Elephant Food is For The Strongest Teeth – kragtige kortes
In Kano City, Noord-Nigerië, kom crowds bymekaar om te kyk hoe local heroes mekaar in die antieke Hausa-vegkuns van Dambe aandurf. Deels stryd, deels dans, deels lewendige mitologie, is dit ‘n kulturele tradisie wat in hierdie streek oorleef en ge-thrive het. Kano is ‘n fokken rowwe streek en ek was al daar deur. Die noorde van Nigerië is ongenaakbaar. Dis waar Boko Haram die meeste kak aanjaag. Hierdie doccie is moerse fascinating en laat my op ‘n moerse weird manier effens verlang na die 4 jaar wat ek in daardie land spandeer het. Hulle het loadshedding cool gemaak voor dit nog ‘n gedagte hier was.
Hierdie post is 102 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,065,760 post views in totaal sedert 1 November, 2019.