Frans Karoo is terug met sy nuuste snit, Towerkop
Frans Karoo onthul sy derde Afrikaanse vrystelling met sy volgende enkelsnit Towerkop wat verder opbou tot die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album later hierdie maand. Frans, wat naam gemaak het as die frontman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, het sy solo- Afrikaanse musiekloopbaan met die vrystelling van sy debuut-enkelsnit, O God in Junie verlede jaar bekendgestel. Hy het dit opgevolg met die tweede enkelsnit, Nou is dit Towerkop se beurt.
Wat kan luisteraars verwag van Frans se debuut album af in Januarie? Frans, in sy eie unieke manier reken:
“Liefde in die wingerd. Bloed, sweet en trane. Ontdekkingsreise. Druiwe pars. Dans op ‘n Saterdagaand. Rituele, Stofpaaie. Skemer. Tuiskoms. Kampvuur. Druiweoes. Dronk op Groot Marico. Maanlig. Deeg kniel. Boekevat. Kerse. Fakkellig. Verskroeide aarde. Hartseer. Voorouers. Rou. Totsiens sê. Berge. Dorings. Riviere. Swem. Perde. Krale. Natuur. Wen. Donker. Dominee. Kerk. Verloor. Romanties. Hofmaak. Verlief. Bekoor. Seëninge. Senings. Magiese oomblikke. Die onsigbare. Spoke. Strate van die nag. Mynwerkers. God. Ontvlugting. Bot.”
Hunter Kennedy is genader oor Frans se musiek en het die volgende getune:
“Frans is ‘n Boere Shaman. Hy maai gedagtes uit ‘n alternatiewe geskiedenis. Hy verdraai die Karoo horison tot ‘n sinister magiese landskap. Towerkop is ‘n spaghetti western verhaal van ‘n man wat sy einde vind in die arms van ‘n dame van die nag.”
Volg Frans Karoo op Sosiale Media:
YouTube
Instagram
Facebook
Watkykjy staan op 3,073,821 post views in totaal sedert 1 November, 2019.