6 lekker movies vir jou St Patrick’s Day hangover hierdie naweek!

Ek weet dis vandag St Patrick’s Day, (cheers!) maar kom ons praat net vinnig karretjies voor ons by die naweek se movies uitkom. Die 2023 F1 season het met ‘n paar groot verrassings afgeskop en ek skiem die eerste race is ‘n goeie indikasie van wat ons vir die res van die jaar kan verwag. Die grootste en aangenaamste supreza was Fernando Alonso wat met die eerste race podium gevat het in derde plek. Met Stoll in sesde plek was dir Aston Martin se beste performance tot dusver en Stroll het nogal die race klaargemaak met gebreekte gewriggies en ‘n pap toon na ‘n pre-season bike ongeluk in Spanje. Kan ons meer upsets van die groen span verwag? For fucking sure! Ek dink nie Alonso gaan noodwendig vir Verstappen gas gee nie, maar ek dink Sergio Perez gaan nie heeltyd gemaklik eerste prinses wees nie en gaan met Alonso moet deal. Dit los dan vir Sainz wat met beide Hamilton en Alonso gaan baklei en Stroll wat so onveroorspelbaar soos ESKOM is. Russel is ook super ambitious en sal ‘n fok voel vir team mate en klakous Hamilton. Watch hierdie eerse ses ouens, want hulle gaan die hele jaar kak maak. Logan Sargeant gaan ook een of ander tyd ontdooi en iets ombliksem, mark my words!
Hierdie naweek se F! in Saudi Arabia gaan ‘n nail biter wees, vir seker! Practice 1 en 2 is vandag (15:30 en 19:00) met qualifying moreaand om 19:00 en Sondagaand ook om 19:00. Qualifying en racing se tye gaan vir my problematies wees, want pappa like om 14:00 die gin oop te maak en teen 18:00 gesous te wees sodat hy 21:00 kan lallies. Maandag gaan fokken duifeierblou wees!
En nou oor na die movies. Ek het 6 outjies uitgekies om die naweek kiefpiele te maak:
See For Me
Fans van Don’t Breathe sal hierdie home invasion thriller dik stukke smaak! Wanneer die blinde voormalige skiër Sophie in ‘n afgesonderde mansion sit, invade drie diewe om die versteekte kluis te bereik. Sophie se enigste verdediging is ‘n war vet, Kelly. Kelly help Sophie om haarself teen die indringers te verdedig om te oorleef. Skyler Davenport wat die hoofrol van Sophie vertolk, is genuine blind in regte lewe.
Rating: 5.8
Vanuit die peanut gallery:
“The idea behind the main character at first i never understood but after analyzing it i see the reason they wrote her how they did. She was seemingly in the most vulnerable state but they tried to give her a sense of strength by giving her character flaws which is why she was rigid and cunning.”
Ted K
‘n Aangrypende ware-misdaadfilm oor Ted Kaczynski, ‘n Amerikaanse terroris wat bekend is vir sy ekstremistiese sienings en haat vir moderne tegnologie, wat hom gedryf het om gewelddadige terreurdade te pleeg. Hy het beter bekend gestaan as die Unabomber en daar is al vele doccies oor die bra gemaak. Wat maak hierdie movie special? Suid-Afrika se export en District 9 se prawn-kenner, Sharlto Copley vertolk die rol van Ted Kaczynski. So kyk dit vir jou volk en vaderland!
Rating: 6.0
Vanuit die peanut gallery:
“Copley’s ability to switch between Devil and Angel on screen is fantastic. Like District 9 chummy agent, to Elysium bloodthirsty villain, is goddamn incredible!”
Halloween
Dit is 40 jaar sedert Laurie Strode ‘n wrede aanval van die kakmal moordenaar Michael Myers op Halloween-aand oorleef het. Myers, wat in ‘n inrigting opgesluit is, slaag daarin om te ontsnap toe sy bus transfer lelik uitfok. Laurie staar nou ‘n angswekkende showdown in die gesig wanneer die gemaskerde mal moer terugkeer na Haddonfield, Illinois, maar hierdie keer is sy fokken gereed vir hom. Jamie Lee Curtis keer terug na haar ikoniese rol as Laurie Strode, so skuif voor die TV in vir so bietjie updated cult classic horror vibes!
Rating: 6.5
Vanuit die peanut gallery:
“This has John Carpenter influence written ALL over the movie. FINALLY A Halloween movie that we can all enjoy with absolute certainty!”
Spencer
Diana Spencer, wat sukkel met mental health issues tydens haar Kersvakansie saam met die koninklike familie by hul Sandringham-landgoed in Norfolk, Engeland, besluit om haar dekade lange huwelik met prins Charles te beëindig. Dis die royal storie wat amper almal ken en amper niemand voor tyd of krag het nie, maar my vrou gaan dit wil kyk, en sal sal maar ‘n sterk wizza gooi en vir oulaas enetjie drink op Princess Di. Despite ons gatvolgeit vir die roayals, was sy actually een van die beter mense in die 80s en 90s. Sy het beslis meer vir die mensdom gedoen as ons wat op ons gatte sit en teef oor kak.
Rating: 6.6
Vanuit die peanut gallery:
“I can feel Princess Diana’s depression in Kristen’s eyes. The pain, holding one’s breath in order not to burst. It looks like it’s not an impersonation but a personification of Princess Diana’s sadness, loneliness and her struggle to fight it all.”
Jerry & Marge Go Large
Hierdie movie is gebaseer op die ware verhaal oor lank getroude egpaar Jerry en Marge Selbee, wat die lotto gewen het en die geld gebruik het om hul klein verkakte dorpie te laat herleef. Bryan Cranston en Annette Bening lei hierdie hervertelling van ‘n ware verhaal. Weereens, beter mense as meeste van ons. Wat sou jy met al daai zak gedoen het?
Rating: 6.9
Vanuit die peanut gallery:
“Walter White, Dwight Schrute and Charles McGill in a movie together. The fact that it’s based on a true story makes it even more amazing!”
The Batman
Twee jaar se nagte het Bruce Wayne in ‘n nagdier verander maar terwyl hy aanhou om sy weg te vind as Gotham se donker ridder, word Bruce in ‘n kat-en-muisspeletjie gedwing met sy grootste bedreiging tot dusver, ‘n maniese moordenaar bekend as “The Riddler”. Hierdie bra is gevul met woede en is vasbeslote om die korrupte stelsel bloot te lê terwyl hy al Gotham se politieke sleutelfigure uithaal. Bruce moet nou saa met ou bekendes en nuwe tjommies werk om die moordenaar op te spoor om geregtigheid te laat geskied. Hy is ter selfde tyd ook besig om sy pa se ware legacy te ondersoek en begin bevraagteken sy eie invloed op Gotham as “The Batman”. Fok ja, dis hoog tyd vir ‘n goeie ou Batman movie met so bietjie eksistensiële krisis wat aan die siel knaag!
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“A year ago today. Seeing this in theaters was a masterpiece. Every scene was perfectly built as I was watching Se7en. I saw it with my dad and my theater clapped after the movie was over. An experience I’ll never forget.”
Watkykjy staan op 3,124,116 post views in totaal sedert 1 November, 2019.