As jy Devilsdorp jou aangegryp het, kyk Stellla Murders wat van vandag af beskikbaar is.
Devilsdorp is moontlik steeds die Suid-Afrikaanse doccie wat tot dusver die meeste ooit gestream is in ons land. David Enright van IdeaCandy wat herdie reeks sowat twee jaar terug direct het, is nou terug moet nog ‘n disturbing en hartroerende true crime doccie, Stella Murders, wat vanoggend vrygstel is. Waar Devilsdorp ‘n reeks van 4 episodes was, is Stella Murders ‘n dokumentêre film van ‘n uur en ‘n half lank. Dit ondersoek die dood van twee boesemvriende, Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) by hulle koshuis by Stella Hoërskool in die dorpie Stella in die Noordwes-provinsie. Op Saterdagoggend 26 Mei, 2018, is Sharnelle dood gevind waar sy gehang het by ‘n trap. Marna is in die badkamer gevind. Beide se sterftes het aanvanklik soos selfmoord gelyk. Stella, die tuiste van net oor die 4 000 mense, is ‘n klein, stil beesboerdery-dorpie naby Vryburg in Noordwes. In so ‘n hegte gemeenskap word daar verwag dat gevaar van buite af sou kom.
Dit is ‘n hartverskeurende storie en deal met elke ouer se ergste vrees. Die film is vervaardig in samewerking met Sharnelle en Marna se families en hulle hoop dat hul storie soortgelyke tragedies sal voorkom. Dit feature interviews met Ronnie en Sonja Hough (Sharnelle se ouers), Stefaans, Rianet, en Riané Engelbrecht (Marna se pa, ma en suster), Kaptein Zagaries Human, die Stella Suid-Afrikaanse Polisiediens stasiebevelvoerder; Kaptein Markus Ferreira, die ondersoekbeampte; private speurder Chris Saunders; en advokaat Johan Smit, die staatsaanklaer. Dan is daar ook Marizka Coetzer van Devilsdorp, wat die Stella Moordsaak vir Huisgenoot gedek het.
Met regte lewe hartverskeurende stories is daar ‘n baie fyn lyn tussen die storie justice te doen en dit op te fok ter wille van sensasie. Wat wel nodig is, is dat dit absoluut vertel moet word met respek en deernis. In hierdie geval, is daar goeie balans gevind om die details deur te gee sonder om ‘n ophef daarvan te maak. Die dokumentêr film maak dit baie duidelik dat die dorpie steeds besig is om die moorde verwerk: “Terwyl ons aan Stella-moorde gewerk het, het dit vir ons belangrik geword om te verstaan of daar enige vorm van emosionele genesing was vir die gesinne en gemeenskap wat hierdie trauma ervaar het,” reken David Enright. “Dit het duidelik geword dat die impak van hierdie tragiese gebeurtenis verreikend was, en vra vir belangrike besinning oor die kultuur wat gender based violence kweek. Hopelik sal hierdie dokumentêr nie net sommige van die rooi vlae uitlig om voor op die uitkyk te wees nie, maar sal dit ook deel word van die landwye gesprek oor die skandelike vlakke van geweld teen vroue in Suid-Afrika.” Enright is reg. Jirre, mans is kak. En vergeet nou eers daai knee-jerk reaksie van “not all men”, want dan mis jy die punt. Daar is eintlik bittermin goeie mans in die wêreld. Ons kan heelwat beter doen.
Wat nogal baie hartseer is (dokumentêre film ter syde gestel) is dat hierdie twee meisies se Instagram profiles nog oop is. Amper soos ‘n mini digitale memorial muur wat nooit tot sy volste reg kon kom nie. Die 20-odd posts laat mens onwillekeurig wonder watter groot avontuurlustige lewens op hierdie twee kinders gewag het. Dis ‘n onvoltooide prentjie wat agtergelaat is vir naastes en geliefdes. Ai.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,056,550 post views in totaal sedert 1 November, 2019.