Frans Karoo stel sy debuut solo Afrikaanse album Braambos Radio vry
‘Braambos Radio’ is vol gepak met verskeie verhale en temas wat mens laat dink. Die lirieke is diep en soms donker. Frans is ‘n storieverteller en man wat dit sing met ‘n praat stem soos Bob Dylan oor musiek wat soms Blues, soms Country is met net so klein bietjie Rock. Frans het nie vir ‘n spesifieke klank gemik nie. “Elke song het sy eie kruie, speserye of wilde heuning gebring. Solank dit outentiek is tot die Milieu van die storie. Die songs is gebore op ‘n stoep, om ‘n vuur of in ‘n garage. Oor baie jare. Ek en CJ Bierman ( wat destyds saam met my in Jet Black Camaro was) het die songs saam geskryf. CJ het gekom met ‘n rif en dan sal ek ‘n melodie bo-oor sing. Die woorde het eers gekom die week toe ons moes record (ek sit die ‘pro’ in ‘procrastination’). Die songs is opgeneem in Ladysmith by Jo Ellis se studio en ‘n Klein dorpie in die Klein Karoo het die perfekte backdrop geskets dat die karakter van elkeen van die liedjies na vore kon kom. Meng dit met Jo Ellis se tydlose oor en sielvolle benadering en daar was zen.”
Met sy debut album uiteindelik vrygestel, wat beteken hierdie oomblik vir Frans? “Wanneer mens iets skep, op jou eie of saam met ander, wil jy op die ou end hê dit moet die lig sien. ‘Braambos Radio’ se stories lê al lank in die kelder (hopelik het hulle mooi verouder). Ek voel verlig dat hierdie wilde perd uiteindelik vry kan hardloop op die klankgolwe.”
Frans verduidelik ook hoekom hy sy debuut album “Braambos Radio” genoem en die album titel vir hom beteken.
“Braambos radio verwys in die eerste plek na die brandende braambos in die ou testament in die bybel. Daardie storie in die begin van Eksodus oor die bos wat vlam gevat het (maar nie gebrand het nie) en met Moses praat. Volgens die bybel was dit YHWH (die Amerikaanse indiane praat van Great Mystery as hul na ‘God’ verwys, ek hou daarvan) wat aan Moses verskyn het met ‘n belangrike boodskap of twee. Volgens ander interpretasies was die brandende braambos ervaring ‘n visioen / hallusinasie wat Moses gesien het omdat hy DMT gerook het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n enigmatiese, mistiese en psychedelic storie waarvan ek hou. Braambos radio is enigmatiese, mistiese en psychedelic verhale uitgesaai vanuit my landskap. Soos die mirage op die horison is dinge nie altyd soos dit beloof het om te wees nie. En die donker van die Karoonag meer verlig as wat verkoop is. Braambos radio is stories vanuit my landskap wat ek self weet nie altyd mooi wat is waarheid of wat is fiksie nie. Wat is ‘hallusinasie’ of wat is ‘realiteit’ nie?”
Stroom/luister na “Braambos Radio” album HIER
Hou sosiale media dop vir die offisiele partytjies van die “Braambos Radio” album vrystelling in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad:
- YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC6sRD4MqYSm1TJ5QzJ_tvkw
- Instagram: com/franskaroo
- Facebook: https://www.facebook.com/franskaroomusic/
Watkykjy staan op 3,084,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.