Eindig die laaste naweek in Feb met hierdie lekker 4 nuwe reekse!
My fok, hoe het ons so vinnig tot aan die einde van Februarie gekom? Volgende week is die laaste maand van die eerste kwart van die jaar. Dit betken ook die eerste publieke vakansiedag van die jaar – Human Right’s Day op Vrydag die 21ste Maart. Net as ‘n side note – hierdie jaar val elke publieke vakansiedag op ‘n weeksdag, behalwe vir Day of Reconciliation wat op 16 Desember op ‘n Saterdag val, maar ek wed julle twee solar panels dat ons president (whoever dit teen daai tyd mag wees, want alles poes uit mekaar uit) vir ons Maandag die 18de vir mahala sal gee. Fok, ek wou julle nog ook tune hoe om julle leave te beplan vir die jaar en hoe om dit te maximise sowel as om ‘n lys van piele plekke te gee om te gaan ballas bak, maar due jaar het my so vinnig ingehaal, dat ekself volgende Vrydag reeds Garden Route toe fok vir ‘n bietjie van ‘n destressing en gefuif met vriende. Onhou ook dat Formule 1 volgende naweek met ‘n moerse gejuig terug is.
In die meantime is hier vir jou 4 nuwe reekse om deur te draf:
Julia season 1
Hierdie reeks is geinspireer deur Julia Child, die legendariese kookboektannie en TV superster way verander het hoe mense dink oor kos, TV en vrouens. Sy is die Franse chef wat essentially kostelevisie die lig laat sien het. Julia gaan oor ‘n suksesvolle vrou se opkoms na selfs meer sukses, teen al die ods. Mans tune Child wat sy nie kan doen nie, en sy gaan voort en werk ‘n manier uit om dit in elk geval te doen en vir hulle ‘n vet pit te druk.
Uit die peanut gallery:
“Julie & julia is my ultimate comfort movie, and i did not see this coming. A whole series picking up right where the movie left off? I am pumped”
East New York season 1
Cop dramas doen oor die algemeen moerse goed en dit klink of hierdie reeks ‘n nuwe angle inslaan. East New York volg die onlangs bevorderde polisiekaptein Regina Haywood, wat ‘n diverse groep beamptes en speurders lei, van wie sommige huiwerig is om haar kreatiewe metodes van diens en beskerming te ontplooi. Dit klink reeds beter as Tshwane se Polisiediens.
Uit die peanut gallery:
“I like the vibe of the show. It’s gonna be intense, possibly heartwarming, and engaged. And my boy Jimmy Smitts is back on the screen! Can’t wait to see this!!”
Let The Right One In season 1
Hierdie reeks is eers van Maandag af beskikbaar maar dit klink nogal heel befok! Die reeks volg oor Mark en sy dogter Eleanor wie se lewens 10 jaar vantevore vir altyd verander is toe sy in ‘n vampire verander is. Toegesluit op die ouderdom van 12, maybe vir altyd, leef Eleanor ‘n geslote lewe waar sy net in die nag maguitgaan, terwyl haar pa sy bes doen om haar te voorsien van die menslike bloed wat sy nodig het om aan die lewe te bly. Ek skiem ons kort al ‘n rukkie lank ‘n lekker nuwe vampire reeks. My vrou gaan fokken happy wees oor hierdie outjie!
Uit die peanut gallery:
“First episode is solid and builds on the original story, as any series adaptation should. Lighting, cinematography are really nice, pacing is good. Cast is really strong. Looking forward to the next episode”
Crossfire season 1 season 1
Jy kan hierdie reeks vanag komende Donderdag begin kyk, weekliks. Dis gemaak deur die brasse wat verantwoordelik is vir The Responder en klink na nog ‘n lekker cop drama! Voormalige polisiebeampte Jo, van haar familie met vakansie na die Canary Islands terwyl haar huwlik eintlk besig is om uitmekaar te fok. Dan bars die eintlik hel los wanner dit ‘n battle vir survival is wanneer gewapende konte hulle vakansiehotel aanval. Jirre, ek gaan dit kyk net om te sien of ek enige iets van die Canary Islands onthou toe ek in 1999 daar was.
Uit die peanut gallery:
“There’s not enough diversity in this programme 😆 If watching 10 people running around a hotel for two hours trying to dodge a sniper interests you, then this is the series for you. I dread to think what this was like as a book”
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
DAM S1-2 Die tweede seisoen, wat vanaf 16 Februarie 2023 op Showmax in weeklikse sarsies beskikbaar gestel word, tel die drade van die storie sowat drie maande ná die Lentefees op. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het immers geval en die land vernuwe. Maar Yola onthou niks sedert sy van haar pa se begrafnis teruggekeer het nie… Lees verder |
||
Gaslit S1 Gaslit is ’n kombinasie van politieke drama en satire. Die reeks is gegrond op die eerste seisoen van Leon Neyfakh se podcast, Slow Burn. Dit fokus op dele van die Watergate-skandaal wat nog redelik onbekend is. Dit sluit onder meer die rol in wat sekere fluitjieblasers gespeel het om president Richard Nixon vir sy misdrywe te laat boet.. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
American Gigolo S1 Die storie draai om Julian Kaye – die American gigolo van die titel. Julian is destyds tronk toe gestuur vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Sowat 15 jaar laat word hy dan vrygespreek. Die storie volg sy pogings om die stukke van sy lewe op te tel terwyl die speurder wat hom agter tralies gesit het, werk om die raaisel wat tot sy aanhouding gelei het, te ontsyfer. Lees verder |
|
|
The Tourist S1 Die premis van The Tourist draai om ’n Noord-Ierse man wat met geheueverlies in ’n Australiese hospitaal wakker word. Hy het geen idee wie hy is of hoe hy daar beland het nie. Al wat hy weet is dat iemand hom wil dood hê. Só begin sy pogings om sy identiteit te ontsyfer voordat sy verlede hom inhaal. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Projek Dina S1-2 Kapt. Deon Visagie (Tim Theron), sers. Luxolo Dladla (Chumani Pan) en lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se opdrag is nie maklik nie – die speurders moet roer om sake oor vermiste mense op te los. Die reeks is gegrond op ware gebeure. Skepper Roberta Durrant se dogters is jare gelede amper ontvoer. Dis ’n senutergende drama, versadig en dik van emosie en trauma. Lees verder |
||
Mooiweer en warm S1 Watkykjy skryf só oor die reeks in sy resensie: “In ’n poging om die dorp se Afrikaanse kerk se koffers aan te vul, stem enkellopende vrouepredikant, ds. Issie (Marisa Drummond) in om ’n kontrak te sluit met die plaaslike, selfaangstelde “markargitek”, Alex Kemp (Geon Nel) om ’n vlooimark op Saterdae op die kerkgronde te hou. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,049,180 post views in totaal sedert 1 November, 2019.