4 van die beste doccies om Maartmaand mee af te skop!
Maartmaand is vir my die tweedelekkerste tyd van die jaar naas Desembermaand. Dis nie te warm nie, dis nie te kou nie, dit reën te veel of te min nie (in Pretoria in elk geval) en dis die tyd van die jaar wanneer meeste mense se gesondheid, fiksheid en finansies ook bietjie meer stabiel begin raak na Desember se ge-rondfokkery. Dis vir my ook lekker om minder mense rondom my in die gym te hé nadat hulle opgegee het op hulle nuwejaarsvoornemens hier teen middel Februarie se kant. Lekker julle, verloor so voort want nou is daar actually weer fokken spasie op die treadmills en die circuit.
Nog ‘n rede om na Maart uit te sien, is oor die Formula 1 Grand Prix wat ‘n nuwe seisoen afskop. Hierdie jaar is so vinnig uit die wegspringblokke uit, dat ek nog nie eers kans gekry het om uit te figure wat met die teams en die nuwe karre en reëls aangaan nie. Wat ek wel weet is dat ek slegs die goeie helfte van die Team Redbull ondersteun asook beide Ferarri se drivers. Max Verstappen kan ‘n groot vet holpynkak gaan vang iewers in ‘n tonnel onder ‘n brug nadat hy so absolute poes was met Sergio Perez. Fok daai Kaaskop eenhonderd persent! Anyway, die teams vat mekaar hierdie naweek aan in Bahrain en ek skiem dit gaan super exiting en baie meer onvoorspelbaar wees as verlede jaar!
Die heel, heel grootste rede hoekom ek na Maart uitsien, is omdat dit ook die tyd is waneer ek en my stukkie gewoonlik besluit om met vakansie te gaan. Die weer is steeds aangenaam genoeg, die pryse van verblyf val buite seisoen, alles is oor die algemeen cheaper, en net soos met die gym, is daar minder konte om jou, om vibe te versuur. Ons fokof more 4am op ‘n lekker road trip Kaap toe. Ons klap vir hom eers J-Bay om en looi dan elke derde dag ‘n nuwe town so al langs die see af, semi-beplan. Ek kan nie fokken wag nie! Hier is vir jou ‘n lekker holiday tip – jy weet nooit of daar singal gaan wees nie, so maak vir jouself ‘n lysie bymekaar van al die movies, doccies en reekse wat jy graag saans sal wil kyk, en download dit dan na jou laptop, foon of iPad toe. Dis presies wat ek met hierdie doccies gaan doen wat ek vir jou uitgesoek het.
Check jou aan die ander kant! We Met in Virtual Reality
Hierdie doccie is 100% binne die wêreld van virtual reality geskiet en capture al die excitement en weirdly verrassende intimiteit van hierdie odd ontluikende cultural movement. Dit cover die virtuele lewens van lede binne die VR Chat communities soos Jenny en Ray wat doof is en deel vorm van die Helping Hands Club. DustBunny en Toaster het ontmoet deur dans in VR en date mekaar long distance en IsYourBoi en DragonHeart gaan basies deur dieselfde ding. Jirre, ek weet nie hoe gesond so vibe kan wees nie. Kak soos hierdie en Tinder feak my heeltemal uit.
Rating: 6.0
Vanuit die peanut gallery:
“As someone who spends hours a day on VRChat, whether that’s drinking, going to private dance/music events, socializing, playing mini-games, etc, I am both excited and terrified to see this and witness the repercussions of this reaching a mainstream audience.”
Women Who Rock
Women Who Rock feature vroulike icons en pioniers van rock ‘n rol wat die musieklandskap vir ewig verander het en bring hulde aan hulle. Daar is ook lekker interviews met hierdie boss ladies en feature onder andere Shania Twain, Susanna Hoffs, Sheryl Crow, Chaka Khan, Joan Jett, Pan Benetar, Tori Amos en die lys gaan aan. Jy gaan dalk nie jou eie favourite op hierdie lys kry nie (Susanna Hoffs is my persoonlike absolute gunsteling), want as hulle almal moes feature, sou daar geen einde wees nie. Deal maar net met dit en geniet dit!
Rating: 7.5
Vanuit die peanut gallery:
“I haven’t seen the series but why no Chrissie Hynde in this trailer? To make a series like this without her is just plain rude!”
I Love You, You Hate Me
Hierdie doccie wys eintlik vir jou uit watse horrible poeste sommige mense is. Dit volg die persoon in die Barney suit en sy woedende reaksie en wat hy sê oor die menslike behoefte om te haat. Iets in die samelewing het gebreek en sal nooit weer reg gemaak kan word nie. Maybe is dit hoe mense actually nog al die tyd was. Dis ‘n though provoking dokumentêr oor die shockingly donker backlash teenoor ‘n doodgewone karakter wat vir – en hierdie mag dalk ‘n moerse fokken skok vir sommiges wees – klein kindertjies geskep is om hulle lewens bietjie brighter en fun en lekkerder te maak. Jissis, jy moet die conspiracy theory kak check wat uikom. Kak soos dat Barney drugs in sy suit se stert wegsteek om vir kinders te gee. Hoe absoluut poesdom is sommige uitgegroeide mans nie, huh?
Rating: 7.1
Vanuit die peanut gallery:
“It’s sad to see how the world could create so much hate from something that is so innocent and pure. So sorry that these individuals had to go through that. Just for the record, thank you so much for creating Barney. It has brought so much joy to my family. My little brother who has Autism absolutely loves this show to this day! It’s still his favourite! ☺️❤️ So thank you”
Kingdom of Dreams
Kingdom of Dreams is ‘n opwindende argiefgeleide storie van die modewêreld wat oor drie dekades strek – van die vroeë 1990’s tot die 2010’s. Dit is ‘n Golden Age – ‘n tyd wanneer die kragte van baanbrekende kreatiwiteit en ontwrigtende besigheid saamvloei en bots. Mode ontplof uit die tradisionele, elite-koninkryke van haute couture en styl – Parys, Milaan, Londen en New York – om ’n ware wêreldwye verskynsel te word. Die reeks ontvou oor vier episodes is packed met die verleidelike skoonheid en dramatiese intrige agter die mees ikoniese mode-oomblikke. ’n Franse entrepreneur gebruik jong punktalent om vervaagde mode-couturehuise te laat herleef en die rykste man in die wêreld te word. Wat kan moontlik verkeerd loop? Kyk, ek voel ‘n dooie fok vir modes 99% van die tyd, maar ek het groot respek vir baanbrekers en hierdie blink boonop na ‘n fokken lekker storie en ‘n stukkie geskiednis om my kennis te verbreed, vir welke rede ook al…
Rating: 8.4
Vanuit die peanut gallery:
“As I listen to the Business of fashion podcast, it was highly recommended by most fashion journalists and editors. Can’t wait to discover, behind the glamour.”
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
Crossfire S1 Crossfire volg die voormalige polisiebeampte Jo, wat teen die agtergrond van haar huwelik wat uitmekaar val, haar gesin met vakansie na die Kanariese eilande neem. Maar hul droomvakansie verander in ’n nagmerrie as gewapende mans hul hotel aanval. Sy en haar gesin raak só in ’n stryd om oorlewing betrokke Lees verder |
||
Tarzan van George Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Let the Right One In S1 Die storie draai om Mark en sy dogter Eleanor, wie se lewens tien jaar vantevore omgedolwe is toe sy in ’n vampier verander is. Eleanor (ook bekend as Ellie) lei ’n afgesonderde lewe. Sy kan net snags uitgaan terwyl haar pa sy bes doen om haar die menslike bloed te voed wat sy nodig het om te oorleef. Hulle keer uiteindelik na New York terug in hul desperaatheid om Ellie te genees. Lees verder |
|
|
The Tourist S1 Die premis van The Tourist draai om ’n Noord-Ierse man wat met geheueverlies in ’n Australiese hospitaal wakker word. Hy het geen idee wie hy is of hoe hy daar beland het nie. Al wat hy weet is dat iemand hom wil dood hê. Só begin sy pogings om sy identiteit te ontsyfer voordat sy verlede hom inhaal. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Julia S1 Julia is ’n fiktiewe vertelling van hoe die geliefde sjef Julia Child haar boek, Mastering The Art of French Cooking, in ’n TV-reeks omskep het. Dié reeks, The French Chef, sou uiteindelik vir tien jaar (1963-1973) uitgesaai word. Daarmee het sy ’n charismatiese kookpersoonlikheid geword. Soveel so, dat ’n mens haar eintlik die oorspronklike TV-sjef kan noem. Lank voor Nigella, lank voor Jamie Oliver, lank voor Gordon Ramsay, was daar dus Julia Child. Lees verder |
||
Gaslit S1 Gaslit is ’n kombinasie van politieke drama en satire. Die reeks is gegrond op die eerste seisoen van Leon Neyfakh se podcast, Slow Burn. Dit fokus op dele van die Watergate-skandaal wat nog redelik onbekend is. Dit sluit onder meer die rol in wat sekere fluitjieblasers gespeel het om president Richard Nixon vir sy misdrywe te laat boet.. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,083,282 post views in totaal sedert 1 November, 2019.