Yaki K – Apocalove

Right, kom ons skop die “eerste” Maandag van die jaar af hier op Watkykjy. Almal is teen hierdie tyd seker nou al weer terug by die werk en kort ‘n vakansie na hulle vakansies. Jy sit nou daar en wonder waddefok om te doen terwyl die donnerse krag af is. Vat maar nog ‘n vakansie of iets.
Of luister bietjie soothing musiek om jou gestressde tiete te bedaar…
Yaki K is ‘n Suid-Afrikaanse indie artist uit die suide van Petoors. As jy in die laat 90s die local music scene geken het, sou jy dalk geweet het van haar band sShhh… waarin sy die lead singer en songwriter was. Min of meer twintig jaar later in 2014, het sy met ‘n nuwe band, Empire of Desire ‘n EP release. Sy het haarself nou opnuut ge-rebrand en staan deesdae bekend as Yaki K. Gedurende die pandemic het sy haar eerste tune onder haar nuwe naam geksryf en laat record in Nashville – Apocalove. Yaki se velvety vocals herinner nogal sterk aan international artitst soos Massive Attack of Portishead. Dis relaxing musiek waarmee mens net kan chill en ek skiem Apocalove sal op een of ander stadium die regte match vind tot ‘n soundtrack op ‘n movie of ‘n reeks op Netflix of Showmax. Dit het totes ‘n sound track vibe.
Watkykjy staan op 2,932,449 post views in totaal sedert 1 November, 2019.