Drie 7+ rated reekse om jou deur die laaste 10 dae van Feb te sleep!
Welkom so kort net voor jy afpak en fles vat vir die naweek. Ons is oudergewoonte weer hier om jou tune tune wat om te stream en ons hou dit vandag super eenvoudig! Ons gaan stick by 3 befokte series wat jy kan kyk, almal met ratings hoër as 7. En dit sal jou genuine kan hou tot die einde van Feb. Altesaam is daar 69 episodes om deur te draf met hierdie drie reekse. – ‘n average van 6 per dag, maar ongeveer helfte van hulle is sitkomlengte, so jy sal lekker diep kan induik! En as jy lus is vir my persoonlike beste reeks, onthou om DAM ook ‘n shot te gee!
Ons is volgende week weer terug met lekker oogkakkies vir julle!
The Girlfriend Experience (season 3)
Iris (Julia Goldani Telles van The Affair) trek Londen toe en laat haar gesin en ‘n halfvoltooide neurowetenskap-graad agter. Sy begin ‘n dubbele lewe lei: sy werk by ‘n tech firm terwyl sy snags die “girlfriend experience” bied. Basically ‘n netjies en fancy hoer. Hierdie reeks is 18-rated en is deur die Oscar-wenner Steven Soderbergh vervaardig (Kimi, The Knick en Let Them Talk). Die LA. Times het getune dat Girlfriend Experience pandemic sex voorspel het. Jy sal maar die reeks moet nodge om te kyk wat hulle nou eintlik daarmee bedoel. Hoe was jou pandemic sex, by the way? Lekker draties kap!
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
“After seeing the first two episodes last night on Starz I was totally impressed with this show because the writing, the cinematography, that erotica feeling, and the direction made it feel more than a softcore porn-like show that I never seen before compared to Steven Sodebergh’s The Knick. This show’s worth watching like”
I Love That For You (season 1)
Rating: 7.2
Geïnspireer deur ware gebeure, volg I Love That For You , ‘n survivor van kinderleukemie, Joanna Gold (Vanessa Bayer van Saturday Night Live en 2020 se Will & Grace) terwyl sy haar lewenslange droom najaag om die host van ‘n home shopping network channel op TV te word. Sy skud haar “cancer girl” label af en trek weg van haar ouers af. Ter selfde tyd begin sy ‘n ontluikende romanse vir die eerste keer in haar volwasse lewe en raak bevriend met haar afgod, die charismatiese ster van die netwerk (Molly Shannon van The White Lotus en The Dead Mothers Club). Maar wanneer ‘n klein wit leuentjie vir haar baas (Jenifer Lewis van Black-ish) begin fokken snowball, vind Joanna uit dat die lewe van haar droom wat sy najaag met ‘n moerse price tag het! Hierdie rol vir Vanessa Bayer is fokken long overdue! Sy is een van my favourite SNL comedians! I Love That For You gaan heel bo aan my kyklysie vir die naweek!
Rating: 7.2
Vanuit die peanut gallery:
“I love this. If anyone deserves a show, it’s Vanessa Bayer.”
Young Rock (season 2)
Daar is eintlik maar fokken min mense wat nie van Dwayne “The Rock” Johnson hou nie. Seriously, what a guy! En wat is nou lekkerder vir fans soos ons, as om ‘n sitkom te check wat op sy lewe gebasseer is? Die reeks is uiteindelik terug vir ‘n tweede seisoen, met bietjie van ‘n twist: die 2032 time line waarin Dwayne as president verkiesbaar is. baie meer prominent wat beteken dat ons meer van actual Dwayne self sal sien. Seisoen 2 is ook genomineer vir drie People’s Choice-toekennings: The Comedy Show of 2022, Comedy TV Star of 2022 en Favorite Male TV Star (albei vir Johnson self)
Rating: 7.9
Vanuit die peanut gallery:
“Imagine being a little kid back in the late 70s/early 80s, walking into your living room and seeing Afa and Sika, Junkyard Dog, Iron Shiek and Andre The Giant just casually hanging out….”
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click gerus hier vir nog van hulle voorstelle en artikels!
DAM S1-2 Die tweede seisoen, wat vanaf 16 Februarie 2023 op Showmax in weeklikse sarsies beskikbaar gestel word, tel die drade van die storie sowat drie maande ná die Lentefees op. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het immers geval en die land vernuwe. Maar Yola onthou niks sedert sy van haar pa se begrafnis teruggekeer het nie… Lees verder |
||
Gaslit S1 Gaslit is ’n kombinasie van politieke drama en satire. Die reeks is gegrond op die eerste seisoen van Leon Neyfakh se podcast, Slow Burn. Dit fokus op dele van die Watergate-skandaal wat nog redelik onbekend is. Dit sluit onder meer die rol in wat sekere fluitjieblasers gespeel het om president Richard Nixon vir sy misdrywe te laat boet.. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
American Gigolo S1 Die storie draai om Julian Kaye – die American gigolo van die titel. Julian is destyds tronk toe gestuur vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Sowat 15 jaar laat word hy dan vrygespreek. Die storie volg sy pogings om die stukke van sy lewe op te tel terwyl die speurder wat hom agter tralies gesit het, werk om die raaisel wat tot sy aanhouding gelei het, te ontsyfer. Lees verder |
|
|
The Tourist S1 Die premis van The Tourist draai om ’n Noord-Ierse man wat met geheueverlies in ’n Australiese hospitaal wakker word. Hy het geen idee wie hy is of hoe hy daar beland het nie. Al wat hy weet is dat iemand hom wil dood hê. Só begin sy pogings om sy identiteit te ontsyfer voordat sy verlede hom inhaal. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Projek Dina S1-2 Kapt. Deon Visagie (Tim Theron), sers. Luxolo Dladla (Chumani Pan) en lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se opdrag is nie maklik nie – die speurders moet roer om sake oor vermiste mense op te los. Die reeks is gegrond op ware gebeure. Skepper Roberta Durrant se dogters is jare gelede amper ontvoer. Dis ’n senutergende drama, versadig en dik van emosie en trauma. Lees verder |
||
Mooiweer en warm S1 Watkykjy skryf só oor die reeks in sy resensie: “In ’n poging om die dorp se Afrikaanse kerk se koffers aan te vul, stem enkellopende vrouepredikant, ds. Issie (Marisa Drummond) in om ’n kontrak te sluit met die plaaslike, selfaangstelde “markargitek”, Alex Kemp (Geon Nel) om ’n vlooimark op Saterdae op die kerkgronde te hou. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.