Francois Van Coke bied aan: Rock ‘n’ Rugby by Loftus Versfeld (Sat 22 April)
Francois van Coke se twee groot passies in die lewe is rockmusiek en ruggas. Hy het as laitie daarvan gedroom om eendag serious rugby te jol maar toe fluister die duiwel in die predikantskind se ore en toe wen rock. Hy het nou besluit om die twee goete te mix en die result is ‘n kief event, Rock ‘n’ Rugby – ‘n piele music show op Saterdag 22 April by Loftus Versveld wanneer die Vodacom Bulls en Leinster mekaar aandurf vir die Vodacom United Rugby Championship groepfase game.
Die rugby game self skop 16:00 af met Francois Van Coke wat die half-time show doen, maar die rock ‘n roll party self skoop reeds 12:00 af met ‘n paar lekker bands op die line-up. En dan klap Francois van Coke en sy band, Die Gevaar weer ‘n lekker show 19:00 na Leinster verloor het. Ek het geskiem die tickets vir so vibe gaan either poes duur wees hier by die R450 rond en dat ‘n fair prys R250 sou wees, maar dis actually ‘n moerse fokken bargain teen R195 en die kaartjieprys sluit toegang tot die rock consert by Loftus Park, plus die rugby game by Loftus Versfeld in!
Program
11h00: Hekke maak oop
12h00: Mensdom
12h45: Skelm
13h30: Zaan Sonnekus
14h30: Crashcarburn
15h15: Stap na Loftus Versfeld saam met Francois van Coke
16h50: Francois van Coke tree op tydens halftyd
18h20: Stap terug na Loftus Park
19h00: Francois van Coke & Die Gevaar optrede
Watkykjy staan op 3,084,465 post views in totaal sedert 1 November, 2019.