Local riller, DAM se nuwe seisoen is hier!

Toe die eerste seisoen van die local riller, DAM twee jaar gelede release is was daar nogal hype rondom dit wat op die ou einde heel geregverdigd was. Dit het Trackers onttroon as die beste Suid-Afrikaanse reeks wat ek tot dusver gesien het. Dit tick vir my al die boksies vir ‘n goeie produksie, van die cinematography, regie, editing, colouring tot sound design, uistekende casting en nog beter acting. Alles is net een befokte lekker package. DAM is in Adelaide en Bedford in die Oos-Kaap verfilm, en die rolverdelings sluit ook die SAFTA-wenners Antoinette Louw (An Act of Defiance) en Tarryn Wyngaard in (Die Invloed en Pulse); asook Faniswa Yisa, Laudo Liebenberg (The Day We Didn’t Meet en Asseblief & Dankie), Francis Chouler, Gerald Steyn (Mesies wat Fluit), Jennifer Steyn, André Odendaal (Lien se Lankstaanskoene) en Marvin-Lee Beukes (Die Byl en Wonderlus).
Die verhaal speel af in ‘n Oos-Kaapse boeregemeenskap en volg Yola wat van Chili af terugkeer huis toe vir haar pa se begrafnis, net om deur die spoke van haar verlede gekonfornteer die te word. Die eerste seisoen was vol intriges en surprises en season 2 se eerste episode is gister die wêreld ingestuur met nuwe weeklikse episodes wat elke Donderdag release word tot en met tot 23 Maart. Is season 2 is dit nou drie maande na die Lentefees en dit lyk of die cult se riruals en sacrifices ge-graft het want reën het gekom en die land vernuwe. Yola (vertolk deur Lea Vivier van The Day We Didn’t Meet en Halwe Ton Dinamiet) onthou egter fokol sedert haar terugkeer vir haar pa se begrafnis nie. Kan sy die legkaartstukke laat pas terwyl diamante ontdek word, ‘n massagraf opgegrawe word en ‘n monster in die dam opduik? Ons het by Lea aangeklop om meer uit te vind oor seisoen 2 van DAM.
Hoe was die reaksie op seisoen 1?
‘n Groot verskeidenheid mense het my op baie verskillende plekke voorgekeer en gesê: “Is jy Yola van DAM? Ons het die storie so geniet! Dit was ‘n wonderlike groep akteurs en het eg Suid-Afrikaans gevoel.” Dit blyk dat mense die feit dat dit ‘n hele klomp verskillende Suid-Afrikaners is wat bymekaar kom en een storie vertel – in ons verskillende tale, met die verskillende kulturele erfenisse – baie geniet het. Ons vertel nie bloot ‘n storie in isolasie van mekaar nie; dit is ‘n pragtige ensemble-werk.
Hoe het dit gevoel toe DAM verlede jaar vir 11 SAFTA’s genomineer is?
Dit was ’n aangename verrassing, veral omdat DAM reeds ‘n jaar en ‘n half voor die SAFTA-benoemings uitgekom het. So ek het nie soveel benoemings verwag nie. Maar natuurlik was ons almal baie bly en dankbaar. Wanneer jy TV en film doen, kry jy nie gehoor-applous soos op die verhoog nie, so dit is heerlik om erken te word vir jou werk en om te weet dat mense die harde werk en bloed, sweet en baie trane waardeer wat ingesit is.
Hoe sou jy DAM beskryf?
Dit is ‘n sielkundige riller, met baie invloede van magiese realisme. Dis vars. Dis ’n Suid-Afrikaanse storie wat ek nog nie voorheen op ons skerms gesien het nie.
Wat was hierdie seisoen vir jou die grootste uitdaging?
All die onderwater-tonele. Ek moes eintlik ‘n intreevlak-skubakursus doen sodat ek al die onderwatertonele kon uitvoer. Ek is claustrofobies en glad nie ‘n goeie swemmer nie, so dit was baie uitdagend. Ek weet nie hoekom mense aanhou om my vir swemprojekte te kies nie! Ek kan doggy paddle swem.
Hoekom moet mense die nuwe seisoen kyk?
Want Seisoen 1 het met ’n groot vraagteken geëindig en omdat ons ’n eg Suid-Afrikaanse manier probeer vind om televisie te maak. Dit is nie net om te probeer navolg wat Amerikaners doen of wat ander mense in ander bedrywe gedoen het nie. Die reeks probeer om ons eie outentieke Suid-Afrikaanse voetspoor te vind.
As jy nie ‘n akteur was nie, wat sou jy wees?
Ek sou seker in die sirkus wees. Ek sou ‘n sweefstok-artieste wou wees. Of ek sou ‘n sielkundige wees, maar ek voel dat dit ‘n baie vervelige antwoord is. So kom ons gaan met sirkus!
Wat is jou droomrol?
Ek was bevoorreg genoeg dat al my rolle fenomenaal was. Maar iets wat ek baie graag sou wou doen, wat ek tot nou toe nog nie gedoen het nie, is ‘n rol wat soveel prostetika en veranderinge in my voorkoms verg, dat wanneer ek in die spieël kyk, ek myself glad nie herken nie. Dit sal regtig opwindend wees en ek dink dit sal my in staat stel om ‘n ander dimensie van toneelspel te verken.
Jou gunsteling-programme?
Daar is soveel briljante programme daar buite, maar tans is my gunstelinge White Lotus, asook Succession. Ek is ‘n groot aanhanger van Brian Cox en het onlangs sy biografie gelees … Dit is ‘n meesterklas in toneelspel en hoe om die film- en televisiebedryf te benader.
Tot 3 Maart 2023 sal subscribers wat vir een maand van Showmax betaal, ‘n tweede maand for free score! Dit geld vir nuwe subscribers asook dié wat terugkeer na hulle hulself eers iewers moes gaan vind het. Click hierso vir die 2-for-2 deal.
Watkykjy staan op 3,130,251 post views in totaal sedert 1 November, 2019.