So ietsie vir almal om die naweek te stream
Welkom by die derde Vrydag van 2023. Dit voel asof ons al fokken 6 maande in die nuwe jaar in is moet die verfoklike loadshedding wat geen einde gaan kry nie. Dinge lyk fokken donker vir hierdie jaar. Sommer letterlik. Jissis, ESKOM sal mens fokken lewensmoeg maak! Ons sal tips gooi oor hoe om loadshedding te navigate binne die volgende week of twee. Promise. En jy sal actually heavy baat vind daarby, guaranteed.
In die meantime, wanneer jy ‘n kansie kry, download sommer die reekse, doccies en movies hieronder na jou laptop, foon of tablet toe, want jy sal ten minste iets hê om te kyk in stage what the fuck ever mits jou devices ge-charge is.
Ons het 5 lekker voorstelle vandag en dit sluit in ‘n super befokte animation reeks vir groot en jonk, een movie asook ‘n hectic doccie.
Ronja, The Robber’s Daughter
Die storieverteller se werk word behartig deur Gillian Anderson (Sex Education, The Crown, The X-Files). Ronja, the Robber’s Daughter is ‘n epic Emmy-wenner animasiereeks en is gebasseer op die boek van dieselfde naam wat deur dieselfde tannie geskryf is wat Pippi Langkous geskryf het. Dis vermaak vir die hele gesin. By the way, ek het die Pippi Langkous movie hier iewers op VHS in ‘n kas. Dis in Nederlands though, maar ek skiem ek sal dit op YouTube laai vir dié van julle wat curious is.
Anyway, Ronja is ‘n 10-jarige meisie wat in ‘n groep rowers gebore is. In die loop van 26 episodes raak sy bevriend met die seun van haar pa se rival en verken die pragtige maar angswekkende woud, wat vol vreemde wesens is. Hierdie is probably die heel beste reeks om saam met kids te kyk. Heilsaam as fuck!
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
“Omgg the story of this show is so beautiful and mature and complex! I really grew to love both the look and the characters as it progressed! I just finished watching it and I am astounded, would recommend it to anyone with a love for adventure and love itself!”
Sins of The Amish
Sins of the Amish is ‘n tweedelige dokumentêre reeks wat sexual abuse oopvlek in die Amish-gemeenskap en ‘n spotlight gooi op die gebroke strafregstelsel wat nie daarin geslaag het om die slagoffers te beskerm nie. Hierdie ware misdaadreeks profile die oorlewendes terwyl hulle vir die eerste hul diep persoonlike stories et baie moed en durf vertel. Dis ‘n fokken afgryslike portret van die patroon van donker gedrag en slagofferstilte wat die Amish-gemeenskap vir geslagte lank deurdring het – en grootliks ongemerk gegaan het. Jissis, dit klink rof.
Rating: 7.4
Vanuit die peanut gallery:
“Great respect to those individuals who are willing to share their personal stories to raise awareness and protect others. You guys are loved and admired! 💔”
Downton Abbey: The Movie
As jy een van daai mense is wat van What’s Up praat in plaas van WhatsApp, gaan jy probably Downton Abbey uitspreek as Down town Abbey, am I right? Jou fokken nool. So DownTON Abbey, die fliek, gaan voort met die verhaal van die geliefde, veelbekroonde historiese dramareeks terwyl die Crawleys en hul onverskrokke personeel voorberei vir die belangrikste oomblik van hul lewe: ‘n koninklike besoek van die koning en koningin van Engeland. Die gunstige geleentheid ontketen binnekort skandale, romanse en intriges, wat die toekoms van Down-fokken-TON in die weegskaal laat hang.
Die film sien die terugkeer van baie van die oorspronklike rolverdeling, insluitend mense soos Hugh Bonneville, Michelle Dockery, Jim Carter, Imelda Staunton, Maggie Smith en Geraldine James en Simon Jones wat by die rolverdeling aansluit as Queen Mary en King George V. Jissis, nou moet ek eers die reeks gaan kyk voor ek die movie kyk. Dis blykbaar fokken next level.
Rating: 7.4
Vanuit die peanut gallery:
“As someone who grew up with the waning of this upstairs/downstairs world, I can tell you that the most snobbish people I have ever encountered in my life were the domestic staff. Not only did they judge each other from their position in the household but they also judged guests visiting my grandmother, a French duchess, by their rank in society. New money was frowned upon by them. I have witnessed a silly butler threatening to strike his underlings if they didn’t perform their duties to his satisfaction. He was just one of the hideous people who worked for my grandmother and her estate. It’s called “Inverted Snobbery” and is the worst kind there is. Btw, I’m talking about no longer than 20 years ago and not the ancient regime!!”
The Sex Lives of College Girls
The Sex Lives of College Girls volg vier kollege-kamermaats by die fiktiewe Essex College en is geskep deur Mindy Kaling (Never Have I Ever, The Office) en Brooklyn Nine-Nine skrywer Justin Noble. Die main sterre sluit in Pauline Chalamet, Amrit Kaur, en Broadway-sterre Alyah Chanelle Scott en Reneé Rapp. Alhoewel Essex College fiktief is, het dit ‘n mate van ooreenkoms met die skepper, Mindy Kaling se gesogte Ivy League-alma mater, Dartmouth College. HBO Max het reeds The Sex Lives of College Girls vir ‘n derde seisoen hernu.
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“i just finished the show and its better than i couldve ever imagined i definitely recommend and i cried and laughed so hard.”
The last of Us
Red wie jy kan red! Die 20 jaar nadat die moderne beskawing vernietig is. Joel (Pedro Pascal, Game of Thrones), ‘n geharde survivor, word gehuur om die 14-jarige Ellie (Bella Ramsey, His Dark Materials en Game of Thrones) uit ‘n onderdrukkende kwarantynsone te smokkel. Wat as ‘n klein mission begin, word gou ‘n moerse wrede hartverskeurende reis. Hulle moet die VSA deurkruis en is van mekaar afhanklik vir oorlewing. Die reeks is gebasseer op die video game van dieselfde naam en is produce deur Craig Mazin (Chernobyl) en Neil Druckmann van die The Last of Us en Uncharted video game franchises.
Die rolverdeling sluit in Murray Bartlett (The White Lotus), Melanie Lynskey (Yellowjackets) en Nick Offerman (Fargo), Gabriel Luna (Agents of S.H.I.E.L.D., True Detective) en Storm Reid (Euphoria, A Wrinkle In Time), Anna Torv (Fringe, Mindhunter), en Graham Greene (The Green Mile, Wind River). Merle Dandridge (The Flight Attendant) en Jeffrey Pierce (Castle Rock) reprise die rolle wat hulle in die video game franchise vertolk het van onderskeidelik Marlene en Tommy, terwyl Ashley Johnson en Troy Baker – wat Ellie en Joel in die game was, ook deel uitmaak van die guest actors.
Die eerste season cover die eerste game in die reeks. Met ‘n rating van 9.4 is dit iets waarna ek fokken erg uitsien, al ken ek glad nie die games nie.
Rating: 9.4
Vanuit die peanut gallery:
“I was pleasantly surprised and PLEASED at how well this was made and how it stayed close to the source material. And I liked how some of the iconic scenes from the game’s intro were in the first episode; they were almost a shot-for-shot refilming of the game’s action sequences. The casting is on point as well. THIS is how you cater to fans of your source material, and still produce quality content.”
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click hier vir nog voorstelle!
This England This England vertel oor Boris Johnson se ontstuimige bewind as Britse premier soos hy worstel met die Covid-19-pandemie en die implikasies van Brexit. Dit neem ook sy omstrede persoonlike lewe en politieke skuiwe onder die loep. Die sesdelige dramareeks se regisseur is die BAFTA-wenner Michael Winterbottom, bekend vir sy werk op Welcome to Sarajevo. Lees verder |
||
Evita in Excelsior In Evita in Excelsior is Tannie Evita is nou al 87 jaar oud – haar stories en herinneringe is volop. Daarom hark sy haar ou staatmaker en persoonlike assistent, Bokkie Bam, nader om aan haar outobiografie te help skryf. Dit lei natuurlik tot ’n paar reise down memory lane… én die uitlap van ’n hele paar geheime. Intussen woon Tannie Evita se drie kleinkinders, Winnie-Jeanne (19), Nelson-Ignatius (16) en LaToya-Ossewania (13) by haar in Excelsior – ’n ou herehuis in Johannesburg wat sy namens die ANC bestuur. Tussendeur herinneringe opdiep, moet sy dus ook met die tieners se probleme en moderne opinies byhou. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Flatbush Misdemeanors S1-2 Die reeks, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes. Vulture het die reeks ook by sy lys van die beste TV-programme van 2022 ingesluit. Soos hulle dan ook sê: “Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en aangename vertolkings… Die hart van die reeks is egter oor die moeite wat nodig is vir die instandhouding van die verhoudings wat die meeste vir ons beteken, maar wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.” Lees verder |
|
|
Three Pines S1 Die eerste reeks bestaan uit vier afsonderlike moordraaisels wat opgelos moet word met elkeen van die raaisels wat oor twee episodes strek. Anders as in die boeke, is daar egter ook ’n goue draad – of raaisel – wat regdeur die hele reeks strek met Gamache wat ook die verdwyning van ’n jong vrou probeer ontsyfer. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
Billions S1-6 Billions se sesde seisoen begin met ’n nuwe baas op die plaas. Mike Prince (die briljante Corey Stoll) het immers die Axe Capital-troon van Bobby “Axe” Axelrod (Damian Lewis) oorgeneem. Dit beteken egter geensins dat almal nou vredeliewend hul swaarde neerlê nie. Inteendeel. Chuck Rhoades (Paul Giamatti) is vas oortuig dat niemand soveel rykdom – of mag – moet hê nie en maak werk daarvan om die nuwe “prins” se planne om te dolwe. Dít midde nuwe alliansies wat onder Prins en sy regterhand, Scooter Dunbar (Daniel Breaker) se bewind gevorm word. Lees verder |
||
Magda Louw S1 Magda Louw vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,789 post views in totaal sedert 1 November, 2019.