Mister Men – Mr Daydream
Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Toe het ons tussen ons ou movies gaan rondkrap en so paar uitgegrawe, en daarna vir so paar weke oorgeslaan na Orkney Snork Nie toe tot ons uitgehardloop het. Hier en daar het ons ‘n movie geklap.
Die tyd het nou aangebreek om terug te gaan en die spinnerakke af te stof van sommige van ons se happy kinderdae en onag aan fokken ver terug na die mid sewentigs toe met die Mr Men reeks! Hierdie TV reeks is tussen 1974 en 1978 uitgesaai en is gebasseer om die reeks boeke deur Roger Hargraves wat hy in 1971 begin skryf het.
Mister Men – Mr Daydream
Hierdie is Jack se storie – ‘n goeie seun wat altyd seblief en dankie sê and altyd al sy kos opvreet en altyd bed toe gegaan het wanneer hy moes. Maar Jack is so bietjie deur die kak. Jack is ‘n dagdromer. By die skool terwylk juffrou aanhou praat oor geskiedenis, kokkenodge hy vir Mr Daydream deur die venster. Hulle klim op die rug van ‘n groot voël en vlieg rond net waar hulle wil. Jirre, dit klink mos nou lekker, of hoe, maats?
Watkykjy staan op 3,074,302 post views in totaal sedert 1 November, 2019.