Adelaide Kane – Woensdag se warm bokkie

Adelaide Kane ‘n Australies-gebore aktrise wat sedert 6-jarige ouderdom al besig is in die bedryf. Sy het haar eerste groot rol op 11 gekry in die Australian soapy, Neighbours. Haar eerste rolle in movies in Hollywood was met Goats en The Purge in 2012 en 2013 en die reeks Teen Wolf was ook iewers in die mix gewees. Een van haar grootste rolle tot dusver was in die hoofrol van Mary, Queen of Scots in die reeks Reign. Die kakste movie waarin sy ooit gespeel het, was Cosmin Sin wat in 2021 release is. Dis egter nie haar skuld dat die movie kak was nie, want Bruce Willis se acting was die slegste wat dit nooi ooit was. Snaaks genoeg is dit ook nie Bruce Willis se skuld dat hy so kak ge-act het nie. Jy sou dalk gemerk het dat meeste van sy onlangse movies regttig in die steek gelaat was deur sy acting. Bruce het afgetree, want hy is met aphasia gediagnoseer – ‘n kognitiewe braintoestand wat ‘n persoon se vermoë om geskrewe en gesproke taal uit te druk en te verstaan, beïnvloed.

Reign — “With Friends Like These” — Image Number: RE401a_0100.jpg — Pictured: Adelaide Kane as Mary, Queen of Scots — Photo: Ben Mark Holzberg/The CW — é 2017 The CW Network, LLC. All Rights Reserved
Watkykjy staan op 3,125,755 post views in totaal sedert 1 November, 2019.