Submit julle local movie pitches, first time director bitches!
Die grootste streaming service op ons kontinent, Showmax, is op soek na nuwe talent en het tesame met The Johannesburg Film Festival, ‘n open commissioning uitnodiging uitgesit vir 10 nuwe flieks om gemaak te word. Die doel hiervan is om nuwe talent te ontdek en die industry te groei. Die cool ding van “open commissions” is dat dit hoopvolle directors ‘n beter kans gee om hulle stories te pitch, aangesien die deur daarvoor oopgemaak word – iets wat baie min gebeur. Dis baie moeliker om ‘unsolicited pitches’ onder iemand se oë te kry, want niemand het daarvoor gevra nie. Ek weet, want ek het self al ‘n reeks ‘unsolictied’ aan KykNet probeer pitch in 2012 en in 2019 ‘n heeltemal ander reeks en kosnep (weereens ‘usolicited’) aan Showmax probeer pitch. In KykNet se geval het ek selfs gemanage om ‘n meeting met die grootkoppe te kry en het selfs ‘n pilot espiode geskiet en present in hulle fancy board room, wat heel goed afgeloop het. Nie een van die twee reeks het dit egter tot op die kassie gemaak nie. Dit beteken egter nie dat jy moet opgee voor jy begin nie. Maybe het hulle my net fokol gelik nie. Who knows? Beide van my idees is steeds befok, so ek sal oorweeeg om dit dalk in ‘n YouTube reejs te omskep as ek eendag ekstra tyd het. Maybe het jy die befokste movie idee ooit?
Terug by Showmax se open commissions brief vir die 10 movies:
Jou proposal moet ‘n first draft screenplay hê en jou storie moet afspeel in hedendaagse Suid-Afrika, Ghana, Kenya of Nigeria. Hedendaags beteken jy kan nie Jan Van Riebeeck se skeubuikstorie van 1652 vertel nie. Jy kan hom eerder laat time travel en plaas in 2023, waar hy ‘n fok voel vir loadshedding, want hy weet nie waddepoes elektrisiteit is nie. Maak uit? Verder moet jy ‘n first time director wees wat ‘n citizen is van enige van die vier bogenoemde lande en enige van daardie lande se offcial tale kan gebruik word in jou movie. Jou movie moet ook langer as 40 minute wees, aangesien dit binne die SAFTAs se riglyne moet val van Best Made-for-TV Movie Award kategorie.
Jou pitch moet die vorm aanneem van ‘n video-pitch in Engels en dit mag nie langer as 5 minute wees nie. Hier is vir jou so bietjie inspirasie deur iemand wat baie fokken goed weet wat hy doen – Mandla N:
Wie kwalifiseer as ‘n first time director?
In hierdie konteks is first time nie ‘n film- of TV-reeks-episode van 40m of langer wat jy al ge-direct het nie. Dit beteken dat peeps met ondervinding van ander formate toegelaat word, byvoorbeeld korter films (ek neem aan korter as 40 minute), advertensies, short shorts en so aan.
Wat is die budget per movie?
Dit hang af, maar dink slim oor die storie. Dit sal ‘n case-by-case besluit wees. Period films (films wat in sekere tydperke afpseel, nie ‘n movie oor periods nie) benodig byvoorbeeld set construction; sci-fi movies like van VFX as daar nie van in-camera effects gebruik gemaak word nie en met action films word kak gewoonlik opgeblaas of karre word gerol – dit chow alles meer production zak en word dus afgeraai. Dis ook raadsaam om die hoeveelheid karakters in jou storie aan die kleiner kant te hou. Jy gaan nie Titanic Vaalrivier of Avatar is Groot in Afrikaans maak nie.
Wat moet my video pitch alles cover?
Sien dit as jou mini CV waar jy so bietjie kan humble brag oor hoe cool jy is en hoe dik jou tril is. Jy kan hier ook uitbrei op nuwe talent wat dalk vir jou movie bevestig is en committed is tot jou cause.
- Wie is jy?
- Van waar af is jy?
- Watter projekte / produksies het jy al behartig of aan gewerk?
- Hoekom is jy passievol oor hierdie projek en wat maak jou uniek om hiervoor te kwalifiseer?
Jou storie kort ‘n sterk logline en uitgangspunt
‘n Logline cover vinnig waaroor jou draaiboek gaan, instluitend die hoofkarakter, die sentrale konflik, setup en antagonis.
- Record jouself en gee ‘n kort maar bondige opsomming van jou storie, insluitend die einde, in nie meer as 3 minute nie.
- Maak dit so interessant en vermaaklik as moontlik. Dink aan elke liewe woord wat jy gebruik.
- Waarna streef jou karakter? Waarmee sukkel hy en hoe oorkom hy dit? Is dit loadshdding? Is dit beurtwater? Sluit ook enige teenpole, weersprekende temas en resolusies in.
- Waar is die filmstel en hoe beinvloed dit die verhaal? Jy het byvoorbeeld nie access tot Megawattpark nie. Hoe nou?
Genre
Wat is die genre van jou film en hoe sal jy die unieke vereistes van hierdie spesifieke genre aanspreek?
Karakters
- Stel die karakters bekend en hoekom hulle verwant is aan mekaar en die storie.
- Verduidelik die overall beats van die movie om ‘n begrip te gee van waar die storie en karakters begin, hul emosionele reise en waar hulle eindig. ‘n Beat is ‘n klein stukkie aksie wat ‘n pouse in dialoog tot gevolg het. Gewoonlik fisiese gebare soos ‘n karakter wat na ‘n venster stap of sy bril verwyder en hul oë vryf. Of iemand wat sy broek aftrek en ESKOM se groot switch pluk.
- Sluit relevante punte in rondom die movie se intrige.
Look & Feel
- Verduidelik hoe jy hiedie movie gaan maak
- Wat is jou stemtoon en jou teksture?
- Wat is jou visuele en stilistiese doelwitte?
- Gebruik visuele verwysings om jou saak sterker te maak.
Submissions is oop:
Jy kan jou pitch gaan submit by https://submissions.mnetcorporate.co.za/channel/showmax en inskrywings sluit op die 1ste April 2023 (dieselfde dag wanneer ESKOM se piel met 18.65% groter word). Die 10 gekose projekte sal in die tweede helfte van 2023 aangekondig word en die daardie movies sal op Showmax gestream word in 50 lande regoor Afrika suid van die Sahara. in 2024
Good luck, jong de Ruyter!
May the Wors be with you!
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.