20 lekker Afrikaanse movies van onder ‘n uur lank elk om te stream!

kykNET se Storiefilm-projek is aan die einde van 2019 gelaunch met die doel om die fliekaanbod op die kanaal uit te brei en om werksgeleenthede te skep in die local movie industrie tydens die Covid-19 pandemie. Dit was moerse gewild onder kykers en het daartoe gelei dat die projek uitgebrei het om nie net nuwe werksgeleenthede te skep nie, maar om ook nuwe stemme in die film- en TV-industrie te identifiseer. Baie van Watkykjy se tjommies is betrokke by hierdie movies en dis lekekr om te sien hoe die local scene floreer. Die lekker ding van hierdie movies is dat jy dit kan skip as dit jou nie grab binne die eerste 5 minute nie, want hierdie films nie langer as 50 minute lank elk nie. Dis die befokte ding van medium format long shorts of shot longs (whatever die fok jy dit wil noem – die pacing moet vinniger wees, want jy het amper 50% minder tyd as ‘n gewone movie om die verhaal te vertel en ongeveer 70% minder tyd om jou audience in te katrol aan die begin. In hierdie geval wen die hasies die resies en nie die skilpaaie nie. Die movies se budgets is ook super klein, so die skeppers moet heavy buite die boks dink om dinge te maak werk. Gewoonlik speel die verhale dus om een location af om binner budget te bly, maar die mense wat die flieks maak, doen ‘n uistekende job en is moerse kreatief.
Ons het vir jou ‘n lys van 2o Storiefilm movies bymekaargeskraap wat jy in jou eie tyd kan aanpak. Dis ‘n lekker quickfire lysie! Daar kom volgende Saterdag juis nog ‘n befokte snaakse, nuwe aksiekomedie movie uit, maar ons sal jou volgende week daarvan vertel, want ons is moerse excited daaroor!
Bus 7070
Rita besluit om ‘n gedagteverandering te maak. Sy het hoop vir ‘n nuwe toekoms, en natuurlik hoop vir die geheimsinnige oë, deur Box 7070 se klein gaatjie, wat haar elke dag dieper trek.
Moeksie & Patrysie
Wanneer ma- en dogterspan, Moeksie en Patrysie, ‘n grap vertel, sit hulle nogal ‘n show op. Maar Patrysie smag na meer as om simpel grappies om die vuur te vertel.
Wegbreek
Nadat ‘n sosialemediaster tydens ‘n live video aangeval word, besluit haar boyfriend dis tyd dat hulle wegkom vir ‘n kort blaaskans. Maar hul perfekte wegbreek word die perfekte nagmerrie.
Aangetroud
Wanneer Lisa met die liefde van haar lewe, Albert, trou, besef sy vinnig dat haar skoonfamilie nie so verlief is op haar soos hy nie. Dalk sal ’n kleurvolle vakansie hulle van plan verander.
Bulletjie
’n Tiener neem kontrole oor sy pa se lewe nadat ’n beroerte hom amper wees laat.
‘n Man se Plek
‘n Vrou hoort langs haar man – daar om hom te dien, te ondersteun en tevrede te stel. Maar Madelein Hanekom begin wonder waar haar man hoort.
Poena
Covid-19 het Poena werkloos gemaak en hy word gedwing om sy oupa Poen te bel vir hulp. Dan trek Poena by sy Oupa in met hope beloftes van wat hy sal doen om weer op die been te kom.
Elsa en Magriet
Susters Elsa en Magriet kan mekaar nie verdra nie. Hulle besluit om hul huis permanent in die mark te sit om nuwe mense te ontmoet. Maar dinge fok uit wanneer die eiendomsagent ‘verdwyn’.
Ken Jy My Nou
Die vervaardiger van ‘n b-grade televisiereeks stamp ‘n hawelose man met haar motor om. Om enige gevolge te vermy, neem sy hom onder haar vlerk en bied hom ‘n klein rol in reeks aan.
Moordernaars Karoo
‘n Verhaal oor ‘n klein rustige dorpie wat in die greep van ‘n droogte vasgevang is.
Gielie
Gielie Goosen se groot liefde, Dollie en Pollie, het oorsee ge-move en woon nou in Engeland. Gielie wil ook na die UK emigreer. ’n Misverstand oor sy identiteit bring hom in groot moeilikheid.
In die Middel van Nêrens
Lisa Combrink kry ‘n onverwagse oproep van die huis af met die nuus dat oupa Jaap oorlede is. Wanneer sy by die huis aankom vir die begrafnis, besef sy weer hoekom sy in die eerste plek van die die plaas af gefokof het.
Op Soek na Reenboë
’n Liefdesverhaal wat wys dat liefde enige seer kan oorkom en dat dit soos ’n reënboog eers ná die reën kan verskyn.
Op Straat
Op Straat kyk hard na hoe sommige mense survive – haweloos en sonder ‘n safety net. Dit vertel die hartverskeurende verhaal van ‘n gesin wat uitmekaar geskeur is. Dit is ‘n storie oor vergifnis en genesing.
Die Dors
Dalyn is ‘n gewone man wat in ‘n ongewone tyd van groot droogte leef. Terwyl sy wêreld om hom uitfok, besef hy dat sy dors oor soveel meer gaan as net ‘n paar druppels water.
Die Sonversamelaar
Ná sy vrou se dood verloor Gert byna alles en word ’n karwag. Hy besef sy seun, Fred, is op pad na ‘n hopelose toekoms en het sy pa se hulp nodig.
Hart in Bos
Vakansies in Hartenbos is die perfekte tyd vir romanse en die onverwagte liefde wat jou hele wêreld verander. Omstandighede waarin Cupido oortyd moet werk het katastrofiese gevolge.
Skemer
’n Popster wat dringend ’n treffer nodig het om sy wankelende loopbaan te red, span kragte saam met ’n digter om ’n nuwe liedjie te skryf.
Magda Louw
Magda moet die ginekoloog sien vir haar jaarlikse ondersoek. Dit gee ons ‘n blik op die lewe van ‘n middeljarige Afrikaanse vrou.
Tannie Elsie
Tannie Elsie is onmoontlik. Sy is verreweg die stoutste en grootste rebel van al die inwoners by die aftreeoord. Haar kinders het haar 10 jaar gelede daar ge-dump.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,090,236 post views in totaal sedert 1 November, 2019.