ChatGPT maak uit van tos Afrikaanse popmusiek – kragtige kortes

Jisss, almal is nou deesdae ChatGPT befok. Dit laat my terugdink aan die eerste twee jaar van Facebook hier tussen 2007 en 2009 rond. Ewe skielik het elke uninformed, beterweterige pielkop ‘n verniet platformpie gehad waarop hy sy oningeligte opinie kon uitkots. Lekker moeiteloos boonop, want jy geen IT skills nodig gehad nie, daar hoef nie effort ingesit te word nie en jy kan unchecked sê en doen wat jy wil. Social media het dom en lui konte nog dommer en luier gemaak en aan elkeen ‘n mikrofoon en ‘n seepkissie gegee. Meeste van hulle opper-nole. Hulle kruip altyd agter die one-liner wag van “wel, dis my opinie en almal mag ‘n opnie hê”. Fok feite en sience met ander woorde. “Die vaccine gaan jou doodmaak en het al duisede mense doodgemaak. En moet my nie kruisig nie, want dis my opinie en almal mag ‘n opinie hé”. Volgens hierdie tipe unieke sneeuflokkie se begrip van wat ‘n opinie is, los dit my dus die vryheid om iets kwyt te raak in die lyn van: “Ek het jou ma gister onder die brug sien piel suig vir R20. Don’t shoot the messenger, dis net my opinie”.
Jissis, raak ek nou fokken heeltemal off track. Waar was ek? O ja, artificial intelligence. Of meer spesifiek, ChatGPT – daai outjie wat meeste mense skiem die enigste artificial intelligence is, en natuurlik al die misconceptions oor AI in die algemeen wat daarmee gepaard gaan omdat hulle net van ChatGPT weet. Misconceptions soos “die roboddens gaan die aarde oorneem!” of “Great! Nou hoef ons nie net oor BEE te worry wat ons jobs gaan vat nie!”. My ou, niemand wil eintlik jou kak job hê waaroor jy so bitch nie. AI is hier om ons te help om dinge makliker te maak, nie om ons te replace of spiteful te wees nie. Dit spoeg uit wat die mens hom voer.
Vat nou maar byvoorbeeld tos Afrikaanse popmusiek – dis die fokken maklikste ding op aarde om te skryf as things stand. Dis die lowest hanging fruit in die musiekindustrie in sy geheel. Jy kan nou die een na die ander cheesy Afrikaanse popmusiek uitkak deur ‘n klomp lyne vir ChatGPT te voer, en voila! – jy het ‘n song op gelyke tosvlak met Bobby, Karlien, Jay en daai ander poes van Centurion wat so in sy swembroek vir die kinders flex by ATKV-oorde. As meer mense tunes op hierdie wyse skryf, sal die mense wat vir daai “hits” verantwoordelik is, best case scenario minder werk hê en hopelik opgee. Hulle kan maar join ook, want maybe kan dit soos Facebook raak – laat fokken ALMAL daai tos tunes skryf, opneem perform en die mark saturate soos ‘n papgepiste bergiematras. Dan sal niemand special voel nie. Dit sal die beste fokken dag ooit wees, want fok daai hele demographic van ons land. Net om vir jou te wys hoe maklik dit is om ‘n cheesy Afrikaanse pop uit te kak met AI (let’s face it, sonder AI is dit actually glad nie ‘n challenge nie) het ek een hierdonder ge-post wat ChatGPT vir my binne minder as 10 sekondes uitgekak het. Ek het ‘n verdere 20 sekondes geneem om hier en daar te tweak, want dis hoe AI werk – dit kort steeds human input.
Maar kyk dalk eers gou ietsie cool oor AI. Dis ‘n befokte kortfilmpie met kief animasie en hopelik sal jy die hele storie rondom evil computers beter verstaan:
Raait, gaan haal daai bokskitaar van jou waarmee jy almal alyd so irriteer met jou “talent” rondom die bonfire of braai. Jy sal die chords maklik kan speel want dis poes basic. Again, lowest haning fruit. Neem gerus ‘n video van die performance sodat ons dit vir jou verniet kan share.
Ek het ChatGPT die volgende instruksies gegee:
– Skryf vir my ‘n Afrikaanse popmusiekliedjie
– make the song more cheesy and let it rhyme more
– suggest basic guitar chords for the generated song
– suggest a name for the generated song
Hier is die resultaat:
“Jy’s My Sprinkels” which means “You’re My Sprinkles” in Afrikaans. It’s a fun and cheesy title that reflects the sweet and joyful nature of the song, and the idea that the person you’re with adds that extra special something to your life, like sprinkles on ice cream.
Guitar chords:
Verse: Am, F, C, G
Chorus: C, G, Am, F
Bridge: Dm, Am, F, G
Verse 1:
Jy’s my droomprinses, my perfekte match
Jy’s my regterhand, my beste laggie, wat ‘n catch
Laat ons saam dans, tot die son sak
Want jy’s my alles, my suikerriet, my heilige graal
Chorus:
Kom saam met my, ons gaan die wêreld verken
Met musiek in ons ore gaan ons aanhou wen
Ons dans tot die son opkom
Jy’s die sprinkels op my roomys, my brandende vonk
Verse 2:
Jy’s my son, my maan, my sterre in die nag
Jy’s my baby, jy’s my engel en my grootwildjag
Laat ons saam lag, tot ons kake pyn
Want saam met jou wil ek altyd net glimlag en wyn
Chorus:
Kom saam met my, ons gaan die wêreld verken
Met musiek in ons ore gaan ons aanhou wen
Ons dans tot die son opkom
Jy’s die sprinkels op my roomys, my brandende vonk
Bridge:
Laat ons saam sing, tot die heelal ons hoor
Want jy’s my alles en ek wil jou nooit verloor
Laat ons saam dans tot ons voete pyn
Dis fie beste medisyne vir samesyn
Chorus:
Kom saam met my, ons gaan die wêreld verken
Met musiek in ons ore gaan ons aanhou wen
Ons dans tot die son opkom
Jy’s die sprinkels op my roomys, my brandende vonk
Outro:
Jy’s my alles, my hart se lus
Niemand gaan ons passie vir mekaar kan blus
Kom ons bly vir ewig jonk
Jy’s die sprinkels op my roomys, my brandende vonk
Watkykjy staan op 3,090,352 post views in totaal sedert 1 November, 2019.