Mindcars se Origins and the Fall is sulke next nevel befokte local algebra-metal!
So twee weke voor Krismis verlede jaar, het Suid-Afrikaanse guitarist en composer, Doug Jenkinson ‘n monster van ‘n 7-track EP, Origigins and the Fall release onder die artist of band -naam. Mindcars. Kyk, ek wil nou nie op die Pretoria soutie se inverter se batterye pis nie, maar hierdie EP is nie vir ‘n fok ‘n EP nie. It are a full-blown album, boet. ‘n EP word tradisioneel aanvaar as ‘n recorded format wat meer as ‘n single bevat, maar minder as ‘n album – gewoonlik 4 of 5 tracks wat min of meer die helfte van die tyd op ‘n CD sou opneem. Verder word EPs beskou as minder tydrowend en cheaper vir ‘n kunstenaar om te vervaardig as ‘n “vollengte” album. Doug (oftewel Mindcars) se Origins and the Fall is amper ‘n hele fokken uur se luistergenot.
Hier is actually die ideale plek in die artikel om die album te plak sodat jy daarna kan luister terwyl jy verder lees:
Mindcars is Doug se progressive metal side project en explore moerse vibrant en super intense prog metal met ‘n baie kenmerkende metalcore flavor. Dis instrumentaal van aard, so vir dié van julle wat ‘n liefde en waardering vir ‘n wye verskeidenheid van musiek het maar nie noodwendig death metal vocals kan sluk nie, sal hierdie ‘n befokte epxrience wees. Soos goeie ou klassieke musiek wat ge-reinvent is of getimmer is is met tech. Daar is verskeie layer van guitars, synths, ander effects en obviously drums wat ‘n muur van klank om jou gaan vorm en jou sal immerse. Daar is ook duidelike rock influiences van byvoorbeeld Muse te bespeur en selfs ‘n bietjie Death Cab For Cutie wat tussnin ge-sprinkle is. Jy sal ethereal space rock aantref, dalk ‘n traantjie pink wanneer jy romantic metalcore aantrek of jou tande kners op tech death of wanneer die djent jou voor aan die gulp gryp en so bietjie rondruk op hierdie instrumentele rollercoaster. Duidelik het
Doug alles gevat wat hy in sy ander twee metal bands, Raptorbaby en Their Death Becomes Her geleer het, en dit in hierdie album ingeploeg om iets super uniek vir ons voor te sit. Jirre, en het jy moeite ingesit, want die skrywerk van hierdie album het reeds in 2016 begin nadat hulle die Raptorbaby albm se recording cycle voltooi het. Dit was dus ‘n work in progress vir meer as 6 jaar lank, so tussendeur die normale day job! Oor die Mindcars album se recording proses tune Doug:
The writing for this album started at the end of Raptorbaby’s 2016 album recording cycle. I was really burnt out after the recording of that album, and wanted to experiment a bit more with technicality and textures without worrying about how to perform it live with a band. I ended up using a lot of layered guitars and effects. Each song was written as one complete unit over a 6 to 10 hour session, allowing each song to go as long as I felt it needed to. The result was something that got me progressively more excited as every song took shape, since I was always a sucker for experimental and trippy prog mixed with intense riffs, the kind of metal you could enjoy on the couch with your headphones on and your favourite psychedelic.
Doug het die hele album self geskryf en produce, met ander woorde het het al die guitar en bass-werk gedoen en self die drums en synths ge-program en die album gemix by sy home studio in Pretoria. Vir dié van julle wat so bietjie rondfok met musiek op die computer by die huis en so bietjie tech tips soek: die drumming is ge-program met GetGood Drums en die digital amp models is deir Neural DSP ge-run. Vir die extra details het hy open source synths gebruik en die standaard effects wat saam met Reaper kom.
Steeds by die tech-kant van music production, was mixing die grootste uitdaging vir hom gewees en hy het ‘n kakhuis vol YouTube videos gekyk om homself touwys te maak. Adam Getgood, Jens Bogren en Jamie King se videos was veral behulpsaam gewees. Vir mastering het Doug die AI-roete gegaan omdat hy so kakbaie tyd aan mixing spandeer het en nie van scratch af wou leer hoe om te master nie. Hy het gebruik gemaak van LANDR wat op die einde heelwat beskostigbaar was. Die resultate is vanselfsprekend. Luister dit gerus met proper headphones of op groot stereo speakers. Dis ‘n aangename sonic head fuck! Soos ek vir Doug teen die einde van verlede jaar getune het: “Sulke fokken heavy algebra-metal. Well done, this is a very moeilike mariekvraestel!”
In die toekoms sal Jenkinson graag meer albums onder die Mindcars-naam wil produce en hy dink daaraan om bietjie vocals te add om ander stories te vertel:
I think if this music is well received, I’d like to invite vocalists to feature on new music, and build out a conceptual series of albums, with this one acting as the intro. The idea is to get one or two vocalists to handle an entire album together. It would be great to have that juxtaposition of style between two polar but complementary vocalists.
Volg Mindcars op social media
Facebook
Twitter
Instagram
Youtube
Quintus Van Der Walt is die bra wat die album se artwork gedoen het:
Watkykjy staan op 3,056,546 post views in totaal sedert 1 November, 2019.