Mister Men – Mr. Fussy
Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Toe het ons tussen ons ou movies gaan rondkrap en so paar uitgegrawe, en daarna vir so paar weke oorgeslaan na Orkney Snork Nie toe tot ons uitgehardloop het. Hier en daar het ons ‘n movie geklap.
Die tyd het nou aangebreek om terug te gaan en die spinnerakke af te stof van sommige van ons se happy kinderdae en onag aan fokken ver terug na die mid sewentigs toe met die Mr Men reeks! Hierdie TV reeks is tussen 1974 en 1978 uitgesaai en is gebasseer om die reeks boeke deur Roger Hargraves wat hy in 1971 begin skryf het.
Mister Men – Mr. Fussy
Mr. Fussy is ‘n perfektionis and like dit fokol as ding uit plek is nie. Sy hare is altyd gekam, sy snor is netjies getrim, sy skoenveters is altyd vas en sy huis is netjies. Een aand terwyl hy werk, kom kuier sy cuzzie, Mr. Clumsy van Australié. Hy jaag net kak aan en teen die einde van sy verblyf is die hele huis ‘n shitshow. Dinge fok egter nog meer uit wanneer Mr. Bump ook vir Mr. Fussy kom kuier.
Watkykjy staan op 3,073,932 post views in totaal sedert 1 November, 2019.