Mister Men – Mr. Dizzy
Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Toe het ons tussen ons ou movies gaan rondkrap en so paar uitgegrawe, en daarna vir so paar weke oorgeslaan na Orkney Snork Nie toe tot ons uitgehardloop het. Hier en daar het ons ‘n movie geklap.
Die tyd het nou aangebreek om terug te gaan en die spinnerakke af te stof van sommige van ons se happy kinderdae en onag aan fokken ver terug na die mid sewentigs toe met die Mr Men reeks! Hierdie TV reeks is tussen 1974 en 1978 uitgesaai en is gebasseer om die reeks boeke deur Roger Hargraves wat hy in 1971 begin skryf het.
Mister Men – Mr. Dizzy
Mr. Dizzy woon in Cleverland, waar almal slim is behalwe hy – totdat hy eendag, omdat ‘n vark en ‘n olifant hom vir ‘n poes vat, wens hy homself slim toe hy drink uit ‘n wishing well, salig onbewus van die put se magic. Hy keer terug en die 2 vra hom nog ‘n paar vrae, maar hy kry almal reg, tot hul verbasing. Om hulle terug te kry, vra hy vir die vark: ‘Wat is vet en pienk en gaan Atisho, Atisho?’ Die vark weet nie hoe om te antwoord nie totdat mnr. Dizzy die sy se neus kielie en hom laat nies. Hy fok met die olifant ook, so kyk eerder self.
Watkykjy staan op 3,074,321 post views in totaal sedert 1 November, 2019.