk het nie. Dis die tipe reeks waar jy heeltyd moet oplet en kophou, want daar is allerhande kinkels en kabels en intriges. Dis beslis iets wat jy nog nooit vantevore gesien het nie! Ignoreer ook die lae rating van 5.6. Ek sou dit nader aan ‘n hoë 6 rate of ‘n lae 7. Jy gaan lekker koprap met hierdie storie. Daar is in totaal slegs 14 episodes – 8 in die eerste season en 6 in die tweede een. Dis nie noodwendig kykgenot om te binge nie, maar een of twee episodes ‘n dag sal jou lekker aan die dink sit.
Rating: 5.6
Vanuit die peanut gallery:
“The amount of joy this show brought me. South African shows have developed and the cinematography alone is awe inspiring. Season 2 let’s go!”
The Elon Musk Show
’n Docciereeks wat fokus op Elon Musk deur middel van onderhoude met familielede, goeie vriende en sakevennote om sleuteloomblikke in Musk se lewe en loopbaan uit te lig. Dit sal jou 3 ure lank besig hou. Gaan dit jou opinie oor die ou verander? Ek dink nie so nie. Dit het my nie oortuig om hom te like nie en dit sal mense wat hom verafgod steeds daar op hulle knieë hou. Al wat jy dalk kan “leer” uit hierdie reeks is dat jy poeshard moet werk vir dit wat jy wil bereik, maar ek meen, almal fokken weet dit steeds, right? Wat vir intersting was, was die interview met sy pa. Die omeie het 3 inbrekers met twee koeëls doodgeskiet, dit na hulle 57 skote op hom geskiet het. Jirrrrrrrrrrr!
Rating: 6.1
Vanuit die peanut gallery:
“This is the kind of person that when he farts in a meeting, he has to interrupt it so he can press his nose into the backside of his pants.”
In The Shadow of The Towers
Dis moeilik om te glo dat die tereuraanvalle van 911 reeds amper 22 jaar terug gebeur het. Kyk, dis tot vervelens toe gecover, so mens is nie altyd lus om weer deur al die andermense se grief te gaan nie, maar hierdie doccie is slegs 29 minte lank, so ek het maar play gedruk. Dit het bietjie van ‘n ander angle en deal met kinders wat in Stuyvesant High skoolgegaan het – ‘n gebou reg langs die twin towers. Hierdie doccie gesels met so paar kids van destyds, almal nou grootmense en dit gee mens ‘n heeltemal ander perspektief op die gebeure.
Rating: 6.4
Vanuit die peanut gallery:
“My ex was a student at this school on 9/11. No one ever talks about the kids who were there witnessing it. Much love to everyone involved in this documentary.”
The Flight Attendant S2
’n Roekelose lugwaardin met ’n moerse alkoholisme-probleem word wakker in die verkeerde hotel, in die verkeerde bed, met ’n dooie man – en geen idee wat gebeur het nie. Sy het nie ‘n fokken clue wat die vorige aan gebeur het nie en begin wonder of sy dalk die moordernaar was. Dit is hoe season 1 afgeskop het en dit was ‘n fokken kick-ass reeks! En season is selfs beter! Hierdie is sover een van my gunsteling reekse van 2023. Hierdie is bes moontlik Kaley Cuoco (van Big Bang Theory) se rol van haar lewe. As jy nog nie die eerste season gekyk het nie, kyk hierdie reeks sommer heel eerste, en as jy het, begin dadelik met season 2. Wat opvallend was, is dat die tema van alkolisme nogal hard aangespreek word in die tweede reeks, so as jy iemand is wat dink jy vat te veel fles, gaan Kaley Cuoco se karakter, Cassie Bowden, jou nogal hard laat dink oor jou lewensbesluite. Maybe is hierdie dalk die entertaining eye-opener wat sommige mense nodig het.
Rating: 7.1
Vanuit die peanut gallery:
“It was delightful to see a comedian use her great acting chops. The whole premise, music, camera shots and angles, the scenery, and the supporting cast were all so fun to watch. Going back to finally taking care of her inner child was marvellous – the things we do to bury past traumas. It’s no wonder the brother became the wounded victim from another perspective. In all an enjoyable series that was fast paced, the writing was believable. Bravo!”
Bullet Train
Hou vas aan jou stoel en tuck jou ballas in, want hierdie splinternuwe Brad Pitt movie is wall-to-wall action! Die unlucky sluipmoordenaar, Ladybug (Brad Pitt; Interview With the Vampire, Snatch, Moneyball) is vasbeslote om sy werk vreedsaam te doen nadat te gigs die kak laat spat het. Die noodlot het egter ander planne met die bra: Ladybug se jongste missiion plaas hom op ‘n crash course met dodelike teenstanders van regoor die wêreld – almal van hulle op hulle eie missions wat somehow connected is en alles gebeur op die wêreld se vinnigste trein in Japan. Ek fokken kyk dit sommer weer, want as jy jou oë knip, fokken mis jy iets! O ja, en Brad Pitt het about al sy eie stunts sommer self gedoen!
Rating: 7.3
Vanuit die peanut gallery:
“I don’t know why this movie isn’t getting more love. It is one the best action movies I have seen since the theaters reopened. The pacing is excellent and the twist were inventive. Is it over the top at times, yes. But it always makes sense in it’s own twisted way.”
Mommy Dead and Dearest
Holy fokken kakballas, maats! Hierdie is een van die heel crazy-ste ware verhale wat ek al in my lewe teegekom het! Dee Dee Blanchard is in 2015 deur haar eie dogter Gypsy Rose (24) vermoor. Of eintlik deur dié se boyfriend. Die rede? Die ma het die dogter vir meer as twee dekades lank abuse deur te maak asof Gypsy verlam is, kanker het, deur ‘n tube gevoer moet word en die bisarre lys gaan net aan en aan en aan. Die ma het haar op allerhande onnodige medisyne gesit en Gypsy se tande het selfs begin uitval op ‘n stadium. Jirre, imagine ‘n ouer wat van ‘n kind se geboorte af maak asof die kind siek is, vir almal lieg oor haar ouderdom en… jirre nee. Dis batchit fokken koekoes stuff hierdie. Check dit bietjie uit. Die doccie is so een uur en 20 minute lank. Terloops, Gypsy kom volgende jaar in aanmerking vir parool. Sy sit sedert 2016 in die tjoekie. ‘n Klein gedeelte in my hoop sy kom uit die tronk uit, want ek soek nog ‘n doccie waar hulle haar lewe volg om te kyk wat volgende gebeur en hoe sy haar lewe gaan herbou. Ek dink sy het iets soos graad 2 agter haar naam, danksy haar ma. In die tronk leer sy blykbaar darem essential life skills.
Rating: 7.4
Vanuit die peanut gallery:
“One of the craziest documentaries I’ve ever watched. I’m no fan of murder (who is?) but if anyone ever deserved what they got, it was this poor girls mother. It’s a damn shame that she was sent to prison, when her entire life had been spent living in one. If I had my way, she would be out today”
His Dark Materials season 3
Ons het al oor hierdie outjie gepraat, maar ekself het eers hierdie week werklik ‘n poging aangewend om dit te kyk. OK, actually het my vrou my ge-nag, want sy like fantasy vibes en ek is bly ons het dit begin kyk, want dit is dik lekker! Daar is drie seisoene van die fantasy epic wat gebasseer is op The Amber Spyglass – Philip Pullman se trilogie. Lyra is ‘n weeskind wat in ‘n parallel universe woon waar sience, teologie en magic sommer saamgegooi word. Een van haar tjommies word ontvoer, en in haar soeke na hom, kom sy op ‘n komplot af om kinders te ontvoer. As jy nog nie met die reeks begin het nie, wag daar vir jou 23 episodes se fantasy kykgenot van net onder die uur lank elk!
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“The acting, the costumes, the makeups, the cinematography, the music, such an underrated series!”
Wat kan ek nog die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Stella Murders Die tragedie rondom die dood van Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, word in Stella Murders oor die duur van 90 minute vertel. Die twee meisies is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. Lees verder |
||
Tarzan van George Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
The English Die Telegraph het The English, met Emily Blunt in die hoofrol, as die beste reeks van 2022 bestempel.Blunt vertolk die rol van Cornelia Locke, ’n Engelse vrou wat ná haar seun se dood deur wraaksug gedryf word. Op haar reis kruis haar paaie met dié van Eli Whipp (Chaske Spencer). Eli is onderweg na Nebraska om die grond te eis wat hy vir sy diens in die Amerikaanse weermag verskuldig is Lees verder |
|
|
Tokyo Vice S1 Soos die boek, vertel die reeks die ware verhaal van Adelstein, ’n Amerikaanse joernalis wat na Tokio verhuis en by die bekende koerant, Yomiuri Shimbun, begin werk het nadat hy hul berugte en vreeslik streng taaleksamen geslaag het. Só het hy dié koerant (in die reeks Meicho Shimbun genoem) se eerste buitelandse joernalis geword – boonop ook hul misdaadverslaggewer. Tot sy groot voordeel, besluit ’n veteraanspeurder (Watanabe) om hom onder sy vlerk te neem. Saam-saam ondersoek hulle die donker en gevaarlike wêreld van Japanse georganiseerde misdaad. Veral die doen en late van die Yakuza kom onder die loep. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Sex & Pleasure S1 Sex & Pleasure is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks en aangebied deur die joernalis Romantha Botha, en skrywer, Kim Windvogel. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer. Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was. Lees verder |
||
Yellowstone S1-5 Al vyf seisoene van Yellowstone is vanaf Maart 2023 op DStv beskikbaar. Dié reeks word Donderdae tot Saterdae, vanaf 2 Maart, omstreeks 21:00 tot middernag op M-Net uitgesaai. Yellowstone sien vir die veteraanakteur Kevin Costner in die hoofrol as John Dutton. Dutton is ’n meedoënlose patriarg wat geen perke ken as dit kom by sy plaas en sy nalatenskap beskerm nie – hetsy teen sy vyande, die inheemse gemeenskappe wat glo dat hulle op die grond geregtig is, of ambisieuse eiendomsontwikkelaars. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,838 post views in totaal sedert 1 November, 2019.