Raak Tom Cruise befok die naweek met Top Gun Maverick en ‘n klomp ander movies
Tom Cruise word hierdie jaar in Julie 61 jaar oud en hy lyk beter as meeste mans in hulle 40s en selfs 30s. Dis nie die enigste rede om hom te haat nie. Hy is een van Hollywood se mees suksesvolste akteurs met ‘n telling van 76 flieks onder die belt as akteur. Hy het $100m as betaling ontvang vir Top Gun: Maverick verlede jaar en die akteur wat die naaste aan hom kon kom, was Will Smith vir $35 wat hy gekry het vir Emancipation, ten spyte van die televised pielewapper wat hy Chris Rock toegedien het.
En dis ook nie asof Cruise regtig in super kak movies ge-act het nie. Losin’ It (4.9) wat in 1982 uitgekom het, is by verre die kakste, maar die bra was toe nog ‘n kind. Verder was Cocktail en The Mummy nie great nie, maar dit was ook darem nou nie hondkak nie. Hier is vir jou 9 Tom Cruise movies om die naweek te geniet, gelys van die kakste na die beste rating. Geniet dit. Dis nou as jy verby sy lidmaadskap aan faktap Scientology kan kyk…
Jack Reacher: Never Go Back
Jack Reacher moet die waarheid agter ‘n groot regeringsameswering ontbloot en sodoende sy naam skoon kry terwyl hy as ‘n fugitive is. Die witwarm Cobie Smulders (Delivery Man) speel teenoor Cruise en het haar eie stunts gedoen. Sy het ook vir 8 weke lank in verskeie disiplines van martial arts ge-train vir haar rol. Sy sal jou kont dik skop.
Rating: 6.1
Vanuit die peanut gallery:
“I can never get tired of watching the Mission Impossible/Jack Reacher/Knight and Day- action character Tom Cruise does so well of playing. Keep them coming!”
Top Gun
Die bekwame, maar roekelose, selfsugtige en rebelse vlieënier Maverick en sy gabba, Goose word Top Gun toe gepos – ‘n militêre skool vir uitnemende vlieëniers.Hy knoop ‘n verhouding aan met die flioght instructor Charlie en maak kak met rivals, Ice Man en Slider. Maar wanneer Goose in ‘n ongeluk sterf, besluit Maverick om te fokof. Sal sy vriende hom toelaat om te quit? Tydens die 1986 shoot van die fliek, is een van die stunt pilots op slag dood toe sy vliegtuig begin spin het in die die Atlantiese Oseaan ge-crash het. Sy laaste woorde ooit was: “I have a problem – I have a real problem.”
Rating: 6.9
Vanuit die peanut gallery:
“I never understood why older people always talked about how iconic this film was until I watched it. It’s so iconic because not only does it have a cool story and visuals, it’s literally catches everything about the 80’s in 2 hours. The amount of references people have used from this movie are unreal!”
Oblivion
’n Veteraan wat aangewys wod om die Aarde se oorblywende hulpbronne te ontgin, begin bevraagteken wat hy van sy missie en homself weet. Tom Cruise se vyftigste verjaardag het tydens verfilming plaasgevind. Om die mylpaal te vier, het regisseur Joseph Kosinski een van die futuristic uit die movie vir hom gegee.
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
“Everytime I watch this movie it feels even better then before. This is such an underrated movie, also by myself. Slowly it gets to me that this movie is just perfect in all its ways”
Jack Reacher
Wanneer 5 oënskynlik random mense deur ‘n sniper uitgehaal word, lei ‘n ondersoek die polisie na ‘n voormalige army sniper wat ‘n geskiedenis het van mense in die strate skiet. Wanneer hy sy prokureur, Alex Rodin, ontmoet, is al wat hy vir haar sê om Jack Reacher te vind. Sy vind uit dat Reacher ‘n voormalige weermag kriminele ondersoeker is. Reacher daag op, maar wil hom nie help nie aangesien hy die een was wat die skietvoorvalle ondersoek het destyds. Kêk spêts.
Rating: 7.0
Vanuit die peanut gallery:
“Hard boiled, hard hitting, dark, and brutal detective story with thriller thrown in. Loved every minute”
American Made
Barry Seal was ‘n doodgewone pilot wat vir TWA gewerk het voordat hy in 1978 deur die CIA gewerf is. Sy werk in Suid-Amerika het uiteindelik die aandag van die Medellín-kartel getrek. Pablo se brasse en Escobar het ‘n man gekort met Barrey se vaardighedet. Barry word binnekort ‘n dwelmsmokkelaar, wapensmokkelaar en geldwasser en verwerf die titel, ‘The gringo that always deliver’.
Rating: 7.1
Vanuit die peanut gallery:
“As much as I enjoy Cruise in action films, it’s great to see him doing films like these.”
Interview With The Vampire
Ek neem aan die gooste sal hierdie verslind. Kyk ook gerus uit vir Brad Pitt, Antonio Banderas en Christian Slater. Lekker ou 1994 toe almal nog hot was. Kirsten Dunst was 12-jaar oud gewees toe sy die rol van Claudia vertolk het.
Die storie? In 1791 het die plantasie-eienaar Louis buite New Orleans sy wil verloor om te lewe. Hy word deur die vampire, Lestat, gebyt en word self in een verander. Hy haat dit om ‘n vampire te wees en weier om mense dood te maak. Louis en Lestat verander ‘n dogtertjie, Claudia, in ‘n vampire, en saam leef hulle deur die eeue. Christian Slater het die rol van Malloy vertolk wat aanvaklik na River Phoenix sou gaan wat in daardie tyd oorlede is. Slater het sy hele salaris van $250k aan twee van Phoenix se charities geskenk.
Rating: 7.5
Vanuit die peanut gallery:
“Tom Cruise and Brad Pitt were very good in this but little Kristen Dunst killed it,she was fantastic!”
Mission: Impossible – Fallout
Ek weet die theme tune jol nou in jou kop. Mens kan dit nie fokken help nie. Twee jaar nadat Ethan Hunt Solomon Lane suksesvol gevang het, het die oorblyfsels van die Syndicate hervorm tot ‘n ander organisasie genaamd die Apostels. Onder die leiding van ‘n geheimsinnige fundamentalis net bekend as John Lark, beplan die organisasie om drie plutonium cores te zoi. Ethan en sy span word na Berlyn gestuur om hulle te onderskep, maar die mission misluk wanneer Ethan Luther red en die Apostels ontsnap met die plutonium. Met die CIA-agent August Walker wat by die span aansluit, moet Ethan en sy tjomme die plutonium cores vind voordat die kak besgin hare groei.
Rating: 7.7
Vanuit die peanut gallery:
“Whoever merged the MI theme song and Friction together deserves a massive raise!”
The Last Samurai
Hierdie movie speel af in Japan gedurende die 1870’s en vertel die verhaal van kaptein Nathan Algren (Tom Cruise), ‘n gerespekteerde Amerikaanse militêre offisier wat deur die keiser van Japan gehuur is om die land se eerste army in die kuns van modern warfare op te lei. Soso in glad nie Call Of Duty vibes nie. Die Imperial Omura kabinet poog om die antieke Imperial Samurai-krygers uit te roei ter voorbereiding van meer verwestersde en handelsvriendelike regeringsbeleide. Algren vind homself onverwags beïndruk en beïnvloed deur sy wedervaringe met die Samurai.
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“This is one of the most underrated movies in Hollywood history. A lot of scenes in this film are unique and can’t be find in any other film. Hollywood and the Oscar academy tried to ignore this film because of Tom Cruise. They didn’t want to show him as a top actor. If Daniel Day-Lewis was acting in this film, the movie have been awarded eight Oscars. But they just humiliated themselves. After many years the film is showing even more how powerful it is made.”
Top Gun Maverick
Ek het 100% die wit kak uit hierdie movie uit geniet verlede Sondag toe dit op M-Net uitgesaai was. Die beste aksie die hele tyd en ‘n moerse fokken lekker tribute tot die original movie. Sure, jou hol gaan deur jou eye sockets bars op Mach 10, maar onthou – dis net ‘n fokken movie, hoor! Dit is 30 jaar na die eerste movie se storie en volg Maverick se terugkeer na die US Navy Strike Fighter Tactics Instructor-program by die Topgun skool waar hy sy verlede moet konfronteer terwyl hy ‘n groep windgat laities moet oplei as vlieëniers. Een van die laities is die seun van Maverick se oorlede beste tjommie – Nick “Goose” Bradshaw.
Rating: 8.3
Vanuit die peanut gallery:
“You know a movie is awesome, when you come back to the trailer after watching it!”
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click hier vir nog voorstelle!
This England This England vertel oor Boris Johnson se ontstuimige bewind as Britse premier soos hy worstel met die Covid-19-pandemie en die implikasies van Brexit. Dit neem ook sy omstrede persoonlike lewe en politieke skuiwe onder die loep. Die sesdelige dramareeks se regisseur is die BAFTA-wenner Michael Winterbottom, bekend vir sy werk op Welcome to Sarajevo. Lees verder |
||
Evita in Excelsior In Evita in Excelsior is Tannie Evita is nou al 87 jaar oud – haar stories en herinneringe is volop. Daarom hark sy haar ou staatmaker en persoonlike assistent, Bokkie Bam, nader om aan haar outobiografie te help skryf. Dit lei natuurlik tot ’n paar reise down memory lane… én die uitlap van ’n hele paar geheime. Intussen woon Tannie Evita se drie kleinkinders, Winnie-Jeanne (19), Nelson-Ignatius (16) en LaToya-Ossewania (13) by haar in Excelsior – ’n ou herehuis in Johannesburg wat sy namens die ANC bestuur. Tussendeur herinneringe opdiep, moet sy dus ook met die tieners se probleme en moderne opinies byhou. Lees verder |
||
Break Point S1 Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word. https://terloops.co.za/break-point-s1/Lees verder |
||
Flatbush Misdemeanors S1-2 Die reeks, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes. Vulture het die reeks ook by sy lys van die beste TV-programme van 2022 ingesluit. Soos hulle dan ook sê: “Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en aangename vertolkings… Die hart van die reeks is egter oor die moeite wat nodig is vir die instandhouding van die verhoudings wat die meeste vir ons beteken, maar wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.” Lees verder |
|
|
Three Pines S1 Die eerste reeks bestaan uit vier afsonderlike moordraaisels wat opgelos moet word met elkeen van die raaisels wat oor twee episodes strek. Anders as in die boeke, is daar egter ook ’n goue draad – of raaisel – wat regdeur die hele reeks strek met Gamache wat ook die verdwyning van ’n jong vrou probeer ontsyfer. Lees verder |
||
Ginny & Georgia S1-2 In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… Lees verder |
||
The Cleaning Lady S1-2 The Cleaning Lady draai om ’n dokter se desperate pogings om haar sieklike seun te red. Só laat Thony De La Rosa (Elodie Yung) en haar seun hul lewe in die Fillipyne agter om na Amerika te verhuis. Thony hoop immers om hier vir hom die mediese behandeling te kry wat sy lewe kan red. Die een probleem ná die ander kom egter oor hul pad en sy begin noodgedwonge as ’n skoonmaker werk. Dís dan ook hoe sy by die gevaarlike wêreld van georganiseerde misdaad betrokke raak. Lees verder |
||
Magda Louw S1 Magda Louw vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Lees verder |
||
Madoff: The Monster of Wall Street MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,837 post views in totaal sedert 1 November, 2019.