9 Afrikaanse true crime reekse wat jy dalk misgeloop het in 2022

Vandag se lysie van voorstelle is uitsluitlik vir dié van julle wat (soos ekself) ‘n morbid fascination het met true crime. Jou belangstelling daarin moet egter nie so fokken hectic van aard wees dat dit die enigste ding is wat jy kyk nie, want dan makeer jy serious professionele hulp. Dis vir daai inbetween streaming wanneer jy begin gatvol raak vir jou gunsteling reeks. Ek is byvoorbeeld nou by episode 4 van season 9 van The Walking Dead en ek fokken kan net nie meer nie. Ek is verbaas dat ek so lank uitgehou het en ek skiem nie ek sal dit klaarmaak nie. So nou val ek eerder terug op so bietjie true crime tussenin die ander reekse en movies vir so bietjie variety vir 2023. Seriously, hierdie 9 lcoal reekse kan jou probably vir die hele 2023 besig hou so tussendeur jou usual guilty pleassures. If not, moenie worey nie. Daar is kakbaie entertainment op pad in 2023…
Agter Tralies
Oortreders vertel ons van die misdade wat hulle in die tjoekie laat beland het, die harde tyd wat hulle agter tralies deurgebring het en hoe hulle hul lewens na hul vrylating aan die buitekant herbou het of probeer herbou het. Ek wonder nou by myself hoeveel van julle familie of vriende het wat in die tronk sit. Almal ken mos altyd iemand…
Daar wag altesaam 28 epsiodes van so net oor die twintig minute elk vir jou.
Devilsdorp
Goeie ou Devilsdorp. Ek wag nog steeds dat die owerhede Krugersdorp se naam officially na Devilsdorp toe verander. Of at least ‘n naambord of twee op die buitewyke van die town aanbring. Met sulke lekker rooi horings en ‘n driehoekstert. Dis wat almal dit in elk geval noem. Die reeks dateer wel uit 2021 uit, maar dis een van my gunsteling local dokkiereekse ooit. Dis soos Carte Blanche op Mandrax en uncover ontstellende nuwe feite rondom die wrede sogenaamde “Afspraakmoorde” wat in Krugersdorp gepleeg is en sorg vir 4 ure se aangrypende vermaak.
Die Staat Teen
Wat ek like van hierdie tipe reekse is, is dat dit soos Huisgenootstories aanmekaargesit is, met die gerieflike voordeel dat luigatte wat gatties raak vir lees, dit sommer ook net kan luister soos ‘n podcast en nou en dan na die visuals glance. In hierdie misdaadreeks maak staatsaanklaers uiteindelik hul vertroulike lêers oop om ons te vertel van die mees uitdagende of onvergeetlike hofsake van hul regsloopbaan.
Huisgenoot: Ware Lewensdramas
So gepraat van die Huisgenoot – hier is sommer twee reekss straight uit die tydskrif uit: Die oorpsronklike Huisgenoot: Ware Lewensdramas en die spin-off, Huisgenoot Ware Lewensdramas – Vlees en Bloed. Aan die meer grusame kant van die spektrum, sal jy vir seker die moordsake rondom byvoorbeeld Inge Lotz, Leigh Mathews, en Reeva Steenkamp onthou. En ongelukkig is daar elke dekade een of ander bose inkarnasie van ’n Gert Van Rooyen en Joey Haarhoff of ‘n Advokaat Barbie wat die nuus haal en ons aan ons siele ruk. Mense is ook geneig om te onthou waar hulle was of wat hulle gedoen het tydens groot gebeurtenisse soos die Oceanos-ramp, die Westdene-busramp, die Helderberg-vlugramp of die meer onlangse Knysna-brande. Dit was net ’n kwessie van tyd voordat hulle hul wenresep sou gebruik om ’n ewe gewilde TV-reeks te vervaardig. Nou is daar reeds meer as 80 aangrypende ware lewensdramas wat vir die kassie verwerk is. Daar is in totaal 8 seasons, elk met 13 episodes van 45 minute lank elk.
Die Vlees en Bloed spin-off Nuwe is ‘n ware-misdaad-reeks wat fokus op die mees opsraakwekkende sake van gesinsmoord in Suid-Afrika. ‘n Kykie na donker gesinsgeheime en traumatiese kinderjare wat gelei het tot tragedies wat die land en die wêreld geskok het. Hierdie enetjie is bietjie rof, maar as dit jou thing is, is daar 11 episodes van 45 minute elk van hierdie reeks wat vir jou wag.
Outopsie
OK, hierdie is bietjie fokken grimm. Senior forensiese patoloog, dr Hestelle van Staden onthul wat werklik agter die teaterdeur gebeur tydens outopsies – van skietwonde tot steekwonde en verwurgings. Sy bespreek boeiende gevalle waarin forensiese patologie sentraal tot sake gestaan het. Ek sal maar die eerste epsiode nodge om te kyk of dit vatplek kry aan my, maar ek gaan dit beslis nie doen terwyl ek ‘n broodjie tand nie. Daar is 13 episodes elk van net oor die 20 minute.
Privaatspeurders
Ben Booysen van Devilsdorp-faam en drie ander private speurders deel die boeiendste en opspraakwekkendste stories van hul loopbane. Daar sal natuurlik ook dan ‘n episode gewy word aan die Krugersdorpmoorde. Daar wag 13 episodes van 23 minute elk vir jou.
Steinheist
Ons het julle verlede jaar reeds getune oor Steinheist, so as jy dit nog nie gekyk het nie, moet jy gerus so 3 ure opsy sit daarvoor. Die skielike bedanking van CEO Markus Jooste en die rampspoedige ineenstorting van Steinhoff laat baie regoor Suid-Afrika en die wêreld vir Jooste se bloed soek. Wat ‘n opperkont…
Vermis
Kan jy M-Net open Time onthou in die 90s toe daar nog presenters op TV was? Doreen Morris was een van hulle en ek het altyd gewonder wat van haar geword het tot ek op Vermis afgekom het – ‘n reeks waarin sy onopgeloste kriminele sake van Suid-Afrika se vermiste persone ondersoek. Sy besoek oorlewende gesinslede en familie en probeer uitfigure wat in die laaste ooblike gebeur het voor geliefdes verdwyn het. Maak gereed vir 26 epsiodes van 23 minute elk oor twee seisoene.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,221,783 post views in totaal sedert 1 November, 2019.








